Die volgende veertig jaar het Suid-Afrika ontwikkel in ooreenstemming met ander dominiums in die Statebond. Tot die middel van die vyftigerjare, op ‘n kontinent wat steeds deur Europese moondhede oorheers is, was ‘n wit minderheidsregering in Suid-Afrika nie uitsonderlik nie. In ‘n wêreld waarin rassediskriminasie steeds op skokkende wyse aan die orde van die dag was, het Suid-Afrika se segregasiebeleide min kritiek ontlok.

Die wêreld en Afrika was egter besig om te verander.

Terwyl die gety van imperialisme uit Afrika weggespoel het, het Suid-Afrika in die laaste poel wit heerskappy gedobber. Ons was uit voeling met die nuwe internasionale norme van nie-diskriminasie, gelykheid en selfbeskikking wat in die Universele Verklaring van Menseregte van 1948 verwoord is.

Op 3 Februarie 1960 het premier Harold Macmillan aan die Suid-Afrikaanse parlement gesê dat “…the wind of change is blowing through this continent, and whether we like it or not, this growth of national consciousness is a political fact”.  In dieselfde toespraak het hy erkenning verleen aan die nasionaliteit van wit Suid-Afrikaners: “…here in Africa you have yourselves created a free nation. A new nation.  Indeed, in the history of our times yours will be recorded as the first of the African nationalists”.

Die volgende 30 jaar is oorheers deur ‘n stygende konfrontasie tussen wat Macmillan beskryf het as hierdie ‘nuwe’ en ‘vrye’ Europese afkoms, aan die een kant, en die toenemende gety van swart nasionale bewussyn aan die ander kant.

Tussen 1960 en 1989 betree Suid-Afrika ‘n draaikolk van isolasie en toenemende konflik.

Teen die middel van die tagtigerjare bevind ons ons op die rug van ‘n toenemend kwaai en kwetsende swart tier.

Die wêreld het op ons geskree om af te klim – wat ons graag wou doen. Ons het egter ‘n diep eksistensiële vrees gehad vir die afklim van die tier:

Ons het desperaat gesoek na oplossings.

Gedurende die 1960s en 1970s het ons territoriale verdeling probeer – maar dit was ‘n totale mislukking: ons poging om die Suid-Afrikaanse tameletjie op te los, was onmoontlik en het tot nog groter onreg gelei.

Ons het hervorming probeer:

Hierdie hervormings was egter eenvoudig net petrol op die vuur wat reeds opgeblaasde verwagtinge betref het: die strydkreet van die ANC was nie “Hervorming!” nie – dit was “Amandla!” – en “Amandla” beteken “mag”!

Nietemin het Suid-Afrika reeds verander. Die vinnige ekonomiese groei gedurende die 1960s en 1970s het ekonomiese verhoudings en politieke opinies beïnvloed:

Aan die einde van die tagtigerjare het die geskiedenis ‘n geleentheid geskep vir verandering:

Sommige regsgesindes het gedink dat ons onbepaald aan die mag kon vasklou. Ander wou hê dat ons êrens in die land ‘n wit vaderland moes uitkerf. Nog ander wou hê dat ons ‘n wit vetoreg in ‘n nuwe veelrassige regering sou behou. Nie een van hierdie benaderings het die geringste kans gestaan om aanvaarbaar te wees vir die groot meerderheid Suid-Afrikaners – of vir die internasionale gemeenskap nie.

Laat ek duidelik wees: as ons nie so gou moontlik na die ineenstorting van die Sowjetunie ‘n skikking sou bereik het nie, sou die magsbalans onverbiddelik – en redelik vinnig – teen ons gedraai het. Met elke jaar wat verbygegaan het, sou ons ons kernbelange minder kon verseker – dit is presies wat met Ian Smith in Rhodesië gebeur het.

2 Februarie 1990 was nie die gevolg van ‘n Damaskus-bekering nie; dit is ook nie deur die ANC, sanksies of enige ander eksterne faktore op ons afgedwing nie.

Ons is oorweldigend gemotiveer deur ons eie oortuiging dat ‘n suksesvolle toekoms slegs op die grondslag van geregtigheid vir alle Suid-Afrikaners gebou kan word. Ons het aanvaar dat ons ‘n morele plig gehad het om van die beleid ontslae te raak wat soveel jare soveel onreg en lyding by soveel mense veroorsaak het. Uiteindelik was dit ons wat die laaste oorblyfsels van apartheidswetgewing herroep het.

Ons het op hierdie grondslag besef dat die omstandighede vir suksesvolle onderhandelinge nooit weer so gunstig sou wees nie. Op 2 Februarie 1990 het ons dus die weg gebaan vir grondwetlike onderhandelinge. Ons het ‘n sprong gemaak deur die venster van geleenthede wat oopgewaai is deur die winde van verandering vanuit Oos-Europa.

Dit was 30 jaar, minus een dag, na Harold Macmillan se Winds of Change-toespraak.

Deur FW de Klerk
1 Februarie 2020

Leave a Reply

Your email address will not be published.