linked inyoutube

facebookicon-twitter-32x32

 

VERKLARING OOR AANVAARDING VAN BEDANKING VAN MNR NENE EN AANSTELLING VAN MNR MBOWENI

RAMAPHOSA opt

Die FW de Klerk Stigting verwelkom die feit dat President Ramaphosa, in belang van goeie regeringsbestuur, die bedanking van mnr Nhlanhla Nene as Minister van Finansies aanvaar het. Soos genoem in 'n SGR-artikel wat gister verskyn het, was dit die regte ding van mnr Nene om sy bedanking in te dien, en dit was die regte besluit van die President om dit te aanvaar. Dit bied aan die land 'n rare geval van verantwoordbaarheid en etiese optrede op senior regeringsvlak, veral wat die afgelope paar jaar betref. Te dikwels, soos in die geval van SASSA en Life Esidimeni, het politici en senior amptenare hul verantwoordelikhede ontduik en aanspreeklikheid ontken - en sodoende oneties opgetree.

Die Stigting verwelkom ook die aanstelling van mnr Mboweni as nuwe Minister van Finansies. Sy reputasie in die finansiële wêreld is goed, en sy vermoëns is bekend. Ons wens hom voorspoed toe met die groot taak om die staat se finansies te stabiliseer en die wonde van staatskaaping op die ekonomie, te genees.

Die Nene-geval laat die land met die vraag: moet die President wag vir sekere ander Ministers wat by die Gupta-saga of ander twyfelagtige transaksies betrek word, om hul bedankings in te dien? Of moet hy, in die belang van goeie regeringsbestuur, hulle vra om te bedank of hulle vervang? Anders as mnr Nene, is negatiewe uitsprake oor sommiges gemaak deur die howe en kommissies van ondersoek, en selfs as leuenaars bestempel. Hul optrede was meer as oneties. Met die aanvaarding van mnr Nene se bedanking het President Ramaphosa inderdaad 'n lyn getrek wat goeie regeringsbestuur en etiese optrede betref. En in plaas daarvan om lagwekkende redes aan te voer vir ontmoetings met die Guptas, soos 'n “professionele verhouding met 'n belanghebbende” (inderdaad!) of om Gupta-geborgde geleenthede by te woon om maatskaplike samehorigheidsredes, moet hierdie Ministers ook die regte en etiese ding doen: hul bedankings indien. En indien hulle dit nie doen nie, moet die President die gepaste stappe teen hulle doen.

Deur Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting
10 Oktober 2018

                                                                                

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Jongste Tweets

FWdeKlerkFoun [WATCH] Former President De Klerk participating in panel discussion on "The Power of Law vs The Law of Power"… https://t.co/GTdGSBZc6G
FWdeKlerkFoun Attending and participating in the 17th #NobelPeaceSummitYucatan This year 30 Laureates, Prize-awarded organization… https://t.co/1YVLNoIaIl

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.