linked inyoutube

facebookicon-twitter-32x32

 

Jongste Nuus

Die FW de Klerk Stigting skryf gereeld artikels oor tersaaklike aangeleenthede, ondersteun taal- en kultuurregte en neem deel aan die nasionale debat oor rasse- en kultuuraangeleenthede. Die Stigting bevorder ook kommunikasie deur konferensies en werkswinkels aan te bied.

Goodwill 2017

Dit is vir my ‘n groot plesier om julle almal vanaand hier te verwelkom - en veral ons eregaste en ontvangers van die FW de Klerk-welwillendheidstoekenning vir 2017, Wayde van Niekerk en Ans Botha.

Die Raad van Trustees van die FW de Klerk Stigting het die FW de Klerk-welwillendheidstoekenning in 2010 ingestel om erkenning te verleen aan individue en organisasies wat uitsonderlike bydraes gelewer het tot die bevordering van welwillendheid tussen Suid-Afrikaners. Vorige wenners sluit in dr Danny Jordaan (2011), Pieter-Dirk Uys (2012), Studietrust (2013), Patrice Motsepe (2014), Afrika Tikkun (2015) en adv Thuli Madonsela en die Kantoor van die Openbare Beskermer (2016).

Die Raad van die Trustees van die FW de Klerk Stigting het tydens sy laaste vergadering in 2016 besluit om die FW de Klerk-welwillendheistoekenning vir 2017 aan die afrigter-en-atleet-span van mev Anna (Ans) Botha en mnr Wayde van Niekerk toe te ken.

SABreakingnewsSASSA optMinister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, het deur woorde en versuim om op te tree, haar minagtiging van die Konstitusionele Hof se bevinding wat SASSA se kontrak met Cash Paymaster Services (CPS) ongeldig verklaar het, duidelik gemaak. Sy het voorts ook nie ag geslaan op die advies van die Minister van Finansies in sy brief op 1 Februarie 2017, waarin hy regstellende stappe aangebied het ten einde te verseker dat byna 17 miljoen mense hul maatskaplike toelae op 1 April 2017 sal ontvang nie.

Die hoogmoedige reaksie van die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling aan die Tesourie, gedateer 8 Februarie, het verklaar dat haar Departement in beheer van die betaling van toelae is en dat skakelings met die Tesourie as deel van ‘n gesamentlike tegniese span nie ten doel gehad het om die toekoms van maatskaplike toelae uiteen te sit nie, maar bloot om beskikbare opsies te evalueer. ‘n Eenvoudige begrip van die brief van die Tesourie wys daarop dat dit presies is wat voorgestel is. Daarbenewens het die Tesourie, as die bestuurder van die land se bronne, die waarskuwing bygevoeg dat die handhawing van die status quo die regering aan regstappe sal blootstel. Hierdie gewigtige saak blyk nie die Minister te pla nie.

SASSAVir die armste Suid-Afrikaners kan 1 April 2017 inderdaad Gekkedag wees wanneer hulle met leë hande terugkeer van SASSA se afhaalpunte, wanneer die kontrak van Cash Paymaster Services (CPS), verspreiders van maatskaplike toelae namens SASSA, op 31 Maart tot 'n einde kom.   

Vir meer as 16 miljoen begunstigdes sal die volgende paar weke onseker en diep verontrustend bly. Vir mense wat afhanklik is van die kinderhulptoelaag, (R350 pm), die toelaag vir ouer persone (R1510 pm), die ongeskiktheidstoelaag (R1510 pm), die Grant-in-aid-toelaag (R350 pm), die Sorgafhanklikheidstoelaag (R1510 pm), die toelaag vir oorlogveterane (R1530 pm), die pleegsorgtoelaag (R890 pm) en die maatskaplike noodleningstoelaag, kan die ondeurdagte gemors wat deur die onbevoegdheid en leierloosheid van SASSA geskep is, 'n geval van lewe of dood wees. Die Regering se besteding van R10 miljoen per maand aan die armste van die armes word ernstig bedreig.   

Justice logo

Op 31 Januarie 2017 het die FW de Klerk Stigting, saam met ander voorstanders van vryheid van uitdrukking, ‘n geskrewe voorlegging by die Departement van Justisie ingedien oor die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatsmisdade en Haatspraak (Wetsontwerp op Haatsmisdade en Haatspraak). Die Stigting het die geleentheid gebruik om te beklemtoon dat die versterking, konsolidering en bemagtiging van bestaande wette en instellings ‘n beter beginpunt is as om nuwe wette met strenger gevolge te promulgeer.

