
Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting
Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.
DIE STIGTING NEEM KENNIS VAN DIE DEPARTEMENT VAN JUSTISIE SE VERBINTENIS OM HOWE SE VEILIGHEID TE VERSKERP
Uitgereik deur Christo van der Rheede namens die FW de Klerk Stigting op 25/10/2024
Die FW de Klerk Stigting neem kennis van Thembisile Simelane, minister van justisie, se reaksie op ‘n onlangse vraag deur ANC LP, agbare Xego, dat haar departement daartoe verbind is om voortdurend die sekuriteit in howe regoor die land te verskerp om te verseker dat regspleging sonder vrees, begunstiging óf vooroordeel kan geskied.
“Suid-Afrika moet verseker dat regsbeamptes hul pligte kan uitvoer sonder om vir hul veiligheid te vrees. Ons is afhanklik van die howe om ons basiese grondwetlike regte te beskerm. Sonder ‘n regbank val dinge uitmekaar, dit is hoekom dit van kritieke belang is om te verseker dat regsbeamptes veilig gehou word,” sê Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van die FW de Klerk Stigting.
Die FW de Klerk Stigting het in Januarie en Julie vanjaar ‘n beroep op die regering gedoen om die veiligheid van die regbank te verseker soos vereis deur artikel 165(4) van die Grondwet, om regters “in gevaar” te identifiseer en beskermingsmaatreëls in te stel om hulle veiligheid te verseker en om oortreders effektief te vervolg. Dit was nadat dit aan die lig gekom het dat ‘n derde van landdroste in 2021/2022 gedreig óf beseer is en die sluipmoordpoging op adv. Naudé.