{"id":948,"date":"2014-01-31T15:00:00","date_gmt":"2014-01-31T13:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/"},"modified":"2021-07-21T09:49:25","modified_gmt":"2021-07-21T07:49:25","slug":"toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/","title":{"rendered":"TOESPRAAK: DIE NUWE SUID-AFRIKA OP 20 &#8211; DIE BEHOEFTE AAN WERKLIKE TRANSFORMASIE"},"content":{"rendered":"<p>Ons stem saam met die Nasionale Ontwikkelingsplan se identifisering van die grootste uitdagings vir\u00a0 transformasie:<\/p>\n<ul>\n<li>Eerstens, die daarstelling van behoorlike onderwys vir al ons mense;<\/li>\n<li>Tweedens, die drastiese vermindering van die huidige onvolhoubare vlakke van werkloosheid; en<\/li>\n<li>laastens, die wyse waarop ons ons ekonomie kan transformeer om te verseker dat vinnige en volhoubare ekonomiese groei welvaart vir al ons mense sal bring.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Ons het ook \u2019n senior verteenwoordiger van die ANC genooi om ons toe te spreek oor die ANC se visie van transformasie want ons glo dat dit uiters belangrik is vir ons besprekings vandag. Hy was egter nie in staat om ons uitnodiging te aanvaar nie.<\/p>\n<p>Omdat dit so belangrik is vir die debat wil ek graag met u ons vertolking van die ANC se standpunt oor transformasie deel. Ek beklemtoon egter dat dit nie ons eie weergawe is nie maar dat dit gegrond is op \u2019n regverdige ontleding van die ANC se dokumente oor strategie en taktiek.<\/p>\n<p>Die ANC sien homself nie as \u2019n gewone politieke party nie, maar as \u2019n nasionale bevrydingsbeweging met \u2019n onafgehandelde revolusion\u00eare mandaat. Hy sien &#8220;die voortgesette nalatenskap van kolonialisme en die wit minderheidsregering&#8221; as die &#8220;kenmerkende werklikheid van ons samelewing&#8221;.<\/p>\n<p>Volgens die ANC het hierdie nalatenskap steeds \u2019n uitwerking op die &#8220;wyse waarop swart mense oor die algemeen en Afrikane in die besonder op verskillende maniere deur alles geraak word, van werkloosheid, tot geletterdheid en vlakke van lewensverwagting&#8221;. Gevolglik fokus die ANC op die &#8220;ambisies en transformasie-doelwitte van hierdie histories onderdrukte meerderheid&#8221;.<\/p>\n<p>Anders as sy vennote tydens die onderhandelings het die ANC nie die onderhandelings as \u2019n manier beskou waarop finale, nasionale grondwetlike ooreenstemming bereik kon word nie. Hy het dit eerder gesien as \u2019n lanseerplatform wat hom in staat sou stel om die magsbalans verder in sy guns te swaai. In die proses het die ANC erken dat hy destyds, tydelik sy toevlug tot grondwetlike kompromie\u00eb moes neem vanwe\u00eb die magsbalans wat op daardie stadium geheers het.<\/p>\n<p>Die ANC se eerste prioriteit n\u00e1 1994 was om die magsbalans in sy guns te swaai deur beheer te neem oor die hefbome van staatsmag. Sy teikens, in sy eie woorde, was die &#8220;wetgewers, die uitvoerende gesag, die staatsdiens, die veiligheidsmagte, die regbank, semi-staatsinstellings, die openbare uitsaaier, ensovoorts&#8221;. Hy het beheer oor hierdie instellings verkry deur ANC-kaders in belangrike posisies te ontplooi.<\/p>\n<p>Die belangrikste doelwit van die ANC se Nasionale Demokratiese Revolusie &#8211; selfs n\u00e1 1994 &#8211; is steeds om enige maatskaplike en ekonomiese bande met apartheid af te breek. D\u00edt sal verwesenlik word deur &#8220;eienaarskap en beheer van rykdom, met inbegrip van grond, en billikheid en regstellende aksie ten opsigte van die daarstelling van vaardighede en toegang tot bestuursposisies, op \u2019n nie-rassige grondslag te plaas&#8221;.