VERKLARING: AANSTELLING VAN ADV JACQUES DU PREEZ AS HUB

fwdk logo no text

VERKLARING: AANSTELLING VAN ADV JACQUES DU PREEZ AS HUB

Die Raad van Trustees van die FW de Klerk Stigting kondig graag die aanstelling aan van adv Jacques du Preez as die Stigting se nuwe Hoof Uitvoerende Beampte, met ingang van 1 September 2020. Adv Du Preez volg dr Dayne Morkel op - wat die Stigting in Maart verlaat het vir loopbaangeleenthede in die Verenigde State.

Adv Du Preez (39) het sy onderrig ontvang aan die Hoërskool Centurion en het 'n LLB-graad aan die Universiteit van Pretoria behaal en 'n meestersgraad (LLM) in Openbare Reg aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy het praktiseer as advokaat en lid van die Kaapse Balieraad van Junie 2007 tot Mei 2011, toe hy by die Stigting se Sentrum vir Grondwetlike Regte aangesluit het as Bedryfsbeampte.

Gedurende die daaropvolgende drie jaar het hy 'n waardevolle bydrae gelewer tot die SGR se aktiwiteite - veral wat betref die monitering van, verslagdoening oor en voorspraak vir menseregte en die voorbereiding van voorleggings aan die Parlement en menseregte-liggame oor konsepwetgewing en die skending van menseregte.

Hy het weer as advokaat van die Hoë Hof praktiseer tussen Junie 2014 en Mei 2018, waarna hy 'n aanstelling in Switserland aanvaar het as Direkteur van Regsopleiding by International Bridges to Justice - 'n internasionale NRO in Geneva. In hierdie amp lei en fasiliteer hy opleidingsinisiatiewe en -werkswinkels betreffende internasionale strafreg, die oppergesag van die reg en verhore, en werk saam met verskillende belanghebbendes in justisie in 'n aantal lande - waaronder Rwanda, Sri Lanka, Hong Kong en Sirië.

Die raad is verheug dat adv Du Preez - verryk met waardevolle ervaring by die Kaapse Balieraad en internasionale menseregte - terugkeer na die Stigting as sy nuwe HUB. Hy is goed vertroud met die Stigting se aktiwiteite en sien uit daarna om die Stigting te lei en sy werk voort te sit om die Grondwet te handhaaf; om eenheid in diversiteit te bevorder, en om die nalatenskap van Suid-Afrika se historiese oorgang na grondwetlike demokrasie te bewaar.

Adv Du Preez is getroud met Barbara. Hulle het twee kinders, Kayleigh and Luc.

 

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting

1 September 2020

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.