In sy voorlegging aan die Portefeuljekomitee oor Kommunikasie vroeër vanjaar, het Kubayi-Ngubane verklaar dat die appèl op grond van ‘n tegniese punt nie sou voortgaan nie. Dit is naamlik dat die omstrede MVI ongeldig was, en nooit by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom geregistreer is soos wat regtens vereis word nie. Die enigste geldige MVI is dus die een wat in 2013 deur Faith Muthambi ingestel en onderteken is, gedurende haar termyn as Minister van Kommunikasie. Mokonyane het sedertdien begin met onderhandelinge met die huidige raadslede van die SAUK, betreffende ‘n hersiene MVI wat die gees van die beslissing in Oktober verskans. Dit is belangrik dat die nuwe MVI, sodra alle partye daaroor saamgestem het, ook die grondwetlike beginsels van verantwoordbaarheid en openheid nakom.
Enige ooreenkoms moet dien in die belange van die SAUK, voor dié van die Departement van Kommunikasie. Soos reeds gesien is, is die inmenging van die uitvoerende gesag by die funksionering van ondernemings in staatsbesit reeds geïdentifiseer as ‘n katalisator tot nadeel daarvan. Waar die uitvoerende gesag te veel inmeng by die daaglikse bestuur van ‘n instelling, sal wanadministrasie heel moontlik volg. Hierdie beperking is van toepassing op die rol van die raad van die SAUK, veral die nie-uitvoerende lede. Die MVI kan nie uitgebreide magte aan die Minister toeken nie, veral nie wat die aanstelling van raadslede betref nie. Alhoewel daar natuurlik ‘n gesonde verhouding tussen die Minister en die openbare uitsaaier moet wees, moet streng onafhanklikheid gehandhaaf word. Politieke inmenging vererger vooroordeel, wat op sy beurt die swak administrasie van SOE’s verbou.
Nog ‘n belangrike punt wat die minister se rol in die aanstelling van raadslede betref, is die uitskakeling van die deel van openbare deelname deur behoorlik verkose verteenwoordigers in die parlement. Daar is gerugte dat die Departement die Parlement genader het betreffende ‘n moontlike wysiging van die Uitsaaiwet, ten einde die raad van die SAUK in wese ‘n arm van die Ministerie van Kommunikasie te maak, wat dus die Parlement se rol in die aanstelling van raadslede sal verwyder. Daar moet op gewys word dat die Uitsaaiwetsontwerp in 2015 deur Faith Muthambi ingestel is. Dat dit nou weer ter sprake is, so gou op die hakke van die beslissing van die Hoë Hof, wys op die Minister se strewe om onnodige magte by die openbare uitsaaier uit te oefen. Dit is ‘n duidelike skending van die beginsels van deursigtigheid, openheid en meer belangrik, dié van openbare deelname aan die besluitneming van die land. Dit is ‘n fundamentele element van die land se demokrasie, en die verwydering daarvan bedreig die grondslag van die Grondwet. Die wigte en teenwigte wat deur die Grondwet daargestel is, moenie mee gepeuter word nie.
Deur me Rebecca Sibanda: Regsbeampte, Sentrum vir Grondwetlike Regte
7 Maart 2018