{"id":969,"date":"2015-09-29T11:05:00","date_gmt":"2015-09-29T09:05:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/"},"modified":"2021-07-20T22:07:15","modified_gmt":"2021-07-20T20:07:15","slug":"artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: ANC SE HOOFRAADSVERGADERING-DOKUMENTE EN BUITELANDSE BELEID: SUID-AFRIKA SE NUWE ANTI-WESTERSE BUITELANDSE BELEID"},"content":{"rendered":"<p>Die dokumente van die Hoofraadsvergadering is geen ligte leesstof nie. Dit bestaan uit meer as 200 bladsye en raak feitlik elke aspek van beleidvorming aan. Die dokumente van die Hoofraadsvergadering is hoofsaaklik heel prakties &#8211; en vermy wilde ideologiese voorskrifte &#8211; alhoewel daar voorspelbare verwysings na die radikale inwerkingstelling van die tweede fase van die Nasionale Demokratiese Revolusie is &#8211; en vereistes vir fundamentele veranderinge aan landelike grondeienaarskap.<\/p>\n<p>Die uitsondering is die hoofstuk oor buitelandse verhoudings.<\/p>\n<p>Die aard van die probleem word van die begin af uitgewys deur die ANC se karaktarisering van homself as \u201c\u2019n revolusion\u00eare nasionale bevrydingsbeweging wat \u2018n integrale rol speel in die internasionale bevrydingsbeweging om die mensdom van die slawerny van imperialisme en neo-kolonialisme te bevry.\u201d<\/p>\n<p>Waarom beskou die ANC homself steeds as \u2018n \u201cnasionale bevrydingsbeweging\u201d &#8211; terwyl dit reeds vir 20 jaar die gekose regering van \u2018n grondwetlike demokrasie is? Wat is die \u201cinternasionale bevrydingsbeweging\u201d? Wat op aarde is die \u201cslawerny van imperialisme en neo-kolonialisme\u201d in \u2018n w\u00eareld waarin die laaste ryke en kolonies 40 jaar gelede verdwyn het? Hallo &#8211; dit is 2015 &#8211; nie 1848 of 1917 nie.<\/p>\n<p>Volgens die Hoofraadsvergadering se dokumente het \u201cimperialisme die mensdom in \u2018n sosio-ekonomiese krisis gedompel. Die ho\u00eb vlakke van armoede, ongelykheid, werkloosheid, siekte en onderontwikkeling bevestig die siening wat ons lank reeds het dat die kapitalistiese markekonomie nie sy eie teenstrydighede kan oplos nie\u201d.<\/p>\n<p>Soos die skrywers van die Nasionale Hoofraadsvergadering opgelet het, was dit kommunisme &#8211; en nie die \u201ckapitalistiese markekonomie\u201d nie &#8211; wat \u2018n fatale krises ervaar het. Almal behalwe Noord-Korea, Kuba en die SAKP het nou van die stelsel afstand gedoen. Om die waarheid te s\u00ea, die 70 jaar sedert die einde van die Tweede W\u00eareldoorlog, wat hoofsaaklik oorheers is deur waarna die ANC verwys as die kapitalistiese markekonomie, het meer vordering ervaar as enige ander tydperk in die geskiedenis van die mensdom: meer mense ervaar nou vryheid as enige ander tyd in die mens se geskiedenis; sedert 1950 het die internasionale lewensverwagting gestyg van 47 tot 70 jaar &#8211; en baba- en moedersterftes het gehalfveer; ook, die persentasie van die w\u00eareld se bevolking wat in absolute armoede lewe (op minder as US$1.25 per dag), het van 40% in 1980 tot slegs 14% in 2013 gedaal.<\/p>\n<p>Die dokumente van die Hoofraadsvergadering is openlik vyandig teenoor die Weste en veral teenoor die Verenigde State. Hulle voer aan dat die VS \u2018n koue oorlog teen China en Rusland verklaar het. Dit poog om China te destabiliseer deur die land uit te beeld as die w\u00eareld se ergste besoedelaar; deur diegene wat teen revolusie gekant is as menseregte-aktiviste te steun; en deur te poog om vyandigheid in Oos-Asi\u00eb betreffende Chinese territoriale eise in die Chinese See aan te hits.<\/p>\n<p>Die Verenigde State poog ook om die Russiese regering te destabiliseer deur betogings en optogte wat teen revolusie gekant is, te organiseer. \u201cDie oorlog in die Oekra\u00efne gaan nie oor die Oekra\u00efne nie. Dit het ten doel om Rusland te teiken.\u201d<\/p>\n<p>Die ANC beweer voorts dat \u201cdie destabilisering wat deur Washington geborg is, nie tot Rusland en China beperk is nie. Ons sien dit in die strate van Latyns-Amerika; met inbegrip van Venezuela, wat vreemd genoeg deur die VS verklaar is as \u2018n bedreiging vir sy nasionale veiligheid; in die Midde-Ooste en in Afrika-lande met die enigste doelwit om progressiewe, demokraties verkose regerings omver te werp.\u201d<\/p>\n<p>Die ANC verheerlik Kuba &#8211; wat volgens Freedom House een van die lande in die w\u00eareld is wat die minste vry is: \u201cOns sal altyd ge\u00efnspireer wees deur die rol van Kuba in die stryd om internasionalisme en solidariteit. Sy rol in die stryd om die bevryding van die Afrika-vasteland teen imperialisme en kolonialisme sal altyd gekoester word.