linked inyoutube

facebookicon-twitter-32x32

 

ARTIKEL: DIE SAMRK SE JONGSTE BEVINDINGE OOR JULIUS MALEMA

SAHRC logo opt

Dit is met die grootste kommer dat die FW de Klerk Stigting kennis neem van die bevindinge van die SA Menseregtekommissie (SAMRK) op 8 Maart 2019, waarin hy die Stigting se klagte van November 2016 van die hand wys. Die Stigting het 'n klag teen Malema ingedien betreffende 'n verklaring wat hy buite die landdroshof in Newcastle Magistrate Court gemaak het, waarin hy, inter alia, gesê het dat “…White people found peaceful Africans here. They killed them. They slaughtered them like animals. We are not calling for the slaughtering of white people, at least for now. What we are calling for is the peaceful occupation of land and we don’t owe anyone an apology for that.”

Die SAMRK het bevind dat dit nie haatspraak uitmaak nie. Volgens hulle hang 'n bepaling van haatspraak in hierdie geval af van of die byvoeging van 'ten minste vir nou' by mnr Malema se verklaring dat hy “nie 'n beroep om die moord op wit mense doen nie” af of dit neerkom op 'n duidelike bedoeling om op een of ander onbepaalde tydstip leed aan te doen. Sodanige aanhitsing is nie 'op hande' soos volgens die taal van artikel 16(2)(c) van die Grondwet nie, en is nie ten tyde van die uitlatings in die vooruitsig gestel nie.

Die SAMRK het die werklik angswekkende insinuasie dat Malema om die slagting van wit mense op 'n latere stadium 'n beroep kan doen, eenkant toe gevee. Sy hoogs bevoordeelde weergawe van die geskiedenis dat “wit mense” vredeliewende Afrikane “soos diere” geslag het, het duidelik ten doel gehad om rassehaat aan te hits. Hy het self erken dat sy woorde neerkom op die aanhitsing om leed aan te doen. Dink die SAMRK werklik dat die onwettige besetting van die grond van wit boere behaal kan word sonder hom hulle leed aan te doen? 

Die idee dat die leier van 'n groot politieke party in 'n veelrassige land kan sê dat hy 'ten minste vir nou' nie 'n beroep doen om die slagting van 'n ander etniese groep nie, kom nie net neer op haatspraak nie, maar grens aan die beroep om volksmoord een of ander tyd in die toekoms.  

Die definisie van volksmoord in die Verenigde Nasies se Convention on the Prevention and Punishment of the Crime of Genocide (1948), waarvan Suid-Afrika 'n party is, sluit in: “dade wat gepleeg is met die doel om 'n nasionale etniese rassegroep of godsdienstige groep ten volle of gedeeltelik te vernietig”.

Suid-Afrika is ook 'n party van die VN se Internasionale Konvensie oor die Uitwissing van Alle Vorms van Rassediskriminasie (1965), wat 'n beroep op alle ondertekende state doen om, onder andere:

(a) declare an offence punishable by law of all dissemination of ideas based on racial superiority or hatred; incitement to racial discrimination, as well as all acts of violence or incitement to such acts against any race or group of persons of another colour or ethnic origin and also the provision of any assistance to racial activities including the financing thereof;”

Ironies genoeg is die SAMRK die VN se Komitee oor die Uitwissing van Rassediskriminasie (CERD) se agent in Suid-Afrika, en het die taak om te verseker dat die bepalings van die konvensie in die Republiek nagekom word. Ten einde hierdie verantwoordelikheid uit te oefen, het CERD die SAMRK opdrag gegee om die volgende kriteria betreffende die oorweging van rassisme te oorweeg:

  • die konteks en vorm van spraak;
  • die ekonomiese, maatskaplike en politieke klimaat;
  • die posisie en status van die spreker;
  • die omvang van die spraak.