<\/p>\n<p>Die ANC se transformasieprogram sal uitloop op die daarstelling van \u2019n Nasionale Demokratiese Samelewing waarin:<\/p>\n<ul>\n<li>alle noemenswaardige hefbome van staatsmag deur &#8220;demokratiese kragte&#8221; beheer sal word;<\/li>\n<li>&#8220;eiendom verbintenisse wat met apartheid verband hou&#8221; uitgewis sal word; en waarin<\/li>\n<li>demografiese verteenwoordiging op alle vlakke van eienaarskap, bestuur en indiensneming in die openbare, privaat- en nie-regeringsektore van toepassing sal wees.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Terselfdertyd dring die ANC daarop aan dat hy homself verbind aan elke letter en gees van die Grondwet, met inbegrip van<\/p>\n<ul>\n<li>veelparty-demokrasie,<\/li>\n<li>skeiding van magte in \u2019n grondwetlike staat,<\/li>\n<li>fundamentele menseregte aan alle burgers,<\/li>\n<li>respek vir die regte van taal, godsdienstige en kulturele gemeenskappe, en<\/li>\n<li>maatskaplike gelykheid.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die ANC s\u00ea egter dat hierdie verbintenisse gesien moet word &#8220;in die konteks van die regstelling van\u00a0 historiese ongeregtighede van apartheid&#8221;, dit wil s\u00ea, binne die raamwerk van sy doelwit om \u2019n &#8220;Nasionale Demokratiese Samelewing&#8221; daar te stel.<\/p>\n<p>Dit is teen hierdie agtergrond wat die ANC se debat in 2012 oor die aanvang van die tweede oorgangsfase \u2019n spesiale betekenis aanneem.<\/p>\n<p>In sy slotopmerkings aan die ANC Beleidskonferensie in 2012 het President Zuma ge\u00efnsinueer dat die drievoudige krisis van werkloosheid, ongelykheid en armoede nie deur ANC-beleidsraamwerke veroorsaak is nie, maar deur wit mans en die voortgesette uitwerking van &#8220;apartheidskolonialisme&#8221;. Hy het gewaarsku dat tensy ons &#8220;ongelykheid, armoede en werkloosheid waarby ras en geslag \u2019n rol speel daadwerklik aanspreek, dit \u2019n bedreiging sal inhou vir ons gesamentlike demokratiese en grondwetlike suksesse&#8221;.<\/p>\n<p>Die President glo ook dat die balans van magte voldoende geskuif het &#8211; in Suid-Afrika en internasionaal &#8211; vir die ANC om af te sien van die kompromie\u00eb wat hy tydens die politieke oorgang aangegaan het.<\/p>\n<p>Die werklikheid is dat die ANC se benadering tot transformasie nou verskeie belangrike aspekte van ons regeringsbeleid en ons nasionale diskoers beheer. Dit vorm die kern van die debat oor grondhervorming, swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie.<\/p>\n<ul>\n<li>Die regering pas wiskundige demografiese verteenwoordiging regdeur die openbare sektor toe.<\/li>\n<li>Minister Rob Davies het dit duidelik gemaak dat die regering soortgelyke demografiese verteenwoordiging in die privaatsektor wil instel.<\/li>\n<li>Die nuwe wetsontwerp oor geslagsgelykheid wat nou voor die Parlement dien sal \u2019n kwota van 50% vroue regdeur die samelewing vereis, in die regering, in die privaatsektor, in nie-regeringsorganisasies en selfs in politieke partye.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die ANC se standpunte oor transformasie is egter glad nie so sleg indien dit vergelyk word met di\u00e9 van sy alliansie-vennote nie.<\/p>\n<p>COSATU en die SAKP beskou die ANC se doelwit van \u2019n nasionale demokratiese samelewing slegs as \u2019n tydelike halfwegpos op die pad na \u2019n volwaardige kommunistiese staat.<\/p>\n<p>Hoe sien die meeste nie-ANC-partye transformasie? Waarvoor het hulle gedink dat hulle hulself inlaat toe hulle die 1996-Grondwet aanvaar het? Ek wil graag met u my eie vertolking deel van wat die Grondwet oor transformasie s\u00ea.