{"id":947,"date":"2015-10-18T11:05:00","date_gmt":"2015-10-18T09:05:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/"},"modified":"2021-07-20T22:06:59","modified_gmt":"2021-07-20T20:06:59","slug":"artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: PLAN B SE KRITICI BLY IN KAMMA-LAND"},"content":{"rendered":"<p>\u2019n Swart student van Open Stellenbosch tik betekenisvol op sy bo-arm en s\u00ea: \u201cOns sal net tuis voel as almal s\u00f3 lyk.\u201d Nie-swart minderhede moet opgaan in die swart meerderheid in die naam van nasiebou.<\/p>\n<p>Hoe behoort Suid-Afrikaners, Afrikaanssprekendes en Afrikaners hierop te reageer? Die antwoord sal wissel in die mate waarin mense met die diagnose saamstem of aan hul eie bas voel, maar daar is breedweg twee reaksies: gly of bly.<\/p>\n<p>Sommige emigreer liggaamlik na w\u00earelddele wat kouer is of meer vlie\u00eb het. Dit is hul reg. Sommige emigreer na Orania en leef in hul selfgeskepte w\u00eareld. Dit is ook hul reg. Sommige semigreer na die Wes-Kaap en die DA-regering. Sommige emigreer in hul koppe en trek hulle terug agter ho\u00eb mure met uitgebreide veiligheidstelsels en private skole &#8211; en probeer (nog) meer geld maak. Ook hulle oefen \u2019n keuse uit.<\/p>\n<p>Ander bly hier &#8211; en doen verskillend. Party glo en ondersteun die ANC se nasiebouresep dat minderhede hul plek moet ken of deel moet word van die meerderheid. Ander glo in die ideaal van \u2019n nie-rassige samelewing en maak hul kinders s\u00f3 groot. Sommige kritiseer die regering, en ander is te polities korrek om dit (openlik) te doen.<\/p>\n<p>Die Solidariteit Beweging wil volgens hul plan ook bly en iets aan die krisis doen &#8211; terwyl hulle binne die reg optree en sekere grondwetlike regte opeis. Hulle wil hulself en ander help waar die regering nie kan of wil nie.<\/p>\n<p>Uit wat ek gelees het, is dit duidelik dat hulle sekere goed gaan doen wat vir alle Suid-Afrikaners voordelig sal wees: die regmaak van slaggate, riool- en waterstelsels, asook die verskerping van gemeenskapsveiligheid.<\/p>\n<p>Hulle beplan om sekere goed te doen wat alle Afrikaanssprekendes (ook bruin en swart mense) sal bevoordeel, soos in verband met taal- en minderheidsregte.<\/p>\n<p>En hulle gaan sekere goed tot voordeel van Afrikaners doen &#8211; die bevordering en bewaring van kultuurgoedere, erfenis en geskiedenis. Flip Buys se toespraak verlede Saterdag maak dit duidelik dat hulle ruimte wil skep vir Afrikaners om in Suid-Afrika te bly.<\/p>\n<p>Ek is seker Plan B is grondliggend be\u00efn\u00advloed deur die \u201cver-rassiging\u201d van die samelewing deur die ANC-regering. Die verklaarde doel van welklinkende \u201ctransformasie\u201d, is \u201cAfrican hegemony\u201d (oorheersing) &#8211; deur demografiese verteenwoordiging, die bekende 80-9-9-2-formule. Letterlik elke samelewingsdeel en elke onderafdeling van die openbare en private sektor m\u00f3\u00e9t uit 80% swart mense, 9% wit mense, 9% bruin mense en 2% Indi\u00ebrs bestaan &#8211; van die Bybelstudiegroep in Koekenaap tot die stokvel in Thohoyandou. In die praktyk beteken dit dat minderhede in die spreekwoordelike hoeke ingedruk word.<\/p>\n<p>Dis ook uit wat ek hoor en lees duidelik dat kritici van \u201cPlan B\u201d \u00f3f oningelig is \u00f3f strooipoppe oor die gevare van die plan opstel en dan afskiet \u00f3f gewoon bevooroordeeld is.<\/p>\n<p>Die grondvraag is: Is Plan B in pas met die Grondwet?<\/p>\n<p>Ingevolge artikels 30, 31 en 185 het Suid-Afrikaners die reg om hul taal te gebruik en hul kultuur te beoefen. Plan B bevorder presies dit, veral omdat dit duidelik is dat die regering nie bereid is om die taal- en kultuurregte van minderhede &#8211; insluitend die reg op onderwys in die taal van keuse &#8211; te beskerm en te bevorder nie. Plan B werk op die beginsel van sterk burgerlike samelewingsorganisasies as \u2019n basis vir \u2019n goeie demokrasie. Daar is niks ongrondwetliks daaraan nie.