Mens kan skaars dink aan meer plofbare omstandighede as dié rondom Malema se verklaring in 2016. Dit is gemaak in die konteks van verhoogde rassespanning wat voortspruit uit die komplekse en moeilike vraag van grondhervorming en plaasmoorde; dit is gemaak aan betogende EFF-volgelinge buite die hof en het dekking gekry. Die spreker was die leier van die derde grootste politieke party in die land.

Dit was natuurlik nie die eerste keer dat klagtes teen Malema vir rassistiese uitsprake en optrede gemaak is nie. In September 2011 het regter Colin Lamont bevind dat die sing van die “skiet die boer” liedjie deur Malema haatspraak was. Hy het Malema en die ANC verbied om die liedjie in enige openbare of privaat vergadering te sing op wat deur hulle gehou word of deur hulle bedryf word.

Dit het nie President Jacob Zuma gekeer om die “Skiet die Boer”-liedjie op 8 Januarie 2012 by 'n ANC-byeenkoms te sing nie. Die President het enige twyfel uit die weggeruim oor of dit 'n struggle-lied was - of een vir die nuwe Suid-Afrika - want in sy weergawe sou die Kabinet die Boer skiet. Sy sing van die lied was die rede vir 'n klag wat by die SAMRK ingedien is - maar is, sover ons weet, onder die mat gevee. 

'n Belangrike punt in die SAMRK se bevinding was dat “wit mense, al is hulle 'n politieke minderheid, groter ekonomiese mag het”. 'n Mens kan natuurlik dieselfde sê van welvarende maar polities ontmagtigde minderhede in verskeie ander samewelings wat die slagoffers van vervolging geword het.

In sy Malema-uitspraak het Lamont J 'n belangrike punt in hierdie verband gemaak. Hy het dit gesê:

“Dit moet egter nie vergeet word dat minderheidsgroepe besonder kwesbaar is nie. Dit is juis die individue wat lede van sulke minderhede is wat kwesbaar is vir diskriminerende behandeling en wat in 'n baie spesiale sin moet kyk na die Handves van Regte vir beskerming. Die hof het 'n duidelike plig om by sulke geaffekteerde mense te kom help.”

“…Minorities have no legislative or executive powers and are compelled to approach the Court to protect their rights. They are particularly at risk due to the expense involved in such approaches…A Court which hears a matter must, while balancing the rights in question, take into account in the construction of what hate speech is the fact that it is directed at a minority.” 

Minderhede kan wel - in reaksie op die SAMRK se jongste bevinding - vra hoe hulle hul regte kragtens die Grondwet kan beskerm. Hulle kan natuurlik vra dat die SAMRK se beslissing deur die howe ter syde gestel word - maar soos Lamont J op wys is dit duur om die howe te nader.

Daar is egter 'n werklike vraag oor of die SAMRK toegelaat moet word om as CERD se agent in Suid-Afrika op te tree.

Wat ook verontrustend is is dat die SAMRK nie eens Malema se verklaring kritiseer het of 'n beroep op hom gedoen het om sy taal dop te hou nie. Bevindings soos hierdie sal ongetwyfeld sy rassistiese houding en ondermyning van grondwetlike beginsels versterk. Hy het ongetwyfeld besef dat daar geen gevolge vir sy onaanvaarbare uitlatings is nie. Die openbare druk neem egter toe in aanloop tot die verkiesing en sy opmerkings oor Karima Brown. Die vraag is hoe lank openbare liggame soosdie SAMRK weer en weer ander pad gaan kyk, en hoe lank hy toegelaat sal word om met sy optrede weg te kom?

Deur Dave Steward (FWDKF), Zohra Dawood (SED) en Theuns Eloff (FWDKF) 
13 Maart 2019

 

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Jongste Tweets

FWdeKlerkFoun [WATCH] Former President De Klerk participating in panel discussion on "The Power of Law vs The Law of Power"… https://t.co/GTdGSBZc6G
FWdeKlerkFoun Attending and participating in the 17th #NobelPeaceSummitYucatan This year 30 Laureates, Prize-awarded organization… https://t.co/1YVLNoIaIl

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.