linked inyoutube

facebookicon-twitter-32x32

 

Jongste Nuus

Die FW de Klerk Stigting skryf gereeld artikels oor tersaaklike aangeleenthede, ondersteun taal- en kultuurregte en neem deel aan die nasionale debat oor rasse- en kultuuraangeleenthede. Die Stigting bevorder ook kommunikasie deur konferensies en werkswinkels aan te bied.

TE HEADSHOT opt

‘n Mens kan die moedeloosheid van die Suid-Afrikaanse bevolking en spesifiek Afrikaanssprekendes amper aanvoel.  Onder die redes hiervoor is ‘n skynbare ongekende toename in die vlaag van plaasaanvalle en -moorde, Ace Magashule-hulle wat met die Reserwebank foeter en moeilikheid met infrastruktuur en wanfunksionele munisipaliteite op amper elke dorp. En dan help die Proteas se geploeter by die Wêreldbekertoernooi ook nie! En die vraag op baie se lippe is “Wat doen Cyril hieraan? Hy is mos nou die President!”

En dis gedeeltelik waar - ons President is partypolities op ‘n beter plek as ‘n jaar gelede. Hy het sy oorwinning by Nasrec (van 53%) opgevolg met ‘n 57.5% oorwinning by die stembus in Mei. Hy is nie meer ‘n “tussentydse” President nie, maar een wat sy party tot ‘n oorwinning gelei het (en waarskynlik eiehandig van ‘n neerlaag gered het). Hy het die Kabinet verklein en van al die groot Zuptaskurke ontslae geraak. Hy het (amper soos ‘n Madiba van ouds) belowe om ‘n President vir al die mense van Suid-Afrika te wees en nie net vir die ANC nie. Maar ongelukkig beteken dit alles nie dat hy onaantasbaar is en kan doen wat hy wil nie. Daar is ‘n paar remblokke aan sy been. En om te verstaan wat nou aan die gebeur is, moet mens weet wat hierdie remblokke is.

parliament interior sabc

Cyril Ramaphosa sal op 22 Mei deur die Nasionale Vergadering as President van demokratiese Suid-Afrika verkies word, en op 25 Mei sal hy ingehuldig geword. Volgens beskikbare inligting en bepanning sal die Kabinet op 27 Mei bekendgemaak word. 

Dit is daarom te vroeg om te spekuleer oor wie presies in die Kabinet sal wees en wie nie. Die lyste wat op die oomblik die rondtes doen, is waarskynlik slegs vlieërs wat deur die verskillende faksies opgestuur word om te sien hoe die wind waai - en dalk die windrigting te beïnvloed. 

hawks logo opt

Die FW de Klerk Stigting verwelkom mediaberigte dat eThekwini-burgemeester, Zandile Gumede, in die Durbanse Gespesialiseerde Handelshof verskyn het op aanklagte van bedrog en korrupsie met betrekking tot die eThekwini-munisipaliteit. Me Gumede het haarself glo aan die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) oorhandig ten einde te vergoed dat sy in hegtenis geneem word, en het in die Hof op die aanklagte verskyn. 

Dit is een van die eerste domino’s wat val betreffende die beweerde plundering van staatsgeld, en alle oë sal nou op die saak wees.

sa election foter

Dit word algemeen aanvaar dat Suid-Afrikaners, ná ‘n tyd van intense politieke en sosiale woelinge, oor die algemeen ietwat moedeloos, negatief en suf is. Dis nie nodig om verder hierop uit te brei nie - die daaglikse dosis van die nuutste staatskaping-skandaal en sterftes op die paaie en in vloede is welbekend.

Maar ‘n algemene verkiesing kom nie elke jaar nie. En met twee dae voor die verkiesing,  is die vraag: wat doen mens van nou af tot Woensdag en hoe benader mens die stemlokaal op 8 Mei 2019? En die regte antwoord is nie om te sê: “niks besonders nie”. Of: “ek gaan nie stem nie” of “ek weet nie vir wie om te stem nie”.

