linked inyoutube

facebookicon-twitter-32x32

 

Mediaskakelpersone

Dr Theuns Eloff

theuns eloffVoorsitter, FW de Klerk Stigting Raad van Adviseurs

Dr Eloff is in 1955 in Potchefstroom gebore en het ‘n Meestersgraad in Teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys behaal. Hy het vir ses jaar as dominee in die Gereformeerde Kerk in Brooklyn, Pretoria gedien, en het tydens hierdie tydperk sy doktorsgraad in Teologie behaal.

Na afloop van sy deelname aan ‘n vergadering met verteenwoordigers van die ANC in Dakar in 1987, het hy die bediening verlaat en by die Consultative Business Movement (CBM) aangesluit. Ná sy aanstelling as Uitvoerende Direkteur van die CBM in 1990, was hy betrokke by die proses wat gelei het tot die Nasionale Vredeskonvensie en die Nasionale Vredesverdrag in September, 1991. Hy het later gedien as die hoof van die proses- en sekretariële dienste van die konvensie vir 'n demokratiese Suid-Afrika (KODESA) en het gevolglik waargeneem as Hoof van die Administrasie van die Veelparty-onderhandelingsproses. In die aanloop tot die eerste nie-rassige nasionale verkiesings in April 1994 is dr Eloff gesekondeer om as Adjunk Uitvoerende Direkteur op die Uitvoerende Oorgangsraad te dien. In Februarie 1995 is hy aangestel as Hoof Uitvoerende Beampte van die Nasionale Besigheidsinisiatief vir Groei, Ontwikkeling en Demokrasie. Op 1 Januarie 2002 is dr Eloff aangestel as Visekanselier en Rektor van sy voormalige universiteit, die Potchefstroomse Universiteit vir CHO. Toe die universiteit saamgesmelt het met die Universiteit van die Noordwes in Mafeking in 2004 om die Noordwes-universiteit te vorm, het dr Eloff die nuwe universiteit se eerste Visekanselier en Rektor geword. Hy het in dié amp gedien tot 2015.

Dr Eloff as aangestel as die Uitvoerende Direkteur van die FW de Klerk Stigting in 2016 en het in hierdie rol tot einde Mei 2019 voortgesit. Hy is vanaf 1 Junie 2019 as Voorsitter van die Stigting se Raad van Adviseurs aangestel.


Zohra Dawood

Zohra optSenior Genoot, FW de Klerk Stigting

Zohra Dawood het grade in regte en ‘n Meestersgraad in ekonomiese geskiedenis. Sy het vir ‘n dekade gewerk as hoofnavorser vir ‘n grondregte-organisasie. Ná 1994 het sy saam met die Departement van Grondsake en Landbou gewerk, waar sy betrokke was in beleidsformulering en -implementering, met inbegrip van onderhandelings en skikkings met betrekking tot grondeise. Me Dawood was ‘n adviseur vir kabinetslede en was ‘n adviseur van die Presidensie van Nelson Mandela. Sy het ook vir die Departement van Verdediging gewerk met die opstel van wetgewing en beleide oor grond en die omgewing. In 1999 het sy by die Soros Network se Open Society Foundations (OSF) aangesluit en is aangestel as Uitvoerende Direkteur. Benewens haar verantwoordelikhede ten opsigte van Suid-Afrika en Afrika-programme vir die Open Society Foundations, is sy aangestel om die OSF se ondernemings in Indonesië te lei as Streeksdirekteur, waar sy ‘n OSF-instelling bestuur het wat ten doel gehad het om demokrasie en ‘n oop samelewing te institusionaliseer in die grootste Moslemland ter wêreld.

Me Dawood was internasionaal aktief betrokke by belangrike kwessies met betrekking tot menseregte en internasionale geregtigheid, maatskaplike, ekonomiese en regshervorming en die bevordering van onafhanklike media. Sy het vir die media geskryf en wyd voorleggings gemaak by konferensies en seminare en was aktief betrokke by kwessies wat verband hou met buitelandse beleid en internasionale betrekkinge, deur die Suid-Afrikaanse Inisiatief vir Buitelandse Beleid, wat sy in 2011 gestig het.

Sy is sedert November 2013 ‘n professionele genoot van die Zamyn, ‘n onafhanklike analitiese organisasie wat werksaam is by die kruising van sosio-ekonomiese, politieke en kulturele teorie en praktyk.

Me Dawood is in 2013 gevra om by AgangSA aan te sluit onder leierskap van dr Mamphela Ramphele, vir ‘n tydperk van ses maande. Dit het die daarstelling behels van ‘n nuwe politieke platform om demokrasie in Suid-Afrika te versterk.

Voordat sy by die FW de Klerk Stigting aangesluit het as Direkteur van die Sentrum vir Eenheid in Diversiteit (SED) in 2016, het me Dawood uit haar gemaksone beweeg om die pos van Hoof van Besigheidsontwikkeling en Fondsinsameling by die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO) te aanvaar. Dit het die bestuur van die besigheidstrategie en fondsinsamelingsinisiatief vir die KFO behels, met inbegrip van die aanpak van kwessies betreffende diversiteit, die bou van loopbaanrigtings vir talentvolle musikante en, meer belangrik, die finansiële volhoubaarheid van die KFO, wat gegroei het van ‘n organisasie wat in die rooi was, na een wat nou sy eie skenkingsfonds bestuur. 

Me Dawood het haar ampstermyn as Direkteur van ie SED in Mei 2019 beëindig en is vanaf 1 Junie 2019 as Senior Genoot van die FW de Klerk Stigting aangestel.


Christine Botha

CHRISTINE BOTHA optBestuurder, Sentrum vir Grondwetlike Regte

Me Christine Botha het 'n BSc. Mediese Wetenskappe-graad en 'n LLB-graad. Sy is 'n toegelate prokureur, met vorige ondervinding by 'n kommersiële regsfirma. Haar kundigheidsgebied sluit in navorsing oor grondwetlike regte, met 'n groot belangstelling in aspekte wat die reg op privaatheid, die regte van vlugtelinge en gesondheidsverwante sake beïnvloed. Me Botha koördineer verder die SGR se 'bystand aan die publiek' -program, wat advies en bystand aan lede van die publiek bied met navrae wat verband hou met die verwesenliking van hul grondwetlike regte.


Rebecca Sibanda

RS75113Regsassistent, Sentrum vir Grondwetlike Regte

Me Rebecca Sibanda het 'n LL.B en 'n LL.M in Internasionale Reg en Menseregte. Haar kundigheid sluit in navorsing oor grondwetlike regte, met spesifieke fokus op die vryheid van uitdrukking. Me Sibanda is een van die bydraers tot die SGR se vlagskippublikasie, die jaarlikse Menseregteverslagkaart, en koördineer die SGR se jeugverwante aktiwiteite, insluitend 'n tweeledige werkskaduwingsprogram vir graad 11-leerders wat belangstel in 'n regsloopbaan in die nie-winsgewende omgewing.

 

 


icon-statementsIndien jy ’n woordvoerder van die FW de Klerk Stigting wil nooi om by jou geleentheid te praat, vul asb ons ‘versoek ’n spreker’-vorm in.

 

 

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Jongste Tweets

FWdeKlerkFoun [READ] Latest article from Senior Fellow, Ms Zohra Dawood, "The EFF has consistently failed to respond to requests… https://t.co/BwKI6VmP6M
10hreplyretweetfavorite
FWdeKlerkFoun [INVITATION] Join the Foundation's Centre for Unity in Diversity for a Roundtable Discussion on "Identity Politics… https://t.co/1dIjEnUro5
17hreplyretweetfavorite

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.