linked inyoutube

facebookicon-twitter-32x32

 

Jongste Nuus

Die FW de Klerk Stigting skryf gereeld artikels oor tersaaklike aangeleenthede, ondersteun taal- en kultuurregte en neem deel aan die nasionale debat oor rasse- en kultuuraangeleenthede. Die Stigting bevorder ook kommunikasie deur konferensies en werkswinkels aan te bied.

RAMAPHOSA opt

Die afgelope week se verwikkelinge oor grond en onteiening sonder vergoeding (OSV) was ten minste interessant. Eerstens was daar die “toenadering” tussen die ANC en die Suid-Afrikaanse landbou (Agri SA en Agbiz), en toe het ons President Ramaphosa vrae in die Parlement oor die onderwerp hoor beantwoord. In vergelyking met verlede week, kan sommige boere en sakelui baie gemakliker asemhaal vandag. Van “ons sal die grond wat van ons mense gesteel is, aan hulle terug gee, sonder vergoeding aan die diewe” 'n paar maande gelede, tot “ons sal nooit produktiewe landbougrond onteien nie” verlede week, is 'n groot sprong. 'n Mens kan jou indink dat die EVV en die Zumaniete in die ANC effens bekommerd is oor hierdie vernadering in die boodskap. Is dit 'n ommekeer oor grond en OSV, of bloot 'n verdraaiing?

FW and Buthelezi opt

Die FW de Klerk Stigting wil Prins Mangosuthu Buthelezi graag gelukwens met sy 90ste verjaarsdag vandag. Hy is een van die langsdienende lede van die Parlement en is een van die mees beginselvaste politici wat ons land die afgelope 40 jaar gehad het. Sy toewyding tot sy mense, sy party en Suid-Afrika is goed bekend. Voormalige President De Klerk het Prins Buthelezi spesifiek bedank en het sy hoogste waardering uitgespreek vir die konstruktiewe verhouding wat hulle nog altyd gehad het. Dit, selfs gedurende die moeilikste tye tydens die oorgang na demokrasie, meer as 20 jaar gelede. Die Stigting wens PrinsButhelezi goeie gesondheid en geluk toe vir die jare wat nog kom.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
27 Augustus 2018 

eiendom artikel 25

Nou dat ons weet dat die ANC ‘n wysiging van artikel 25 sal steun om onteiening sonder vergoeding (OSV) moontlik te maak, is die vraag watter moontlike veranderings voorgestel kan word. Daar is sienings dat die ANC en die EFF saam ‘n gemaklike twee-derdes meerderheid sal kry om artikel 25 te verander “soos wat hulle wil”. Daar is ander wat glo dat enige verandering van artikel 25 nie net ‘n twee-derde meerderheid sal benodig nie, maar dat eiendomsreg so fundamenteel is dat enige verandering daaraan ‘n 75% meerderheid nodig sal hê. Waar lê die waarheid?

npa logo

Die FW de Klerk Stigting verwelkom vandag se meerderheidsbeslissing van die Konstitusionele Hof betreffende die posisie van die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV). Dit is 'n verdere bewys van volgehoue pogings deur die burgerlike samelewing om nakoming van die Oppergesag van die Reg te verseker, gegewe dat dit aansoek voor die hof deur Corruption Watch, Freedom Under Law (FUL) en CASAC ingedien is. Die uitspraak, vyf maande na die aangeleentheid in die hof aangehoor is, bring uitsluitsel oor die vraag oor of Shaun Abrahams sy amp regmatig beklee, gegewe die onregmatige afdanking van sy voorganger, Mxolisi Nxasana. 

Die sterk bewoorde uitspraak, waarin aangevoer word dat voormalige President Jacob Zuma sy mag misbruik het betreffende die onregmatige afdanking van Nxasana, dui moontlik op die Regbank se wanhoop. Weereens is die howe forseer om in te gryp by 'n aangeleentheid wat die misbruik van mag en politieke inmenging in staatsinstellings behels.