\u201d<\/p>\n<p>Dit is heeltemal gepas vir Suid-Afrika om positiewe verhoudings met China en Rusland te bou as voorste vennote in BRICS &#8211; sonder om hul politiese stelsels goed te keur. Dit is egter onverstandig en onnodig om s\u00f3 \u2018n openlik vyandige houding teenoor die Weste in te neem &#8211; en veral teen die Verenigde Nasies.<\/p>\n<p>Waar kom dit alles vandaan?<\/p>\n<p>In alle waarskynlikheid het Suid-Afrika se nuwe internasionale ingesteldheid sy oorsprong in die toenemende invloed van die SAKP in die rigting van die Nasionale Demokratiese Revolusie en in ANC-beleid oor die algemeen. Die Hoofraadsvergadering se dokumente word gelei deur die SAKP se <em>Going to the Root<\/em>-dokument vroe\u00ebr vanjaar en deur die menings wat onlangs tydens sy Derde Spesiale Kongres uitgedruk is, waarin dit \u2018n beroep doen om die \u201cgedeeltelike ontkoppeling van die Westerse imperialistiese ekonomiese sentrums\u201d ten einde \u201cwesenlike moontlikhede vir radikale ekonomiese transformasie in ons land te skep\u201d.<\/p>\n<p>Die ANC wil duidelik Suid-Afrika se buitelandse beleid in \u2018n nuwe en radikale rigting neem.<\/p>\n<p>Voordat dit hierdie rigting inslaan, moet dit oorweging skenk aan die feit dat \u2018imperialiste\u2019 die grootste beleggers in ons ekonomie is &#8211; met meer as 2\u00a0000 Europese maatskappy wat hier in bedryf is. Wil hulle hul regtig vervreem?<\/p>\n<p>Ten spyte van die toenemende belangrikheid van Suid-Afrika se handel met China, is ons handel met die EU en die VS baie groter. Wil die ANC regtig hierdie handel in gevaar stel &#8211; veral wanneer daar absoluut geen rede is om tussen handel met China en die Weste te kies nie?<\/p>\n<p>Laastens is die Grondwet &#8211; en nie die ANC se Nasionale Demokratiese Revolusie nie &#8211; oppermagtig. Buitelandse beleid behoort die waardes in die Grondwet te weerspie\u00ebl &#8211; en nie di\u00e9 van die jargon van Marxisme-Leninisme, wat verkeerd bewys is nie. Ons moet ons nasionale belange in ons verhoudings met al die nasies van die w\u00eareld nastreef &#8211; maar ons moet vriende maak met lande wat saam met ons toegewyd is tot werklike demokrasie en vryheid.<\/p>\n<p><em>Deur Dave Steward, Uitvoerende Direkteur van die FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"color: #000000; font-size: 8pt;\">Foto:\u00a0<a style=\"color: #000000;\" href=\"https:\/\/www.flickr.com\/photos\/governmentza\/8360043959\/\">GovernmentZA<\/a>\u00a0\/\u00a0<a style=\"color: #000000;\" href=\"http:\/\/foter.com\/\">Foter<\/a>\u00a0\/\u00a0<a style=\"color: #000000;\" href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by-nd\/2.0\/\">CC BY-ND<\/a><\/span><em><br \/>\n<\/em><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/'>ANC SE HOOFRAADSVERGADERING-DOKUMENTE EN BUITELANDSE BELEID: SUID-AFRIKA SE NUWE ANTI-WESTERSE BUITELANDSE BELEID<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 71.44K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/?wpdmdl=4448&refresh=6ae6f3fd99e891793520637\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-930\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/world_leaders.jpg\" alt=\"world leaders\" width=\"150\" height=\"113\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" \/>Die ANC moet geluk gewens word met die sorg waarmee hulle hul lede voorberei vir belangrike beleidsbesprekings soos di&eacute; wat binnekort tydens sy Nasionale Hoofraadsvergadering van 2015 sal plaasvind. Die Hoofraadsvergadering is die belangrikste ANC-vergadering tussen Nasionale Konferensies. Dit bied die organisasie die geleentheid om die vordering te oorweeg wat sedert die vorige Nasionale Konferensie gemaak is betreffende die inwerkingstelling van beleide en om voorstelle vir nuwe beleide by die volgende Nasionale Konferensie te ontwikkel &#8211; wat teen die einde van 2017 sal plaasvind.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":930,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-969","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: ANC SE HOOFRAADSVERGADERING-DOKUMENTE EN BUITELANDSE BELEID: SUID-AFRIKA SE NUWE ANTI-WESTERSE BUITELANDSE BELEID - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: ANC SE HOOFRAADSVERGADERING-DOKUMENTE EN BUITELANDSE BELEID: SUID-AFRIKA SE NUWE ANTI-WESTERSE BUITELANDSE BELEID - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die ANC moet geluk gewens word met die sorg waarmee hulle hul lede voorberei vir belangrike beleidsbesprekings soos di&eacute; wat binnekort tydens sy Nasionale Hoofraadsvergadering van 2015 sal plaasvind. Die Hoofraadsvergadering is die belangrikste ANC-vergadering tussen Nasionale Konferensies. Dit bied die organisasie die geleentheid om die vordering te oorweeg wat sedert die vorige Nasionale Konferensie gemaak is betreffende die inwerkingstelling van beleide en om voorstelle vir nuwe beleide by die volgende Nasionale Konferensie te ontwikkel - wat teen die einde van 2017 sal plaasvind.