<\/p>\n<p>Alhoewel die woord &#8216;transformasie&#8217; nie in die Grondwet voorkom nie, bestaan daar geen twyfel dat dit \u2019n transformasionele dokument is nie. Dit is deurtrek van die vereiste om die samelewing van 1996 te neem na die beoogde visie daarvan in sy stigtingsvoorwaardes.<\/p>\n<p>Hierdie waardes sluit in<\/p>\n<ul>\n<li>menswaardigheid, gelykheid en die bevordering van menseregte en vryhede;<\/li>\n<li>nie-rassigheid en nie-seksisme;<\/li>\n<li>die oppergesag van die Grondwet en die heerskappy van die reg; en<\/li>\n<li>algemene stemreg, \u2019n nasionale gemeenskaplike kieserslys, gereelde verkiesings en \u2019n veelpartystelsel van demokratiese regering ten einde verantwoordingspligtigheid, &#8216;n responsiewe ingesteldheid, en openheid te verseker<\/li>\n<\/ul>\n<p>Ware transformasie moet gemeet word aan ons sukses met die daarstelling van \u2019n samelewing wat op hierdie waardes gegrond is. Hoe vaar ons?<\/p>\n<p>Ons het vordering gemaak ten opsigte van menswaardigheid. Hoe onvolmaak ons samelewing ook al nog steeds is, alle Suid-Afrikaners geniet nou \u2019n baie groter mate van menswaardigheid as wat hulle in die verlede gehad het. Dit is omdat hulle gelyk is voor die reg, hulle geniet beskerming in die Handves van Regte, hulle het toegang tot onafhanklike howe en hulle kan deelneem aan \u2019n werklike\u00a0 demokratiese bestel.<\/p>\n<p>Terselfdertyd egter word die menswaardigheid van miljoene Suid-Afrikaners ernstig ondermyn deurdat ons samelewing versuim om baie van die ander regte waarop hulle geregtig is, ook te verseker.<\/p>\n<p>Byvoorbeeld, ware transformasie vereis \u2019n professionele maar sorgsame polisiediens en \u2019n regstelsel wat in staat is om die lewens en eiendom van alle Suid-Afrikaners doeltreffend te beskerm. Ten spyte van enkele suksesse het ons egter steeds een van die hoogste moord- en verkragtingsyfers in die w\u00eareld. Ons benodig \u2019n getransformeerde polisie- en regstelsel.<\/p>\n<p>Die ANC het sedert 1994 sukses op sommige gebiede betreffende transformasie behaal.<\/p>\n<ul>\n<li>Dit het 3.5 miljoen nuwe huise gebou en elektrisiteit-, water en sanitasie na 80% van die bevolking uitgebrei.<\/li>\n<li>In die geheel het dit geskikte makro-ekonomiese beleide ingestel wat 20 jaar van gematigde ekonomiese groei verseker het vir Suid-Afrika &#8211; met die uitsluiting van 2009.<\/li>\n<li>Dit het gesorg vir maatskaplike toelaes aan meer as 16 miljoen Suid-Afrikaners. Alhoewel sodanige toelaes nie volhoubaar is nie, het dit die persentasie Suid-Afrikaners wat in uiterste armoede lewe, drasties verminder.<\/li>\n<li>Dit het gesorg vir \u2019n baie suksesvolle FIFA-sokkerw\u00eareldbeker in 2010.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die sukses wat op hierdie gebiede behaal is, dien as voorbeelde van ware transformasie.<\/p>\n<p>Terselfdertyd was daar ook reuse mislukkings. In die besonder het ons nagelaat om alle kinders, buiten \u2019n klein persentasie, van behoorlike onderwys te voorsien. Ons ervaar onvolhoubare vlakke van werkloosheid wat die amptelike syfer van 24.7% oorskry. Volgens Statistiek SA is slegs 14 miljoen van die 34 miljoen mense tussen die ouderdom van 16 en 65 formeel of informeel in diens.<\/p>\n<p>Ons grootste transformasiemislukking is moontlik die feit dat ons samelewing nou meer ongelyk is as wat ons in 1994 was. Ons Gini-ko\u00ebffisi\u00ebnt van 0.7 maak ons een van die mees ongelyke samelewings in die w\u00eareld. Nie net het ongelykheid regdeur die samelewing toegeneem nie, dit het ook in elkeen van ons bevolkingsgroepe toegeneem.<\/p>\n<p>Die regering se beleidsraamwerke om gelykheid te bevorder het duidelik misluk. Dit is moontlik omdat die hoofbegunstigdes van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging die ontluikende swart middelklas en die elite is &#8211; nie die meerderheid van werklik benadeelde Suid-Afrikaners nie.