|
Oorhandiging van ID-knapkaart
Op 24 Julie 2013 het die Minister van Binnelandse Sake, Naledi Pandor, voormalige President FW de Klerk besoek om sy nuwe ID-knapkaart aan hom te oorhandig. Dít volg na die amptelike bekendstelling, wat op 18 Julie plaasgevind het.
Kliek hier vir foto’s
|
|
Mandeladag 2013
In ooreenstemming met hierdie jaar se tema, “Doen stappe, inspireer verandering, maak elke dag ’n Mandeladag”, het personeel van die FW de Klerk Stigting hul 67 minute geskenk aan ATKV AbbAsorg, ’n gemeenskapsprojek in Cloetesville, Stellenbosch.
Kliek hier vir foto’s
|
|
Lesing aan die Singapoer-bestuursuniversiteit (SMU)
Op 25 Maart 2013 is voormalige president FW de Klerk genooi om te praat by die SMU as deel van die openbare lesingsreeks, Ho Rih Hwa Leadership in Asia.
Kliek hier vir foto’s
|
|
FW de Klerk Stigting se Jaarlikse Galadinee 2013
Op Saterdag, 2 Februarie 2013, het die FW de Klerk Stigting sy jaarlikse galadinee aangebied, ter viering van die 23ste herdenking van FW de Klerk se historiese toespraak waarmee hy die weg gebaan het na Suid-Afrika se grondwetlike transformasie.
Kliek hier vir foto’s
|
|
Verenig agter die Grondwet-konferensie
Op Saterdag, 2 Februarie 2012, het die FW de Klerk Stigting sy jaarlikse konferensie aangebied in samewerking met die Konrad Adenauer-stigting. Daar was verskeie prominente sprekers by die daglange konferensie, met inbegrip van mnr Sipho Pityana, chairman of CASAC, and advocate Jeremy Gauntlett.
Kliek hier vir foto’s
|
|
FW de Klerk ontvang Oxford Afrikaanse Skoolwoordeboek
Op Maandag, 17 September 2012 het voormalige President FW de Klerk ’n spesiale uitgawe van die Oxford University Press se nuwe Afrikaanse Skoolwoordeboek ontvang.
Kliek hier vir foto’s
|
|
FW de Klerk praat by MEDEF
Op 30 Augustus 2012 het voormalige president FW de Klerk die MEDEF Summer University in Parys toegespreek.
Kliek hier vir foto’s
|
|
FW de Klerk besoek Accra, Ghana
Op 27 Augustus 2012 het FW de Klerk ’n toespraak gelewer aan die Instituut van Ekonomiese Aangeleenthede in Accra, Ghana.
Kliek hier vir foto’s
|
|
Konferensie: Nasionale beleid by die kruispad
Op Woensdag, 25 Julie 2012 het die FW de Klerk Stigtig ’n daglange konferensie aangebied ten einde spesifieke beleidsaanbevelings te oorweeg wat na vore gekom het by die onlangse beleidskonferensie van die ANC.
Kliek hier vir foto’s
|