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-09-29T09:05:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T20:07:15+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/world_leaders.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"240\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"180\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: ANC SE HOOFRAADSVERGADERING-DOKUMENTE EN BUITELANDSE BELEID: SUID-AFRIKA SE NUWE ANTI-WESTERSE BUITELANDSE BELEID\",\"datePublished\":\"2015-09-29T09:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:07:15+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/\"},\"wordCount\":973,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/world_leaders.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/\",\"name\":\"ARTIKEL: ANC SE HOOFRAADSVERGADERING-DOKUMENTE EN BUITELANDSE BELEID: SUID-AFRIKA SE NUWE ANTI-WESTERSE BUITELANDSE BELEID - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/world_leaders.jpg\",\"datePublished\":\"2015-09-29T09:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:07:15+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/world_leaders.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/world_leaders.jpg\",\"width\":240,\"height\":180,\"caption\":\"world leaders\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: ANC SE HOOFRAADSVERGADERING-DOKUMENTE EN BUITELANDSE BELEID: SUID-AFRIKA SE NUWE ANTI-WESTERSE BUITELANDSE BELEID\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: ANC SE HOOFRAADSVERGADERING-DOKUMENTE EN BUITELANDSE BELEID: SUID-AFRIKA SE NUWE ANTI-WESTERSE BUITELANDSE BELEID - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: ANC SE HOOFRAADSVERGADERING-DOKUMENTE EN BUITELANDSE BELEID: SUID-AFRIKA SE NUWE ANTI-WESTERSE BUITELANDSE BELEID - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die ANC moet geluk gewens word met die sorg waarmee hulle hul lede voorberei vir belangrike beleidsbesprekings soos di&eacute; wat binnekort tydens sy Nasionale Hoofraadsvergadering van 2015 sal plaasvind. Die Hoofraadsvergadering is die belangrikste ANC-vergadering tussen Nasionale Konferensies. Dit bied die organisasie die geleentheid om die vordering te oorweeg wat sedert die vorige Nasionale Konferensie gemaak is betreffende die inwerkingstelling van beleide en om voorstelle vir nuwe beleide by die volgende Nasionale Konferensie te ontwikkel - wat teen die einde van 2017 sal plaasvind.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2015-09-29T09:05:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T20:07:15+00:00","og_image":[{"width":240,"height":180,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/world_leaders.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: ANC SE HOOFRAADSVERGADERING-DOKUMENTE EN BUITELANDSE BELEID: SUID-AFRIKA SE NUWE ANTI-WESTERSE BUITELANDSE BELEID","datePublished":"2015-09-29T09:05:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:07:15+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/"},"wordCount":973,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/world_leaders.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/","name":"ARTIKEL: ANC SE HOOFRAADSVERGADERING-DOKUMENTE EN BUITELANDSE BELEID: SUID-AFRIKA SE NUWE ANTI-WESTERSE BUITELANDSE BELEID - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/world_leaders.jpg","datePublished":"2015-09-29T09:05:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:07:15+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/world_leaders.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/world_leaders.jpg","width":240,"height":180,"caption":"world leaders"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anc-se-hoofraadsvergadering-dokumente-en-buitelandse-beleid-suid-afrika-se-nuwe-anti-westerse-buitelandse-beleid\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: ANC SE HOOFRAADSVERGADERING-DOKUMENTE EN BUITELANDSE BELEID: SUID-AFRIKA SE NUWE ANTI-WESTERSE BUITELANDSE BELEID"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/969","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=969"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/969\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8099,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/969\/revisions\/8099"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/930"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=969"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=969"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=969"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}