<\/p>\n<p>Werklike transformasie sou die instelling van remedi\u00ebrende beleidsraamwerke vereis ten einde die werklik benadeelde massas te bemagtig deur die daarstelling van behoorlike onderwys, werkgeleenthede en doeltreffende maatskaplike en munisipale dienste.<\/p>\n<p>Nie-rassigheid is een van die grondliggende waardes waarop ons nuwe samelewing gebou is. Ons het groot vooruitgang gemaak ten opsigte van die vreedsame integrasie van ons samelewing en die verandering van rasgedrewe ingesteldheid &#8211; veral wat die jeug betref. Terselfdertyd skep die ideologie van demografiese verteenwoordiging egter weer eens \u2019n situasie waar Suid-Afrikaners op grond van hul velkleur en nie op grond van hul karakter beoordeel word nie. Suid-Afrika is alweer\u00a0 besig om een van die mees rasgedrewe samelewings in die w\u00eareld te word.<\/p>\n<p>Ware transformasie vereis van ons om geleidelik in \u2019n samelewing te ontwikkel waar ras nie meer \u2019n kwessie of \u2019n bron van verdeeldheid is nie.<\/p>\n<p>Ons Grondwet is duidelik oor die oppergesag van die grondwet en die heerskappy van die reg. Ons het wel vooruitgang gemaak betreffende die transformasie van ons samelewing vanaf voor 1994 toe die Parlement die oppergesag was na vandag waar die Grondwet en die reg die oppergesag is. Ons howe is noemenswaardig getransformeer en het al dikwels moed en onafhanklikheid bewys deur wetgewing en optrede deur die regering af te keur wat ongrondwetlik is.<\/p>\n<p>Daar is egter ook waarskuwingsligte wat flikker:<\/p>\n<ul>\n<li>Die oormag van politici op die Regterlike Dienskommissie en die toenemende neiging om regters aan te stel op grond van ras &#8211; eerder as om ander kriteria soos vereis deur die Grondwet ook in ag te neem &#8211; bedreig die professionaliteit en onpartydigheid van die howe.<\/li>\n<li>Die besluit om die onafhanklike en hoogs doeltreffende Skerpioene te ontbind het die sluise oopgetrek vir korrupsie.<\/li>\n<li>Inmenging in die Nasionale Vervolgingsgesag &#8211; met inbegrip van die onre\u00eblmatige afdanking van die Nasionale Direkteur, Vusi Pikoli, die poging om hom met Menzi Simelane te vervang en die klagtes teen Generaal Richard Mdluli wat teruggetrek is &#8211; is alles baie kommerwekkend.<\/li>\n<li>Dit is net so onaanvaarbaar dat mediese parool, wat duidelik ongegrond is, toegestaan word aan vriende van senior politici.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Ware transformasie vereis doeltreffende optrede om te verseker dat almal &#8211; met inbegrip van die mees senior politici &#8211; op gelyke vlak ondersoek, vervolg en beoordeel kan word deur werklik professionele en onafhanklike instellings.<\/p>\n<p>Laastens het ons ongetwyfeld meer vordering gemaak betreffende die daarstelling van \u2019n funksionerende veelparty-demokrasie. Ons vyfde nasionale verkiesing vind binnekort plaas. Desnieteenstaande is daar \u2019n gevoel dat die Parlement nie die rol speel wat deur die Grondwet in die vooruitsig gestel is nie. Toesighouding oor die uitvoerende gesag is ondoeltreffend omdat LP\u2019s, ingevolge ons proporsionele stelsel, aan hulle politieke meesters verantwoordelik is en nie aan die kiesers nie.<\/p>\n<p>Ware transformasie vereis die inwerkingstelling van die soort hervormings wat deur wyle Frederik van Zyl Slabbert voorgestel is. Hy het \u2019n hibriede stelsel voorgestel wat voorsiening maak vir geografiese kiesafdelings, sowel as \u2019n proporsionele lys.