Jongste Nuus

Die FW de Klerk Stigting skryf gereeld artikels oor tersaaklike aangeleenthede, ondersteun taal- en kultuurregte en neem deel aan die nasionale debat oor rasse- en kultuuraangeleenthede. Die Stigting bevorder ook kommunikasie deur konferensies en werkswinkels aan te bied.

PIK BOTHA NEWS24 opt

Ek het met groot hartseer kennis geneem van die dood van Pik Botha.

Hy was een van die vernaamste persoonlikhede in Suid-Afrikaanse politiek vanaf 1970 tot met sy uittrede uit die aktiewe politiek in 1996. Hy het van 1977 tot 1994 met groot onderskeid gedien as Suid-Afrika se Minister van Buitelandse Sake van 1977 tot 1994 - en was een van die wêreld se langsdienende buitelandse ministers. Gedurende sy termyn het hy Suid-Afrika vasberade verdedig teen toenemende internasionale isolasie. 

RAMAPHOSA opt

Die FW de Klerk Stigting verwelkom die feit dat President Ramaphosa, in belang van goeie regeringsbestuur, die bedanking van mnr Nhlanhla Nene as Minister van Finansies aanvaar het. Soos genoem in 'n SGR-artikel wat gister verskyn het, was dit die regte ding van mnr Nene om sy bedanking in te dien, en dit was die regte besluit van die President om dit te aanvaar. Dit bied aan die land 'n rare geval van verantwoordbaarheid en etiese optrede op senior regeringsvlak, veral wat die afgelope paar jaar betref. Te dikwels, soos in die geval van SASSA en Life Esidimeni, het politici en senior amptenare hul verantwoordelikhede ontduik en aanspreeklikheid ontken - en sodoende oneties opgetree.

Tutu foter

Die FW de Klerk Stigting en voormalige President FW de Klerk wil graag mede-Nobelvredespryswenner, Aartsbiskop-emeritus Desmond Mpilo Tutu, gelukwens met sy 87ste verjaarsdag op Sondag, 7 Oktober. Ons vier sy lewe en sy prestasies, en die relatiewe goeie gesondheid wat hy geniet. Hy het, deur die loop van sy lewe, geveg om geregtigheid en versoening. Hy het voortdurend uitgevaar teen ongeregtighede en verkeerde optrede, ongeag wie die oortreders was. Deur dit alles was hy 'n nederige dienaar van God, in diens van sy mense. Mag jy 'n geseënde dag en goeie jaar hê, Arch!

EWC opt

Die beslissing van die grondeisehof verlede week dat Akkerland-Boerdery weer die eienaar van die twee plase waaruit die boerdery bestaan is, het amper ongemerk verbygegaan. Die ministeriële onteieningskennisgewing van 29 Maart - ingevolge waarvan die eienaars sewe dae gehad het om die plase te ontruim en te verlaat - is met koste opsygesit. Blykbaar het die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming (die berugte Maite Nkoana-Mashabane) erken haar departement het ‘n fout gemaak deur die onteieningskennisgewing uit te reik.

zuma inauguration

Dis dalk maklik om die opmerkings oor staatskaping tydens 'n lesing op 12 September deur voormalige President Jacob Zuma as belaglik, snaaks en vreemd af te maak - die tierades van 'n gewonde voormalige President. Om te sê dat die huidige krisis 'n "polities versierde uitdrukking van staatskaping" is en dat daar nie so iets soos "staatskaping" is nie, terwyl die werk van die Zondo-kommissie (oor staatskaping!) - en wat hyself aangestel het - onderweg is, maak net nie sin nie. Ten beste is dit 'n teoretiese les in semantiek, wat heeltemal van realisme gestroop is. Maar dit moet ons nie bekommer nie. Wat voer Zuma - in die ergste geval - in die mou?

SAHRC logo opt

Die Menseregtekommissie (MRK) het onlangs die 2017/18 Verslag oor Gelykheid (die Verslag) gepubliseer en in die Parlement voorgelê. Dit het, waarskynlik as gevolg van prosesse rondom onteiening sonder vergoeding (OSV), die Zondokommissie en soortgelyke nuussake, nie baie aandag getrek nie. Een uitsondering was die Solidariteitsbeweging, wat aangekondig het dat die verslag beteken dat die land se regstellende aksie-wetgewing onwettig is, en nie aan internasionale vereistes voldoen nie. Solidariteit gaan die hof nader om ‘n verklarende bevel te kry sodat sekerheid verkry kan word hoe werkgewers en die Departement van Arbeid die situasie moet hanteer totdat die wet (soos deur die MRK voorgestel) verander is.

Marinus Wiechers

Die FW de Klerk Stigting neem met hartseer kennis van die afsterwe van professor Marinus Wiechers, 'n lid van die raadgewende paneel van die Stigting se Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR). Ons vier egter ook die lewe en beduidende prestasies van Marinus Wiechers.

Professor Wiechers was een van Suid-Afrika se voorste kundiges oor die Grondwet. Hy het 'n belangrike rol gespeel in die opstel van beide die Namibiese en die Suid-Afrikaanse grondwette. Hy was 'n groot akademikus, met talle navorsingsuitsette en boeke van internasionale gehalte. As Visekanselier van UNISA het hy 'n belangrike rol gespeel in die leiding van die grootste Suid-Afrikaanse universiteit in 'n nuwe era.

RAMAPHOSA opt

Die afgelope week se verwikkelinge oor grond en onteiening sonder vergoeding (OSV) was ten minste interessant. Eerstens was daar die “toenadering” tussen die ANC en die Suid-Afrikaanse landbou (Agri SA en Agbiz), en toe het ons President Ramaphosa vrae in die Parlement oor die onderwerp hoor beantwoord. In vergelyking met verlede week, kan sommige boere en sakelui baie gemakliker asemhaal vandag. Van “ons sal die grond wat van ons mense gesteel is, aan hulle terug gee, sonder vergoeding aan die diewe” 'n paar maande gelede, tot “ons sal nooit produktiewe landbougrond onteien nie” verlede week, is 'n groot sprong. 'n Mens kan jou indink dat die EVV en die Zumaniete in die ANC effens bekommerd is oor hierdie vernadering in die boodskap. Is dit 'n ommekeer oor grond en OSV, of bloot 'n verdraaiing?

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.