<\/p>\n<p>Kritici s\u00ea ook dit is nie \u201cslim\u201d om nou op te staan vir jou regte nie en dat \u2019n mens liewers dinge stil en onder die radar moet hou. Kom ek s\u00ea sommer reguit: Afrikaanses wat dink hulle gaan deur laag te l\u00ea en nie krities te wees of nie hul grondwetlike regte op te eis of uit te oefen nie, die ANC tevrede stel of keer dat die ANC-regering diskriminerend teenoor hulle optree, leef in die wonderw\u00eareld van Kammie Kamfer.<\/p>\n<p>Hul politieke korrektheid word (tereg) as slapheid beskou, en die ANC lag agter hul r\u00fbe vir hulle.<\/p>\n<p>Ek stem dalk nie oor alles met Solidariteit saam nie, maar hulle word deur die ANC en ander gerespekteer vir wat hulle doen en waarvoor hulle staan (al irriteer hulle dikwels ook).<\/p>\n<p>Die punt is: Die ANC gaan nie die vernietigende beleide van demografiese verteenwoordiging en rassetransformasie opskort omdat Afrikaanses laag l\u00ea en gehoorsaam is nie. En die ANC kan nie op kort termyn van onbevoegde staatsamptenare ontslae raak om dienslewering te verbeter nie.<\/p>\n<p>Ek is nie \u2019n verskriklike tradisievaste Afrikaner nie. Ek gaan nie geloftefeeste toe nie en hou nie eintlik van volkspele nie. Ek verpes rassisme, benepenheid en negatiwiteit. Ek verskil waarskynlik met \u2019n beduidende deel van Solidariteit se lede oor \u2019n groot verskeidenheid aangeleenthede.<\/p>\n<p>Dis egter irrelevant as dit by die beoordeling van Plan B kom. Daar is niks ongrondwetliks aan die plan nie. Die opstellers moet op hul woord geglo word dat hulle gaan doen wat hulle s\u00ea. Indien nie, kritiseer hulle lustig. Indien wel, bedank hulle dat hulle Suid-Afrika \u2019n beter plek gemaak het.<\/p>\n<p>Dis interessant dat swart groepe en selfs die ANC, sover ek kon vasstel, nog nie enige kritiek op Plan B uitgespreek het nie; die kritiek het meestal van \u201cbinne\u201d gekom. Een bron vertel my dat swart beroepslui \u2019n afwagtende houding inneem. As Plan B werk, wil hulle dit ook in swart gemeenskappe toepas.<\/p>\n<p>Hoekom gee ander Afrikaanses Plan B nie hierdie selfde voordeel van die twyfel nie?<\/p>\n<p><em>Dr Theuns Eloff, Voorsitter van die FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p><strong>Hierdie artikel het in <em>Rapport Weekliks<\/em> verskyn [18 Oktober 2015].<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/'>PLAN B SE KRITICI BLY IN KAMMA-LAND<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 69.35K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/?wpdmdl=4432&refresh=6a8a18386c3791787435064\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-944\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/theuns_eloff.jpg\" alt=\"theuns eloff\" width=\"150\" height=\"100\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/theuns_eloff.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/theuns_eloff-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Byna alle Suid-Afrikaners stem saam dat ons land in &rsquo;n krisis is. Die meeste staatsdepartemente is lamgel&ecirc; deur onbevoegdheid, korrupsie en &rsquo;n kultuur van toe&euml;iening.<\/p>\n<p>Die stand van die ekonomie, die onderwys, gesondheidsdienste, infrastruktuur en veiligheid is op &rsquo;n laagtepunt. Die bose drieling van armoede, werkloosheid en ongelykheid floreer.<\/p>\n<p>Daarby word &rsquo;n weldeurdagte plan om die samelewing in die naam van transformasie te &ldquo;Afrikaniseer&rdquo; mee&shy;do&euml;nloos toegepas.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":944,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-947","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: PLAN B SE KRITICI BLY IN KAMMA-LAND - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: PLAN B SE KRITICI BLY IN KAMMA-LAND - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Byna alle Suid-Afrikaners stem saam dat ons land in &rsquo;n krisis is. Die meeste staatsdepartemente is lamgel&ecirc; deur onbevoegdheid, korrupsie en &rsquo;n kultuur van toe&euml;iening. Die stand van die ekonomie, die onderwys, gesondheidsdienste, infrastruktuur en veiligheid is op &rsquo;n laagtepunt. Die bose drieling van armoede, werkloosheid en ongelykheid floreer. Daarby word &rsquo;n weldeurdagte plan om die samelewing in die naam van transformasie te &ldquo;Afrikaniseer&rdquo; mee&shy;do&euml;nloos toegepas.