<\/p>\n<p>Die Grondwet vereis ook \u2019n regering wat verantwoordingspligtig, responsief en oop is. Die Wet op die Beskerming van Staatsinligting wat onlangs aanvaar is, staan lynreg teenoor hierdie vereistes. Ware transformasie sal voorsiening maak vir die insluiting van \u2019n doeltreffende klousule ten opsigte van openbare belang.<\/p>\n<p>Uit die bogenoemde kom die volgende punte na vore:<\/p>\n<ul>\n<li>In baie opsigte het ons noemenswaardige vordering gemaak betreffende die transformasie van ons samelewing.<\/li>\n<li>Op ander belangrike gebiede het ons egter nie daarin geslaag om ware transformasie te bereik nie, veral ten opsigte van die bevordering van gelykheid, die daarstelling van behoorlike\u00a0 onderwys en ander belangrike dienste, ons mislukking om werk te skep vir ons mense, en ons versuim om doelmatige vlakke van ekonomiese groei te bereik wat al ons mense se ideale verwesenlik.<\/li>\n<li>Dit is ook duidelik dat die regering se transformasiebeleide nie hoofsaaklik gegrond is op die Grondwet en sy waardes nie, maar op sy eie gevaarlike ideologie van \u2019n Nasionale Demokratiese Revolusie. D\u00edt is nie waartoe die nie-ANC-partye ingestem het tydens ons grondwetlike onderhandelings nie.<\/li>\n<li>Ons het die waardes, regte en instellings wat in die Grondwet uiteengesit is, onderteken. In daardie opsig is ons meer as gewillig om te streef na ware transformasie. Ons het egter nie \u2019n\u00a0 Nasionale Demokratiese Revolusie onderskryf nie.<\/li>\n<li>Ons is nooit geraadpleeg oor die ANC se benadering tot transformasie nie en ons aanvaar dit nie. Hierdie beleidsraamwerke &#8211; in die ANC se sogenaamde tweede oorgangsfase &#8211; is duidelik gemik teen Suid-Afrikaanse burgers op grond van hul ras. Dit is ongrondwetlik en die teenpool van \u2019n doelwit van nasionale versoening.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die tyd het nou aangebreek vir ernstige gesprekvoering tussen die regering en diegene wat geteiken word deur sy weergawe van transformasie, met inbegrip van ons minderheidsgroepe, ons boere, die media, burgerregte-organisasies, asook klein en groot sakeondernemings. Gesamentlik moet ons met die regering praat oor<\/p>\n<ul>\n<li>sy misplaaste &#8220;struggle&#8221; benadering tot transformasie;<\/li>\n<li>sy afwyking van die waardes in die Grondwet;<\/li>\n<li>die moontlike gevolge hiervan vir die ekonomie, vir verhoudings tussen gemeenskappe en vir die toekoms van ons nasionale akkoord; en<\/li>\n<li>die behoefte aan werklike transformasie binne die raamwerk van die plegtige verdrae wat ons in 1993 en weer in 1996 aangegaan het.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Kaapstad,\u00a031 Januarie 2014<\/p>\n<hr \/>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/'>DIE NUWE SUID-AFRIKA OP 20: DIE BEHOEFTE AAN WERKLIKE TRANSFORMASIE<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 148.10K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/?wpdmdl=4434&refresh=6a8b79f6b2f871787525622\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-499\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fwdk-conference-31_jan.jpg\" alt=\"fwdk-conference-31 jan\" width=\"150\" height=\"100\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fwdk-conference-31_jan.jpg 1200w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fwdk-conference-31_jan-300x200.jpg 300w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fwdk-conference-31_jan-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fwdk-conference-31_jan-768x512.