linked inyoutube

facebookicon-twitter-32x32

 

VERKLARING DEUR DIE FW DE KLERK STIGTING BETREFFENDE DIE SAMRK SE JONGSTE HAATSPRAAK-BEVINDINGS

no hate opt

Die FW de Klerk Stigting is weereens baie bekommerd oor die bevindinge betreffende haatspraak wat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) gemaak het oor sekere stellings wat deur mnr Malema en ander lede van die EVV gemaak is. Dit sluit in die Stigting se aanvanklike klagte teen mnr Malema in November 2016, waarin hy verklaar het: “... Ons doen nie 'n beroep om die slagting van wit mense nie, ten minste nie vir nou nie.” Dit is op onverklaarbare wyse deur die SAMRK bevind om nie haatspraak te wees ingevolge artikel 10 van die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (die Gelykheidswet) nie. Die SAMRK het bevind dat geen van die ander klagtes haatspraak ingevolge die Gelykheidswet was nie.

Die Stigting stem nie saam nie. Na sy mening kom mnr Malema se verklaring neer op 'n duidelike skending van artikel 16(2)(c) van die Grondwet, wat “die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslag of godsdiens gebaseer is, verbied, en wat aansporing tot skade veroorsaak”. Dit skend ook artikel 10 van die Wet op Gelykheid wat taal verbied wat redelikerwys vertolk kan word asom ’n duidelike bedoeling te hê om (a) kwetsend te wees; (b) skadelik te wees of om skade aan te stig; (c) om haat te bevorder of te propageer.

Daarbenewens is die Stigting baie bekommerd dat die SAMRK-uitspraak nie behoorlik oorweging geskenk het aan die kriteria van haatspraak soos uiteengesit deur die Komitee oor die Uitwissing van Rassediskriminasie, wat toesig hou oor die inwerkingstelling van die International Convention on the Elimination of all Forms of Racial Discrimination. Dit sluit in:

  • die konteks en vorm van spraak;
  • die ekonomiese, maatskaplike en politieke klimaat;
  • die posisie en status van die spreker; en
  • die omvang van die toespraak. 

Die Stigting is bekommerd dat min oorweging klaarblyklik aan hierdie kriteria geskenk is: 

  • Die konteks en vorm van spraak kon kwalik meer uitlokkend gewees het. Die verklaring dat “...wit mense vreedsame Afrikane hier gekry het. Hulle het hulle doodgemaak. Hulle het hulle soos diere geslag...”kan, volgens enige redelike standaard, na verwagting haat aanhits - nou teen wit mense.  Dit is 'n duidelike en ondubbelsinnige dreigement dat op een of ander tyd in die toekoms, Malema 'n beroep om die slagting van wit mense kan doen. Dit strek verder as haatspraak en kom neer op 'n bedekte dreigement van volksmoord. 
  • Die ekonomiese, maatskaplike en politieke klimaat is uiters plofbaar. Malema se verklarings moet oorweeg word in die konteks van verhoogde politieke spanning en toenemende rassepolarisasie en teen die agtergrond van groot kommer oor plaasmoorde, verklarings deur politieke leiers dat “wit mense nie die regmatige eienaars van die grond is nie” en dreigemente dat eiendom sonder vergoeding onteien sal word. Malema het duidelik leed aangemoedig deur 'n beroep te doen om die onwettige besetting van wit plase - met al die potensiaal vir rassekonflik wat sodanige optrede kon veroorsaak.
  • Die spreker is die leier van die derde grootste politieke party in die land, met 'n lang rekord van verdelende retoriek op grond van ras - wat in 2011 reeds skuldig bevind is aan haatspraak.
  • Malema se verklaring is duidelik bedoel om wyd oorweeg te word. Die media en baie van sy ondersteuners was teenwoordig toe hy die verklaring gemaak het, wat byna dadelik regoor die land uitgesaai is.

Die SAMRK, as die bewaarder van menseregte (onder andere gelykheid) in Suid-Afrika, skep 'n gevaarlike en kommerwekkende voorbeeld wat in aanloop tot die verkiesing kan eskaleer. Ons merk 'n kommerwekkende neiging op in die SAMRK se bevindings, in die ontluiking van relatiwiteit betreffende die bepaling van wat haatspraak vir wie is. Dit blyk dat 'n persoon se veronderstelde rasse-assosiasie met vorige bevoorregting of onderdrukking 'n bepaler van huidige regte is, insluitend die reg om stellings te maak wat as haatspraak vir sommige beskou kan word, maar nie vir ander nie. Dit word gedoen deur die sogenaamde “konteks” uit te brei wat ver buite sy internasionaal aanvaarbare omvang is. Die SAMRK noem hom ook die beskermer van maatskaplike samehorigheid in die land. Deur sulke bevindinge te maak, is dit eintlik die vernietiging van maatskaplike samehorigheid en ondermyn dit vertroue in die bereidwilligheid om die menseregte van alle Suid-Afrikaners ewe te beskerm. Ten slotte is die Stigting van mening dat die SAMRK moet bedank as die Suid-Afrikaanse agent van die Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie, aangesien dit duidelik nie die Komitee se haatspraakkriteria toepas nie.

In 'n jong demokrasie soos Suid-Afrika moet vryheid van uitdrukking streng verdedig word, maar haatspraak kragtens die Grondwet - en die CERD - het die verwoestende potensiaal om alle pogings tot versoening en maatskaplike samehorigheid te vernietig. Haatspraak moet vinnig, ferm en onpartydig teengewerk word - of dit nou afkomstig van swart of van wit Suid-Afrikaners is - deur die SAMRK, die instelling wat die Grondwet daargestel het om die menseregte van alle Suid-Afrikaners te beskerm. 

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
29 Maart 2019

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Jongste Tweets

FWdeKlerkFoun [WATCH] Former President De Klerk participating in panel discussion on "The Power of Law vs The Law of Power"… https://t.co/GTdGSBZc6G
FWdeKlerkFoun Attending and participating in the 17th #NobelPeaceSummitYucatan This year 30 Laureates, Prize-awarded organization… https://t.co/1YVLNoIaIl

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.