191029Group

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Konrad Adenauer-stigting (KAS) het op Dinsdag 29 Oktober die derde in ‘n reeks ontbytgesprekke vir 2019 aangebied. Die onderwerp was: “Die Verslag van die Presidensiële Adviespaneel oor Grondhervorming en Landbou: Die Voor- en nadele”.

Die SGR het kundiges genooi om die aanbevelings van die Presidensiële Adviespaneel oor Grondhervorming en Landbou se verslag te ondersoek. Die Paneel het die mandaat gehad om beleidsperspektief te gee oor grondhervorming rakende restitusie, herverdeling en verblyfreghervorming en om onder andere die omstandighede waaronder onteiening sonder vergoeding toegepas sal word, te oorweeg.

Sprekers was onder andere: dr Rosalie Kingwill, Navorsingsgenoot, PLAAS (die Instituut vir Armoede, Land- en Landbouwetenskappe), Universiteit van Wes-Kaap; me Annelize Crosby, Beleidshoof, Grondsake, Agri SA; en mnr Chris Hattingh, projekbestuurder, Free Market Foundation. Die geleentheid is goed bygewoon deur onder andere lede van die burgerlike samelewing, die akademie, die regering en die diplomatieke gemeenskap.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published.