
Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting
Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.
DIE FW DE KLERK STIGTING VERWELKOM DIE NUWE KABINET-AANKONDIGING DEUR PRESIDENT RAMAPHOSA
Uitgereik deur Christo van der Rheede namens die FW de Klerk Stigting op 1/07/2024
Die FW de Klerk Stigting verwelkom president Cyril Ramaphosa se aankondiging van die nuwe kabinet. Dit is ‘n belangrike stap vorentoe vir Suid-Afrika se Regering van Nasionale Eenheid (“RNE”).
“Die samestelling van die nuwe kabinet, onder president Ramaphosa se leierskap, weerspieël ‘n verbintenis tot politiese samewerking en die Grondwet se beginsels. Die rol van die kabinet is om saam te werk aan die goedkeuring van regeringsbeleide, om te verseker dat dit ooreenstem met nasionale prioriteite en wette en die implementering daarvan oor die verskillende ministeries te monitor. Hierdie kabinet is ‘n deurslaggewende stap om te verseker dat die regering die behoeftes van alle Suid-Afrikaners aanspreek,” meen Christo van der Rheede, Uitvoerende Direkteur van die Stigting.
Die Stigting is optimisties dat die kabinet wat uit verskeie politieke partye in die RNE bestaan, soos die ANC, DA, IVP en ander minderheidspartye. “Die uiteenlopende verteenwoordiging in die kabinet is ‘n bewys van die bereidwilligheid van hierdie partye om verskille opsy te sit vir die nasie se gemeenskaplike belang. Die deel van sleutel ministeries soos Landbou, Basiese Onderwys, Binnelandse Sake, Sport, Kuns en Kultuur en Openbare Werke en Infrastruktuur tussen verskillende partye is ‘n belowende stap in die rigting van die bevordering van eenheid en die versekering van verantwoordbare, inklusiewe bestuur. Dit is ‘n positiewe stap na ‘n verenigde en welvarende Suid-Afrika,” sê Ismail Joosub, Regsbeampte by die Stigting.
Die FW de Klerk Stigting staan gereed om die RNE se vordering te ondersteun en te monitor en beleide wat grondwetlike waardes handhaaf en nasionale eenheid bevorder te bepleit. Die Stigting glo dat die nuwe kabinet deursigtige bestuur en aanspreeklikheid teenoor die mense van Suid-Afrika sal verhoog. Dit is noodsaaklik om korrupsie te voorkom en vertroue in die regering te bevorder.