Kortliks het die Wetsontwerp op Haatsmisdade en Haatspraak ten doel om die oortredings van haatspraak en haatsmisdade te kriminaliseer. Kragtens hierdie voorgestelde Wetsontwerp is dit moontlik vir ‘n persoon om drie jaar gevangenisstraf te kry vir ‘n eerste skuldigbevinding aan die oortreding van haatspraak, met 10 jaar gevangenisstraf vir daaropvolgende oortredings.

goodwill award smlDie Raad van die Trustees van die FW de Klerk Stigting het tydens sy laaste vergadering in 2016 die besluit geneem om die FW de Klerk-welwillendheidstoekenning vir 2017 aan die afrigter en atletiekspan van mev Anna (Ans) Botha en mnr Wayde van Niekerk toe te ken.

Die Raad van Trustees van die FW de Klerk Stigting het die FW de Klerk-welwillendheidstoekenning in 2010 ingestel ten einde erkenning te verleen aan individue en organisasies wat uitsonderlike bydraes gelewer het tot die bevordering van welwillendheid tussen Suid-Afrikaners. Vorige wenners sluit in dr Danny Jordaan (2011), Pieter-Dirk Uys (2012), Studietrust (2013), Patrice Motsepe (2014), Afrika Tikkun (2015) en adv Thuli Madonsela en die Kantoor van die Openbare Beskermer (2016).

FWDeKlerk TrinityVoormalige President FW de Klerk het op 18 Januarie 2017 die gesogte Praeses Elit-toekenning van die Prokureursorde van Trinity Kollege in Dublin ontvang. Die toekenning is ingestel deur Mary Robinson, die voormalige President van Ierland, om mense te vereer wat die regsdiskoers bevorder het deur uitnemendheid wat voorspraak vir en verbintenis tot sake betref.

In sy aanvaardingstoespraak het De Klerk die aanvaarding van nie-rassigheid en nie-diskriminasie beskryf as een van die belangrikste ontwikkelings in sosiale en politieke houdings gedurende die 20ste eeu. 

ct conf finalDie FW de Klerk Stigting - in vennootskap met die Konrad Adenauer-stigting - nooi jou uit om ons Jaarlikse Konferensie by te woon. Ons tema vir 2017 is: “Die Grondwet en Regeringsbestuur - weer by ‘n Kruispad”.

Die FW de Klerk Stigting bied jaarliks ‘n konferensie op 2 Februarie in Kaapstad aan, om saam te val met die aankondiging in die Parlement in 1990 van Nelson Mandela en ander gevangenes se vrylating en die ontbanning van verskeie organisasies. Elke jaar pak die konferensie ‘n aktuele tema aan, met insette van ‘n wye verskeidenheid invloedryke sprekers. Vorige sprekers sluit in voormalige President Kgalema Motlanthe, Regter Albie Sachs, dr Mathews Phosa, me Rhoda Kadalie, prof Frans Viljoen, mnr Sipho Pityana, adv Jeremy Gauntlett, mnr Johann Rupert en voormalige President FW de Klerk. 

mosque optDie FW de Klerk Stigting veroordeel ten sterkste die onlangse vandalisme by moskees in die Wes-Kaap. Die aanvalle op die moskees in Simonstad en Kalkbaai is ‘n aanval op die grondslag van ons grondwetlike demokrasie, soos waarvoor in Hoofstuk 2 van die Handves van Regte voorsiening gemaak is en wat vrymoedig verklaar dat “[e]lkeen die reg het op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening.”

Die onlangse skending en aanvalle op moskees is in stryd met die sentimente en menings van die meerderheid van Suid-Afrikaners wat groot waarde heg aan respek vir en die vryheid van godsdiens. Die Stigting staan saam met die oorgrote meerderheid deur sy woede uit te spreek oor die aanval op plekke van aanbidding en verering. Hierdie aanvalle moet veroordeel word, maar sal ons nie afskrik van ons gesamentlike verbintenis tot die bou van ‘n verdraagsame, respekvolle en oop samelewing nie.

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Jongste Tweets

FWdeKlerkFoun Attending and participating in the 17th #NobelPeaceSummitYucatan This year 30 Laureates, Prize-awarded organization… https://t.co/1YVLNoIaIl
FWdeKlerkFoun RT @theCFCR: [READ] Latest from @theCFCR Manager, Ms Christine Botha, unpacks the State's promises to combat #GBV https://t.co/XmKZKl60r0 #…

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.