Daarna bepaal artikel 86(3) dat “’n [v]erkiesing om ʼn vakature in die amp van President te vul, gehou [moet] word op ‘n tyd en datum deur die Hoofregter bepaal, maar nie later nie as 30 dae nadat die vakature ontstaan.

Gevolglik beteken artikels 90 en 86(3) dat ‘n Waarnemende President slegs vir ‘n tydperk van 30 dae in daardie posisie mag bly. Dan word die Nasionale Vergadering verplig om ‘n nuwe President te kies, waarna die titel ‘waarnemende’ wegval en Suid-Afrika weer ‘n ‘permanente’ President het. Die term ‘permanente’ is in ooreenstemming met die grondwetlike grense rakende die President se ampstermyn. Spesifiek bepaal artikel 88(2) dat  “…[n]iemand mag die amp van President vir meer as twee ampstermyne beklee nie, maar wanneer iemand verkies word om ʼn vakature in die amp van President te vul, word die tydperk tussen daardie verkiesing en die volgende verkiesing van ʼn President nie as ʼn ampstermyn beskou nie.” Enige sodanige President is dus vry om weer verkies te word, met die Grondwet wat dit tot twee termyne beperk.

Terwyl die nasie oorweging skenk aan die besprekings wat by Luthuli-huis en Tuynhuys plaasvind, is dit duidelik dat indien President Jacob Zuma bedank, Adjunkpresident Cyril Ramaphosa, nadat hy ‘n ampseed afgelê het, onmiddellik die kantoor van die President beklee. Al is dit in ‘n waarnemende hoedanigheid, totdat die Nasionale Vergadering een van hulle kies om President Jacob Zuma se oorblywende maande in die amp te voltooi. Ten opsigte van wie dit is wat verkies sal word nadat die Waarnemende President se 30 dae aan die stuur van sake verby is, kan miskien ten beste beantwoord word deur politieke analiste wat die gedragspatrone van die beweerde faksies in die meerderheidsparty kan voorspel. In elke geval word die presidensiële verkiesing gewen deur ‘n enkele meerderheidstem. Miskien is dit die gebrek aan sekerheid van die regerende party om 201 stemme vir hul voorkeurkandidaat te wen, gegewe die gerugte oor skeure wat die rondte doen, wat gelei het tot die uitgerekte proses om President Jacob Zuma se herroep.

‘n Mens sou ook kon byvoeg dat indien die mosie van wantroue, wat deur die Ekonomiese Vryheidsvegters ingedien is, op 22 Februarie gedebatteer sou word en dit sou slaag, die President, die Adjunkpresident, alle kabinetsministers, asook adjunkministers hul ampte sou moet verlaat. Dit sou die Speaker van die Nasionale Vergadering in ‘n opsigterposisie aan die stuur van die nasie se hoogste amp laat. Die Speaker beklee hierdie posisie todat die Nasionale Vergadering ‘n nuwe President verkies, binne die 30 dae soos deur die Grondwet bepaal word. Dieselfde onsekerheid in die regerende party betreffende die nodige 201 stemme sal van toepassing wees.

Dus, indien President Zuma uit sy amp sou bedank, sal die Adjunkpresident vir hoogtens 30 dae Gerald Ford se prestasie as ‘n onverkose President deel. Dit is belangrik om daarop te let dat sodanige Waarnemende President die magte, funksies en verantwoordelikhede van die President aanneem, met inbegrip van kabinetsaanstellings en kwytskeldings aan oortreders. Gerald Ford het presidensiële kwytskelding verleen aan Richard Nixon, vir enige misdade wat moontlik teen die Verenidge Nasies gepleeg is terwyl hy President was. Miskien moet die ooreenkomste liefs eindig voor sodanige stap wat die nuwe Suid-Afrikaanse President betref.

Deur me Phephelaphi Dube: Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte
9 Februarie 2018

Leave a Reply

Your email address will not be published.