Elections2019

In 2016 het die FW de Klerk Stigting aangesluit by 'n groep ander Stigtings, gelei deur of gebaseer op die nalatenskap van ikoniese nasionale leiers, onder die vaandel van die Dialooginisiatief deur Nasionale Stigtings (NFDI)*. Die hoofdoel van die NFDI is om 'n proses van deurlopende dialoog tussen alle Suid-Afrikaners oor ons gemeenskaplike toekoms te lei en te fasiliteer, gegrond op ons gedeelde verbintenis tot ons Grondwet. Dit is in ooreenstemming met die FW de Klerk Stigting se visie en missie om FW de Klerk se presidensiële erfenis te bevorder, onder meer om die Grondwet en die Handves van Regte te ondersteun en te bevorder. Dit sluit in elke Suid-Afrikaner se stemreg.

Die NFDI het gesamentlik besluit dat lede se Stigtings hul individuele stemme oor die komende verkiesing moet ophef en die belangrikheid beklemtoon van alle Suid-Afrikaners om hul stemreg uit te oefen waarom hard geveg is.

sa flag opt

27 April is die 25ste herdenking van die transformasie van Suid-Afrika van eeue van wit minderheidsregering tot die regering deur die meerderheid van al die mense van die land. Regoor die land het Suid-Afrikaners geduldig in rye gestaan om te stem vir die regering van hul keuse - die meeste van hulle vir die eerste keer in hul lewens. Dit was moontlik die wonderlikste dag in die lang en teenstrydigegeskiedenis van die groot verskeidenheid volke wat 84 jaar vroeër in die Unie van Suid-Afrika willekeurig byeengebring is. Dit word nou tereg as Vryheidsdag gevier - en as Suid-Afrika se nasionale dag.

IEC LOGO opt

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het onlangs aangekondig dat 48 partye die nasionale verkiesing op 8 Mei gaan betwis. Dit is meer as die 29 wat in 2014 aan die nasionale verkiesing deelgeneem het - ‘n toename van 65%! Gaan groter deelname egter vir Suid-Afrika ‘n beter demokrasie gee?

Die verstommende feit is dat volgens die OVK se webwerf daar op nasionale vlak 312 partye geregistreer is, en op provinsiale vlak 294. Die getal partye op nasionale vlak het as gevolg van twee faktore tot 48 gekrimp. Die eerste is die keuringsproses van die OVK self wat 118 partye deregistreer het en 29 se aansoeke verwerp het. Die tweede faktor is dat sommige partye (117) nie die registrasiegeld om aan die verkiesing deel te neem, betaal het nie.  Hierdie koste is taamlik hoog - R200 000 om op nasionale vlak deel te neem, en dan R45 000 per provinsie. ‘n Party wat op nasionale vlak en in ál die provinsies wil deelneem, sal dus R605 000 moet opdok. Vir ‘n kleiner party is dit nie ‘n maklike taak nie om sò ‘n bedrag bymekaar te kry nie.

20FWdeKlerk Afr logo opt

Op die vooraand van die FW de Klerk Stigting se 20ste herdenking het die Stigting se Raad van Trustees 'n aantal belangrike besluite geneem. Dit is om te verseker dat die Stigting steeds 'n belangrike rol in die toekoms speel om die Grondwet te ondersteun, positiewe inter-gemeenskapsverhoudinge te bevorder en FW de Klerk se nalatenskap te herdenk.

Die Stigting het besluit om sy eie kantore te bekom, waar hy 'n FW de Klerk Dokumentasie-sentrum sal vestig. Een van die kerndoeleindes van die Sentrum sal wees om Suid-Afrika se historiese grondwetlike transformasieproses tussen 1990 en 1996 te herdenk, asook die rol wat Suid-Afrikaners van alle politieke partye in hierdie proses gespeel het. Die Raad glo saam met baie ander in Suid-Afrika en regoor die wêreld dat dit een van Suid-Afrika se grootste prestasies was.

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Jongste Tweets

FWdeKlerkFoun Attending and participating in the 17th #NobelPeaceSummitYucatan This year 30 Laureates, Prize-awarded organization… https://t.co/1YVLNoIaIl
FWdeKlerkFoun RT @theCFCR: [READ] Latest from @theCFCR Manager, Ms Christine Botha, unpacks the State's promises to combat #GBV https://t.co/XmKZKl60r0 #…

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.