Op Donderdag, 28 November 2019, het die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Konrad Adenauer Stigting (KAS) die vierde in ‘n reeks besprekings vir 2019 aangebied.

Die onderwerp was “ “Wat beteken die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering vir ons?”, en die SGR het kundiges genooi om die implikasies van die Wetsontwerp op die Nasionale Gesondheidsversekering (NHI-wetsontwerp) te ontleed, asook die uitvoerbaarheid van die bepalings.

Die sprekers was mnr Michael Settas, lid van die eenheid vir gesondheidsbeleid, Vryemarkstigting, en mnr Russell Rensburg, Direkteur van die Rural Health Advocacy Project.

Daar was ‘n lewendige, interaktiewe V&A na die sprekers se voorleggings, waar die gehoor die geleentheid gekry het om vrae te stel. Die geleentheid is bygewoon deur lede van die publiek, die burgerlike samelewing, die akademie en meer.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published.