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-10-18T09:05:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T20:06:59+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/theuns_eloff.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"267\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: PLAN B SE KRITICI BLY IN KAMMA-LAND\",\"datePublished\":\"2015-10-18T09:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:06:59+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/\"},\"wordCount\":919,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/theuns_eloff.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/\",\"name\":\"ARTIKEL: PLAN B SE KRITICI BLY IN KAMMA-LAND - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/theuns_eloff.jpg\",\"datePublished\":\"2015-10-18T09:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:06:59+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/theuns_eloff.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/theuns_eloff.jpg\",\"width\":400,\"height\":267,\"caption\":\"theuns eloff\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: PLAN B SE KRITICI BLY IN KAMMA-LAND\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: PLAN B SE KRITICI BLY IN KAMMA-LAND - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: PLAN B SE KRITICI BLY IN KAMMA-LAND - FW de Klerk Foundation","og_description":"Byna alle Suid-Afrikaners stem saam dat ons land in &rsquo;n krisis is. Die meeste staatsdepartemente is lamgel&ecirc; deur onbevoegdheid, korrupsie en &rsquo;n kultuur van toe&euml;iening. Die stand van die ekonomie, die onderwys, gesondheidsdienste, infrastruktuur en veiligheid is op &rsquo;n laagtepunt. Die bose drieling van armoede, werkloosheid en ongelykheid floreer. Daarby word &rsquo;n weldeurdagte plan om die samelewing in die naam van transformasie te &ldquo;Afrikaniseer&rdquo; mee&shy;do&euml;nloos toegepas.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2015-10-18T09:05:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T20:06:59+00:00","og_image":[{"width":400,"height":267,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/theuns_eloff.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: PLAN B SE KRITICI BLY IN KAMMA-LAND","datePublished":"2015-10-18T09:05:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:06:59+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/"},"wordCount":919,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/theuns_eloff.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/","name":"ARTIKEL: PLAN B SE KRITICI BLY IN KAMMA-LAND - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/theuns_eloff.jpg","datePublished":"2015-10-18T09:05:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:06:59+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/theuns_eloff.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/theuns_eloff.jpg","width":400,"height":267,"caption":"theuns eloff"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-plan-b-se-kritici-bly-in-kamma-land\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: PLAN B SE KRITICI BLY IN KAMMA-LAND"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/947","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=947"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/947\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8097,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/947\/revisions\/8097"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/944"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=947"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=947"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=947"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}