linked inyoutube

facebookicon-twitter-32x32

 

VERKLARING: DIE AFSTERWE VAN PROFESSOR MARINUS WIECHERS

Marinus Wiechers

Die FW de Klerk Stigting neem met hartseer kennis van die afsterwe van professor Marinus Wiechers, 'n lid van die raadgewende paneel van die Stigting se Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR). Ons vier egter ook die lewe en beduidende prestasies van Marinus Wiechers.

Professor Wiechers was een van Suid-Afrika se voorste kundiges oor die Grondwet. Hy het 'n belangrike rol gespeel in die opstel van beide die Namibiese en die Suid-Afrikaanse grondwette. Hy was 'n groot akademikus, met talle navorsingsuitsette en boeke van internasionale gehalte. As Visekanselier van UNISA het hy 'n belangrike rol gespeel in die leiding van die grootste Suid-Afrikaanse universiteit in 'n nuwe era.

Professor Wiechers sal deur ons en die nasie onthou word vir sy intellek, sy genuanseerde begrip van die Suid-Afrikaanse landskap en sy onverbiddelike toewyding aan ons grondwetlike demokrasie. Hy het 'n waardevolle rol gespeel as 'n adviseur van die SGR. Sy heengaan laat 'n gaping onder beginselvaste konstitusionele demokrate wat werk om te verseker dat die grondwetlike grondslag van maatskaplike geregtigheid 'n realiteit vir alle Suid-Afrikaners word.

Ons groet 'n groot Suid-Afrikaner en eer sy erfenis.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
2 September 2018

Foto: Afrikaans.com

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Jongste Tweets

FWdeKlerkFoun [WATCH] Former President De Klerk participating in panel discussion on "The Power of Law vs The Law of Power"… https://t.co/GTdGSBZc6G
FWdeKlerkFoun Attending and participating in the 17th #NobelPeaceSummitYucatan This year 30 Laureates, Prize-awarded organization… https://t.co/1YVLNoIaIl

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.