Council of Women World Leaders Gender & Public Policy Fellow
Universiteit van Columbia se Skool vir Internasionale en Openbare Aangeleenthede, Meestersgraad in Internasionale Aangeleenthede, 2013
“Gedurende die tien weke wat ek by die FW de Klerk Stigting deurgebring het, het ek baie geleer oor grondwetlike regte in Suid-Afrika, die huidige politieke landskap en die stand van kwessies rondom geslag. Ek was veral dankbaar oor die geleentheid om deel te neem aan die Stigting se nasionale beleidskonferensie in Julie 2012, waar ek, by wyse van voorleggings deur voorste akademici en professionele persone, ’n beter verstandhouding ontwikkel het oor die uitwerking van die ANC se aanvanklike beleidsvoorstelle oor die Tweede Oorgang. Die Stigting het my ook die geleentheid gebied om vergaderings en seminare by te woon, met inbegrip van geleenthede by die Universiteit van Kaapstad en openbare verhore by die Parlement. Bowendien dit alles het ek dit baie geniet om by die personeel van die Stigting te leer oor hul werk en ervaringe. “
Anna het intussen haar finale jaar by die Universiteit van Columbia se Skool vir Internasionale en Openbare Aangeleenthede (SIPA) in New York voltooi. Sy het in Mei 2013 gegradueer met ’n meestersgraad in Internasionale Aangeleenthede en sien uit daarna om ’n loopbaan in menseregte en geslagsbeleid na te volg.