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Toe ons &rsquo;n geskikte titel vir die konferensie oorweeg het, het ons besluit om te fokus op &#8220;Die behoefte aan werklike transformasie&#8221;. Ons het hierdie titel gekies om die volgende redes:<\/p>\n<ul>\n<li>Eerstens, omdat ons nuwe Grondwet &rsquo;n transformasiedokument is. Dit l&ecirc; ons die plig op om Suid-Afrika te transformeer ten einde te verseker dat elkeen van ons die regte kan geniet wat daarin verskans word in &rsquo;n samelewing wat gegrond is op die waardes wat daarin vervat word.<\/li>\n<li>Tweedens, omdat daar wyd uiteenlopende persepsies bestaan oor wat transformasie beteken en die soort samelewing wat daaruit moet spruit. Hierdie verskillende vertolkings van transformasie vorm die kern van ons nasionale debat en toenemende verdeeldheid in ons samelewing; en<\/li>\n<li>Laastens, omdat Suid-Afrika se sukses in die toekoms afhang van ons vermo&euml; om steeds belangrike areas te transformeer sodat alle Suid-Afrikaners voordeel trek uit ons nuwe grondwetlike bestel &ndash; nie net die huidige veelrassige middelklas en elite nie.<br \/>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":499,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[32,304],"tags":[],"class_list":["post-948","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-toesprake"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>TOESPRAAK: DIE NUWE SUID-AFRIKA OP 20 - DIE BEHOEFTE AAN WERKLIKE TRANSFORMASIE - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"TOESPRAAK: DIE NUWE SUID-AFRIKA OP 20 - DIE BEHOEFTE AAN WERKLIKE TRANSFORMASIE - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Toe ons &rsquo;n geskikte titel vir die konferensie oorweeg het, het ons besluit om te fokus op &quot;Die behoefte aan werklike transformasie&quot;. Ons het hierdie titel gekies om die volgende redes: Eerstens, omdat ons nuwe Grondwet &rsquo;n transformasiedokument is. Dit l&ecirc; ons die plig op om Suid-Afrika te transformeer ten einde te verseker dat elkeen van ons die regte kan geniet wat daarin verskans word in &rsquo;n samelewing wat gegrond is op die waardes wat daarin vervat word. Tweedens, omdat daar wyd uiteenlopende persepsies bestaan oor wat transformasie beteken en die soort samelewing wat daaruit moet spruit. Hierdie verskillende vertolkings van transformasie vorm die kern van ons nasionale debat en toenemende verdeeldheid in ons samelewing; en Laastens, omdat Suid-Afrika se sukses in die toekoms afhang van ons vermo&euml; om steeds belangrike areas te transformeer sodat alle Suid-Afrikaners voordeel trek uit ons nuwe grondwetlike bestel &ndash; nie net die huidige veelrassige middelklas en elite nie.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-01-31T13:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-21T07:49:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fwdk-conference-31_jan.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"TOESPRAAK: DIE NUWE SUID-AFRIKA OP 20 &#8211; DIE BEHOEFTE AAN WERKLIKE TRANSFORMASIE\",\"datePublished\":\"2014-01-31T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-21T07:49:25+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/\"},\"wordCount\":2286,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fwdk-conference-31_jan.jpg\",\"articleSection\":[\"Nuus\",\"Toesprake\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/\",\"name\":\"TOESPRAAK: DIE NUWE SUID-AFRIKA OP 20 - DIE BEHOEFTE AAN WERKLIKE TRANSFORMASIE - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fwdk-conference-31_jan.jpg\",\"datePublished\":\"2014-01-31T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-21T07:49:25+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fwdk-conference-31_jan.