Die besprekingsdokument sê ook voorts dat die Roomse Statuut en die ongebalanseerde wyse waarop die westerse magte verkies om dit in werking te stel, nie ag slaan op fundamentele kwessies oor die behoefte aan ‘n balans tussen vrede en geregtigheid nie. Die dokument gee voor om namens die 34 Afrika-state te praat wat die Roomse Statuut onderteken het, en kritiseer die inwerkingstelling daarvan, wat klaarblyklik pogings op die vasteland om vrede en konflik aan te pak, ignoreer. Ironies genoeg moedig die dokument ook voorts die Afrika-unie en sy lede aan om pogings om die Afrika-hof oor Menseregte in staat te stel om sy uitgebreide mandaat uit te voer.” Dit is ‘n stilswyende erkenning van die feit dat die vasteland nie oortreders van ernstige menseregteskendings doeltreffend kan vervolg nie.
Die Malabo-protokol (die Protokol) is in Junie 2014 deur lede van die AU, met inbegrip van Suid-Afrika, aanvaar, en het ten doel om die jurisdiksie van die bestaande Afrika-hof oor Geregtigheid en Menseregte (AFGMR) uit te brei om misdade kragtens internasionale reg in te sluit, wat soortgelyk aan dié van die ISH is. Die Protokol sluit egter immuniteit vir Staatshoofde in. Gegewe die goed gerapporteerde en gedokumenteerde gruweldade wat dikwels deur Staatshoofde op die vasteland begaan word, sal die AFGMR nutteloos wees in die stryd teen straffeloosheid vir ernstige menseregteskendings. In elke geval het lede van die AU ‘n trae reaksie op die Protokol, met slegs nege uit die vereiste 15 ondertekenaars tot op datum, om te verseker dat die bepalings van die Protokol uitgevoer word. Dit suggereer dat die kommer wat deur die regerende party se besprekingsdokument uitgedruk word – dat die ongebalanseerde magsverhoudinge in die Roomse Statuut westerse state bó die armer state van die suide bevoordeel – ‘n rookskerm is om die state van internasionale kritiek en aanspreeklikheid te beskerm.
Die besprekingsdokument versuim ook om oorweging te skenk aan die feit dat ander Afrika-state, soos Gambië, Botswana, een meer onlangs, Zambië, hul steun aan die internasionale liggaam toesê wanneer die vraag geopper word oor of hulle hul lidmaatskap van die ISH moet onttrek. Dít ten spyte van die AU se resolusie vroeg in 2017 om die idee van ‘n gesamentlike onttrekking deur Afrika-state van die ISH verder te ondersoek.
Burundi, geteister deur jare van konflik – waartydens die Staatshoof, President Pierre Nkurunziza, betrek is by menseregteskendings deur organisasies, met inbegrip van Human Rights Watch – het formeel kennis gegee om van die Roomse Statuut te onttrek. Dit is die geselskap waarin Suid-Afrika homself bevind. Die onlangse beslissing deur die ISH dat Suid-Afrika versuim het om aan die Roomse Statuut te voldoen deur nie President Al-Bashir in hegtenis te neem en uit te lewer nie, blyk om die besluit van die regerende party dat Suid-Afrika van die ISH moet onttrek, te versterk het.
Dit is waar dat daar ‘n behoefte is aan die hervorming van die AFGMR – aangesien die huidige struktuur ‘n verouderde weerspieëling is van die geo-politieke landskap ná die Tweede Wêreldoorlog. Dit is noodsaaklik dat die internasionale Suide verteenwoordig word en ‘n betekenisvolle stem op die VNK gegun word. Dit is ook waar dat die Afrika-vasteland ernstige menseregteskendings in die 20ste eeu ervaar het, waarvan sommige steeds vandag plaasvind, met baie min oortreders wat aanspreeklik ooit gehou is. Suid-Afrika, as ‘n ekonomiese mag met ‘n progressiewe Grondwet, beklee ‘n invloedryke posisie wat die uitdrukking van die gedeelde bekommernisse van die res van die vasteland betref. Aangesien dit so belangrik is dat Suid-Afrika steeds ‘n lid van die ISH bly en voortgaan om betekenisvolle strukturele veranderinge in die ISH en ander hervormings aan internasionale liggame, met in begrip van die VNV, te bevorder. Soos dinge nou lyk, loop Suid-Afrika die risiko om internasionaal geïsoleer te word, wat die vorderinge wat sedert 1994 gemaak is as geloofwaardige stem vir die belange van die vasteland in gedrang bring.
Deur me Phephelaphi Dube: Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte
*Die derde in ‘n reeks van drie artikels deur die FW de Klerk Stigting en sy Sentrum vir Eenheid in Diversiteit en Sentrum vir Grondwetlike Regte, ter besinning van die onlangse Beleidskonferensie van die ANC.