The Quantum Leap – FW de Klerk se toespraak aan die Parlement op 2 Februarie 1990
Op 2 Februarie 1990 het president FW de Klerk ‘n toespraak gelewer gedurende die opening van die 1990 sitting van die Suid-Afrikaanse Parlement.
Hy het verreikende hervormings aangekondig wat die begin was van die onderhandelde oorgang vanaf apartheid na grondwetlike demokrasie. Die hervormings het ingelsuit die ontbanning van die Afrika Nasionale Kongres (ANC), die Pan-Afrikanistiese Kongres (PAC), die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en ander teen-apartheid organisasies, die vrylating van politieke gevangenes -insluitende Nelson Mandela- asook die einde van die noodtoestand en ‘n moratorium op die doodsvonnis.
FW de Klerk se optrede en toespraak was die amptelike einde vir die beleid van segregasie en die amptelike begin van die onderhandelinge wat gelei het na ‘n grondwetlike demokrasie met gelyke regte vir alle Suid-Afrikaners.