Vrye Universiteit van Brussel en die Complutense-universiteit van Madrid. Nagraadse grade in: Europese Politieke Studies en Gelyke Geleenthede tussens Mans en Vroue.
“Die oomblik toe ek by die FW de Klerk Stigting aangekom het is ’n kopie van die Grondwet van Suid-Afrika aan my gegee. Een van die hoofdoelwitte van die Stigting is, onder andere, om die waardes wat in die Grondwet verskans word, te bevorder en te steun. Een sodanige waarde is die respek vir en bevordering van taalverskeidenheid. Aangesien ek tans in Spanje woon, waar taalverskeidenheid ook dikwels uitdagings bied, is hierdie onderwerp in die besonder tersaaklik vir navorsing. Die aanpak van die regsraamwerk en -maatreëls wat sedert die aanvaarding van die nasionale grondwette (Spanje in 1979 en Suid-Afrika in 1996) ingestel is, is noodsaaklik om die evolusie van hierdie kwessie in elke land te verstaan. My tyd by die Stigting en in Suid-Afrika, ’n kulturele diverse en dinamiese nasie, het my in staat gestel om nuwe realiteite persoonlik te ervaar. Terwyl dit bygedra het tot my verstandhouding van die uitdagings, het dit ook verdere vrae geopper en tot nuwe idees aanleiding gegee. Dit was ongetwyfeld ’n unieke en welkome geleentheid.”
Ana werk tans vir die Europese Kommisie se verteenwoordiging in Spanje. Sy is verantwoordelik vir die bestuur van Europese Inligtingsentrums wat ten doel het om beleide van die EU plaaslik en in streke oor te dra.
Ana se navorsingfokus was die bevordering linguistiese diversiteit, met ‘n vergelyking tussen Suid-Afrika en Spanje.
Ana Rio: Artikel – Language Diversity in Primary Schools: South Africa and Spain