Almero PrinslooAlmero matrikuleer in 2015 aan die Wynberg Boys High School en studeer daarna internasionale betrekkinge aan die Universiteit Stellenbosch. Op Stellenbosch sluit hy aan by die Verenigde Nasies-vereniging van Suid-Afrika (UNASA) en dien hy as uitvoerende lid daarvan in 2017. In 2016 verwerf hy die titel as beste spreker by die nasionale UNASA Model United Nations in Pretoria en lei in 2017 ‘n span om deel te neem in die wêreldwye Model VN-kompetisie in by die hoofkwartier van die Verenigde Nasies New York. In 2019 het hy ‘n bydrae gelewer tot die Young Diplomats Forum in Brussel om wêreldwye kwessies te bespreek en Suid-Afrika se ervarings van apartheid na ‘n grondwetlike demokratiese staat te deel. Almero glo in medelydende leierskap as ‘n agent vir verandering en om die lewe holisties te leef.


 

Leave a Reply

Your email address will not be published.