FARM SPADE opt

President Ramaphosa se laatnag verklaring op 31 Julie is wyd gelees en goed bekend. Dit is gekritiseer, geprys en in detail bespreek. Die kwessie oor waarom die verklaring op daardie tydstip gelewer is, en of daar 'n goeie rede was om dit te doen, ten spyte van die parlementêre hersieningsproses wat tans aan die gang is, val binne die bestek van politieke kommentaar. As 'n Stigting met 'm missie om die Grondwet te beskerm en bevorder, moet ons hierdie voorneme aanvaar en wys op wat die gevolge kan en gaan wees. In die Stigting se verklaring van 1 Augustus het ons reeds kommentaar gelewer oor die onaanvaarbare prosedure wat die parlementêre proses en die onafhanklikheid van die SAUK ondermyn het. 

RAMAPHOSA opt

Die FW de Klerk Stigting neem met groot kommer kennis van die verklaring oor onteiening sonder vergoeding (OSV) deur President na afloop van die lekgotla van die NUK gisteraand. Daar is twee groot probleme met die verklaring, prosedureel en substantief.

As leier van 'n politieke party het hy die platform van die nasionale uitsaaier misbruik om 'n party-politieke stelling te maak, asof dit 'n aankondiging deur die President van die land was. Dit toon dieselfde gevaarlike botsing van party en staat soos ons tydens die Zuma-jare gesien het. Die verklaring loop ook die uitslag vooruit en maak 'n bespotting van die parlementêre proses wat aan die gang is, asof die ANC die enigste party in die Parlement is. Die toevallige verwysing na die “parlementêre proses” verberg nie die oënskynlike minagting wat die meerderheidsparty vir die Wetgewer en sy prosesse het nie. Daarbenewens het die aankondiging die openbare verhore wat moet plaasvind, ignoreer, wat dus openbare deelname in die wetgewende proses nutteloos laat. Dit beteken dat enige toekomstige wysigings oop is vir 'n regsuitdaging weens gebrek aan prosedurele billikheid.

GRACE MUGABE

Die FW de Klerk Stigting verwelkom gister se beslissing met betrekking tot voormalige Zimbabwiese presidentsvrou, dr Grace Mugabe, wat gister deur die Gautengse Hoë Hof gelewer is. Dit is kommerwekkend dat die uitspraak dit duidelik maak dat die regering van Suid-Afrika 'n gebrek aan gesag gehad het om immuniteit aan Mugabe te verleen of toe te staan, in 'n poging om haar teen die beskuldigings van oortredings te beskerm. Sodoende het die Suid-Afrikaanse regering versuim om sy eie burger te beskerm, en die Grondwet verder ondermyn deur immuniteit op onwettige wyse aan Mugabe toe te staan.

Soos met die geval van die Al Bashir-aangeleentheid, het die Suid-Afrikaanse regering gewys dat hy nie beskik oor die politieke wil om die Oppergesag van die Reg na te kom wanneer dit moeilike politieke vraagstukke moet aanpak nie. Hierdie versuim van die regering om aan die letter en gees van sy eie wette te voldoen, terwyl die behoorlike proses op siniese wyse omseil word, ondermyn Suid-Afrika se grondliggende waardes. Die Regbank vind homself in die posisie waar hy moes beslis oor 'n aangeleentheid waarin die Uitvoerende Gesag nie sy grondwetlike verpligtinge nagekom het nie.

Mandela Day

Op Mandeladag 2018 sal Suid-Afrikaners regoor die wêreld, wie voormalige President Mandela se visie deel om ‘n verskil aan die lewens van ander te maak, hul tyd toewy aan verskeie aktiwiteite en projekte om die wêreld ‘n beter plek te maak. 

In die woorde van voormalige President Mandela, “Ons moet die waardigheid van die mense van Afrika en die ontwikkelende wêreld herstel en herbevestig. Die uitwissing van armoede moet een van die wêreld se belangrikste prioriteite wees. Ons moet met nuwe oortuiging weet dat ons almal 'n gemeenskaplike mensdom deel en dat ons diversiteit in die wêreld die krag vir ons toekoms is.

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Jongste Tweets

FWdeKlerkFoun Attending and participating in the 17th #NobelPeaceSummitYucatan This year 30 Laureates, Prize-awarded organization… https://t.co/1YVLNoIaIl
FWdeKlerkFoun RT @theCFCR: [READ] Latest from @theCFCR Manager, Ms Christine Botha, unpacks the State's promises to combat #GBV https://t.co/XmKZKl60r0 #…

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.