Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.

DIE FW DE KLERK STIGTING VERWELKOM DIE RNE EN VERKIESING VAN PRESIDENT RAMAPHOSA

Uitgereik deur Ismail Joosub namens die FW de Klerk Stigting op 14/06/2024

 

Die FW de Klerk Stigting verwelkom die parlementêre verkiesing van Cyril Ramaphosa as die President van Suid-Afrika.

Die Parlement se verkiesing van die President, bevestig dat dit nié sal toelaat dat Suid-Afrika óf sy mense gyselaar gehou sal word deur enige politieke magsvertoon nié,” sê Christo van der Rheede, Uitvoerende Direkteur van die Stigting.

Die Stigting verwelkom ook die vorming van ‘n Regering van Nasionale Eenheid tussen die ANC, DA en IFP. “Dit is baie bemoedigend dat die partye in die RNE die Grondwet en die grondliggende waardes daarin vervat, respekteer. Die Stigting het deurlopend gevra dat die nuwe regering uit politieke partye wat lojaal is aan die Grondwet moet bestaan, want die Grondwet stel politieke partye in staat om ‘n gedeelde visie na te streef in belang van ‘n aktiewe, voorspoedige en verenigde Suid-Afrika,” sê van der Rheede. 

Die Stigting is positief oor die geformaliseerde RNE-ooreenkoms wat beleidsstandpunte en magsdelingsdinamika uiteensit. Sonder dit bly die risiko van bestuur verlam deur konflik en korrupsie, hoog. Dit is dus bemoedigend dat ‘n ooreenkoms skriftelik bekendgemaak is, wat maatreëls insluit om alle deelnemers aanspreeklik te hou en dat dit in die openbare domein is,” sê Ismail Joosub, Regsbeampte van Grondwetlike Programme by die Stigting.