Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting
Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.
DIE FW DE KLERK STIGTING SE “SUID-AFRIKA EERSTE!” PETISIE VRA VIR ‘N REGERING LOJAAL AAN DIE GRONDWET EN IDENTIFISEER SLEUTELPRIORITEITE
Uitgereik deur Christo van der Rheede namens die FW de Klerk Stigting op 11/06/2024
Die FW de Klerk Stigting se “Suid-Afrika Eerste!” petisie doen ‘n beroep op die nuwe regering (wat nog saamgestel moet word) om uit politieke partye saamgestel te word wat lojaal is aan die Grondwet. Die petisie kom in die lig van voortgesette koalisiegesprekke tussen politieke partye, terwyl Suid-Afrika se volgende president hierdie Vrydag, 14 Junie 2024 verkies moet word.
“Die petisie sit ook uiteen wat die Stigting sien as die sleutelprioriteite vir so ‘n koalisieregering – wat vir alle politieke partye van gemeenskaplike belang is wat verbind is tot blywende vryheid, vrede, vooruitgang en voorspoed vir alle Suid-Afrikaners,” sê Christo van der Rheede, Uitvoerende Direkteur van die FW de Klerk Stigting.
Hierdie sleutelprioriteite sluit in ekonomiese groei, infrastruktuurontwikkeling, werkverskaffing vir die jeug, voedselproduksie, wet en orde, die bou van ‘n professionele, verantwoordbare en responsiewe staatsdiens wat op meriete aangestel is (en nie op rasseklassifikasie of politieke verbintenis nie) en die bevordering van eenheid onder Suid-Afrikaners.
“Eenheid onder Suid-Afrikaners is deurslaggewend vir sosiale kohesie. Die nuwe regering moet voortbou op ons gemeenskaplike nasionale identiteit – gegrond op ons menseregtekultuur van nie-rassigheid, nie-seksisme, menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Dit moet empatie, respek en eerlikheid onder Suid-Afrikaners bevorder in plaas van om verdeeldheid te saai,” brei van der Rheede uit. “Laat ons toe om verenig te wees in ons diversiteit en deel van ‘n nasie waarop ons trots kan wees.“
Gaan na https://www.change.org/p/south-africa-first om die petisie te onderteken.