Nader aan die huis, waar die statistieke oor die welsyn van vroue en meisies dikwels ongelooflik is, blyk dit dat daar ‘n algemene impassiwiteit betreffende die status van vroue in Suid-Afrika is. Volgens die National Shelter Movement of South Africa en die Heinrich Böll-stigting is ongeveer 84 vroue in Februarie 2018 alleen deur ‘n intieme maat vermoor. Statistiek Suid-Afrika se Meningsopname vir Demografie en Gesondheid beweer dat een uit elke vyf Suid-Afrikaanse vroue ouer as 18 fisieke geweld ervaar het. Vroue ontvang steeds minder vergoeding as hul manlike eweknieë in die werkplek en beklee aansienlik minder senior posisies as mans. Dit is duidelik dat spesiale aandag en meer gesamentlike pogings aangewend moet word om vroue se probleme te verlig.
Twee weke gelede, nadat hy ingesweer is, het President Ramaphosa sy kabinet geskommel en ‘n kommerwekkende verandering aan die Departement van Vroue in die Presidensie gemaak. Voormalige Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, is aangestel as die Minister vir Vroue. Dlamini is tans in die middel van ‘n skandaal wat die sosiale sekerheid van miljoene Suid-Afrikaners bedreig, wie se bestaan afhanklik is van die tydige en doeltreffende betaling van maatskaplike toelaes deur die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap (SAAMS). Dit volg op die sluiting van ‘n kontrak met NET1 | Cash Paymaster Services (CPS), wat na bevinding op onbillike wyse wins van SAAMS maak, en lenings aan begunstigdes teen hoë pryse te gee. Die Konstitusionele Hof het vandeesweek die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling (DSD) daarvan beskuldig dat hy die hof afpers om ‘n verdere verlenging van die reeds verlengde CPS-kontrak toe te staan sodat maatskaplike toelaes betaal kan word. Sou die Hof weier, sal die 2.8 miljoen afhanklikes wat hul kontant inbetaal, ‘n diens wat die Suid-Afrikaanse Poskantoor nog nie kan uitvoer nie, hul toelaes nie op 1 April ontvang nie. Hierdie situasie is die direkte gevolg van Dlamini se optrede aan die stuur van die DMD, ‘n verantwoordelikheid wat sy weier om te aanvaar. Haar onverskillige houding ten opsigte van die welstand van die land se kwesbaarstes is betreurenswaardig, en selfs onder die streng oog van die hoogste hof in die land het sy haar pligte nie nagekom nie.
Die President is die politieke hoof van die land, en gevolglik is die verantwoordelikheid om te verseker dat die regte van sy mede-Suid-Afrikaners beskerm word, van kardinale belang. Om Dlamini aan te stel, na die berge bewyse betreffende haar onbekwaamheid op die gebied van die verwesenliking van regte vir die samelewing se mees kwesbaarstes, is ‘n klap in die gesig van die vroue wat deur die Departement vir Vroue beskerm moet word. Haar aanstelling het oënskynlik ten doel om die regerende party se Vroueliga, waarvan Dlamini die President is, gelukkig te hou. In elke geval laat dieselfde Vroueliga veels te wense na wat die bevordering van vroue se belange betref. Dit kan aangevoer word dat die politiek aanstellingskeuses sal beïnvloed, en dit is duidelik dat die party se invloed bygedra het tot Dlamini se herontplooiing. Die Grondwet is die oppergesag van die land en dit moet met elke stap oorweeg word wanneer mandate uitgevoer word. Politieke leiers is die wagte van toegang tot menseregte en waar ‘n mens nie daarin geslaag het om effektief te werk om gelyke genieting van die beskerming van die Handves van Regte te verseker nie, moet dit volg dat daardie individu nie geskik is om ‘n kabinetspos ervaar nie.
Dit is die moeite werd om te noem dat Dlamini se voorganger, Susan Shabangu, ook onindrukwekkend was tydens haar ampstermyn. Die gemiddelde vrou in Suid-Afrika is onbewus van die bestaan van die Departement vir Vroue, en gevolglik ook van die werk wat ten doel het om menseregte aan hulle te verseker. Die doel hiermee is nie om die goeie werk van die Departement wel doen, te verkleineer nie. Dit moet beklemtoon word dat dit onwaarskynlik is, met Dlamini aan die stuur, dat dit sal verbeter. Enige hoop om betekenisvolle en doeltreffende skakeling vir die vrou op straat te verseker, word verminder deur Dlamini se aanstelling. Doeltreffende leierskap is noodsaaklik vir vordering, en Dlamini het gewys dat sy nie ‘n doeltreffende leier is nie.
Vandag, terwyl vroue regoor die wêreld bymekaar kom onder die sambrele van veldtogte soos #MeToo en #TimesUp, wat op seksuele teistering betrekking het, en die Verenigde Nasies vir Vroue die landelike en stedelike aktiviste vier wat die lewens van vroue regoor die wêreld transformeer het, hang ‘n donker wolk oor die regte van vroue in Suid-Afrika.
Rebecca Sibanda: Regsassistent, Sentrum vir Grondwetlike Regte
8 Maart 2018