linked inyoutube

facebookicon-twitter-32x32

 

Jongste Nuus

Die FW de Klerk Stigting skryf gereeld artikels oor tersaaklike aangeleenthede, ondersteun taal- en kultuurregte en neem deel aan die nasionale debat oor rasse- en kultuuraangeleenthede. Die Stigting bevorder ook kommunikasie deur konferensies en werkswinkels aan te bied.

stellenbosch-universiteitDie voorgestelde koshuisplasingsbeleid van die Universiteit van Stellebosch opper vrae oor die toekoms van Afrikaans op Stellenbosch, asook die toekoms van Suid-Afrika as 'n veeltalige en multikulturele samelewing.

Volgens die voorstelle sou toegang tot koshuise gebaseer word op twee belangrike kenmerke: meriete en die behoefte om verskeidenheid op die kampus te bevorder.

bookDie FW de Klerk Stigting neem met kommer kennis dat regter Cynthia Pretorius - 'n onsuksesvolle kandidaat vir die pos van adjunk-regterpresident van die Noord-Gautengse Hoë Hof - aan die Regterlike Dienskommissie gesê het dat Afrikaans nie meer as hoftaal gebruik moet word nie.

Pretorius het gesê dat Engels die enigste hoftaal vir regspraktisyns moet wees. Sy het aan die kommissie - wat regterlike aanstellings aan President Jacob Zuma aanbeveel - gesê dat Afrikaans nie spesiale behandeling in die howe moet ontvang nie en as hoftaal vir mondelinge betoë laat vaar moet word. Sy deel blykbaar dié mening met die ander twee kandidate wat aansoek gedoen het vir die pos van adjunk-regterspresident. Pretorius het aangevoer dat Afrikaans ten gunste van Engels afgeskaf moet word omdat Engels die tweede taal is van meeste regterlike amptenare en ander regspraktisyns.

waterdrop Met Wêreldwaterdag 2013 om die draai, behoort ons dalk die groot waarde van hierdie helder, lewensonderhoudende stof, wat so dikwels as vanselfsprekend aanvaar word, in aanskou te neem.

Meer as 71% van die aarde se oppervlak word deur water bedek. 96.5% van ons planeet se watervoorraad kom in oseane voor terwyl 1.7% uit grondwater bestaan. Die gletsers en yskappe van Antarktika, Groenland en ander gebiede verteenwoordig ook 1.7% van die aarde se watervoorraad.

womanOp 8 Maart 2013 het ons Internasionale Vrouedag gedenk, en het ons ons waardering van en dankbaarheid teenoor vroue getoon, en ook hul ekonomiese, politiese en maatskaplike bydrae tot die samelewing erken.

Die moderne beeld van ’n vrou van die 21ste eeu word in Westerse tydskrifte uitgebeeld as grasieus met selfvertroue, welvaart, gesondheid en skoonheid. Tog - ten spyte van die vordering wat deur vroue op die gebied van menseregte, politieke deelname en bevryding, onderwys en inkomste gemaak is - moet baie van die byna 3.5 miljard vroue op ons planeet op ’n daaglikse basis kwessies soos diskriminasie, geweld en verdrukking die hoof bied.

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Jongste Tweets

FWdeKlerkFoun Attending and participating in the 17th #NobelPeaceSummitYucatan This year 30 Laureates, Prize-awarded organization… https://t.co/1YVLNoIaIl
FWdeKlerkFoun RT @theCFCR: [READ] Latest from @theCFCR Manager, Ms Christine Botha, unpacks the State's promises to combat #GBV https://t.co/XmKZKl60r0 #…

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.