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fwdk-conference-31_jan.jpg\",\"width\":1200,\"height\":800,\"caption\":\"fwdk-conference-31 jan\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"TOESPRAAK: DIE NUWE SUID-AFRIKA OP 20 &#8211; DIE BEHOEFTE AAN WERKLIKE TRANSFORMASIE\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"TOESPRAAK: DIE NUWE SUID-AFRIKA OP 20 - DIE BEHOEFTE AAN WERKLIKE TRANSFORMASIE - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"TOESPRAAK: DIE NUWE SUID-AFRIKA OP 20 - DIE BEHOEFTE AAN WERKLIKE TRANSFORMASIE - FW de Klerk Foundation","og_description":"Toe ons &rsquo;n geskikte titel vir die konferensie oorweeg het, het ons besluit om te fokus op \"Die behoefte aan werklike transformasie\". Ons het hierdie titel gekies om die volgende redes: Eerstens, omdat ons nuwe Grondwet &rsquo;n transformasiedokument is. Dit l&ecirc; ons die plig op om Suid-Afrika te transformeer ten einde te verseker dat elkeen van ons die regte kan geniet wat daarin verskans word in &rsquo;n samelewing wat gegrond is op die waardes wat daarin vervat word. Tweedens, omdat daar wyd uiteenlopende persepsies bestaan oor wat transformasie beteken en die soort samelewing wat daaruit moet spruit. Hierdie verskillende vertolkings van transformasie vorm die kern van ons nasionale debat en toenemende verdeeldheid in ons samelewing; en Laastens, omdat Suid-Afrika se sukses in die toekoms afhang van ons vermo&euml; om steeds belangrike areas te transformeer sodat alle Suid-Afrikaners voordeel trek uit ons nuwe grondwetlike bestel &ndash; nie net die huidige veelrassige middelklas en elite nie.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2014-01-31T13:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-21T07:49:25+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":800,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fwdk-conference-31_jan.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"11 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"TOESPRAAK: DIE NUWE SUID-AFRIKA OP 20 &#8211; DIE BEHOEFTE AAN WERKLIKE TRANSFORMASIE","datePublished":"2014-01-31T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-21T07:49:25+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/"},"wordCount":2286,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fwdk-conference-31_jan.jpg","articleSection":["Nuus","Toesprake"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/","name":"TOESPRAAK: DIE NUWE SUID-AFRIKA OP 20 - DIE BEHOEFTE AAN WERKLIKE TRANSFORMASIE - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fwdk-conference-31_jan.jpg","datePublished":"2014-01-31T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-21T07:49:25+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fwdk-conference-31_jan.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fwdk-conference-31_jan.jpg","width":1200,"height":800,"caption":"fwdk-conference-31 jan"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/toespraak-die-nuwe-suid-afrika-op-20-die-behoefte-aan-werklike-transformasie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"TOESPRAAK: DIE NUWE SUID-AFRIKA OP 20 &#8211; DIE BEHOEFTE AAN WERKLIKE TRANSFORMASIE"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/948","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=948"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/948\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8174,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/948\/revisions\/8174"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/499"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=948"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=948"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=948"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}