{"id":926,"date":"2015-09-23T11:05:00","date_gmt":"2015-09-23T09:05:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/verklaring-erfenisdag\/"},"modified":"2021-07-20T22:07:25","modified_gmt":"2021-07-20T20:07:25","slug":"verklaring-erfenisdag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/","title":{"rendered":"VERKLARING: ERFENISDAG"},"content":{"rendered":"<p>Dit erken ook as fundamentele waarde die reg op menswaardigheid wat onlosmaaklik deel is van die kulturele, taal- en godsdienstige identiteite van burgers. Dit vestig die gelykheid van al ons gemeenskappe en verbied onregverdige diskriminasie deur enige iemand <em>inter alia<\/em> op grond van taal, ras of kultuur.<\/p>\n<p>Min is egter oor van hierdie multikulturele grondwetlike visie:<\/p>\n<ul>\n<li>Engels is vir alle praktiese doeleindes die enkele <em>de facto<\/em> amptelike taal van die land.<\/li>\n<li>Min of niks het tot dusver gekom van die <em>Use of Official Languages Act<\/em> wat in 2012 op aandrang van die howe aanvaar is nie. Die Wet vereis van alle staatsdepartemente en instellings om taalbeleide te aanvaar wat uitvoering sal gee aan die taalvereistes in die Grondwet &#8211; maar min of niks het in praktyk gebeur nie.<\/li>\n<li>Die reg op onderrig in die taal of tale van jou keuse in openbare staatsinstellings word oral ondermyn. Die paar universiteite wat nog onderrig in Afrikaans op voorgraadse vlak bied verkeer onder enorme druk om hul aanbieding van Engelse onderrig te verhoog &#8211; ten spyte van die feit dat Engels in 22 van ons 26 universiteite die enigste taal van onderrig is.<\/li>\n<li>Enkelmedium Afrikaanse skole verkeer ook onder toenemende druk om klasse in Engels aan te bied. Dit ten spyte van die feit dat \u2018n meerderheid van Afrikaanse sprekers nie wit is nie en dat Afrikaanse enkelmediumskole kinders op \u2018n grondslag toelaat wat nie op ras gebaseer is nie. Parallelmedium-onderrig is selde \u2018n lewensvatbare opsie op die langtermyn. Ervaring in Suid-Afrika en regoor die w\u00eareld wys dat wanneer \u2018n streekstaal gedwing word om met \u2018n w\u00eareldtaal soos Engels mee te ding, die streekstaal uiteindelik oorskadu word en verdwyn.<\/li>\n<li>Min of niks is gedoen om Suid-Afrika se inheemse tale te bevorder nie &#8211; veral nie op universiteitsvlak nie.<\/li>\n<li>Die regering se voorneme is om demografiese verteenwoordiging regdeur die samelewing in te stel, met die onvermydelike gevolg dat minderhede op feitlik elke aspek van hul lewens ontmagtig sal wees. Dit is veral die geval by universiteite soos die UK, Stellenbosch en die NWU, waar minderheidstradisies en kulture afgetakel word en eise gestel word vir die versnelde instelling van die meerderheidskultuur en houdings in die kurrikulum en etos van die betrokke universiteite.<\/li>\n<li>Die President &#8211; ministers van die staat &#8211; val dikwels die erfenis en geskiedenis van minderheidsgemeenskappe aan. President Zuma het onlangs al die probleme van die land blameer op die aankoms in Suid-Afrika van Jan van Riebeeck. Standbeelde van geskiedkundige leiers van minderheidsgemeenskappe word geskend met verf en ontlasing. Wit Suid-Afrikaners word toenemend na verwys as \u2018kolonialiste\u2019 &#8211; asof hulle uitlanders in hul eie land is.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die probleem is dat wat aangeleenthede betref wat verband hou met kultuur, taal en erfenis, die ANC gelei word deur die beginsels van die Nasionale Demokratiese Revolusie &#8211; en nie deur die Grondwet nie. Volgens die ANC is verhoudings tussen Suid-Afrika se gemeenskappe deel van wat dit na verwys as \u2018die Nasionale Vraagstuk\u2019. In \u2018n beleidsdokument van 2005, let die ANC daarop dat die nasionale vraagstuk regoor die w\u00eareld nog glad nie opgelos is nie, en op \u2018n ondenkbaar barbaarse wyse opduik.<\/p>\n<p>Dit wys voorts daarop dat \u201cdie les vir Suid-Afrika is dat ons nie die nasionale vraagstuk in ons eie land durf ignoreer nie.\u201d Dit som dan sy eie posisie op: \u201cIn die Suid-Afrikaanse konteks hou die nasionale vraagstuk in beginsel nie verband met die regte van minderhede of etnies gemotiveerde griewe nie (hierdie stelling het nie ten doel om afbreek te doen aan die belangrikheid van die regte van minderhede nie). Dit hou in werklikheid verband met die bevryding van die Afrikane.\u201d<\/p>\n<p>Elders verklaar die ANC dat, ter oorweging van die \u201cidentiteit van die Suid-Afrikaanse nasie-in-wording\u201d \u2026 \u201cis wat vereis word \u2018n voortgesette stryd om Afrika-hegemonie in die konteks van \u2018n multikulturele en nie-rassige samelewing te vestig.\u201d Die ANC dring daarop aan dat die \u201cbevestiging van Afrika-skap as \u2018n nasie niks te doen het met die oorheersing van een kultuur of taal deur \u2018n ander nie &#8211; dit is die erkenning van \u2018n geografiese werklikheid en die ontwaking van \u2018n bewussyn waarin kolonialisme onderdruk word\u201d. Hegemonie het slegs een betekenis: dit beteken oorheersing &#8211; en dit is onversoenbaar met die idee van eenheid in diversiteit en die beginsels van gelykheid en menswaardigheid waarop die Grondwet gebaseer is.<\/p>\n<p><em>Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p><em><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/erfenisdag\/'>ERFENISDAG<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 65.85K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/erfenisdag\/?wpdmdl=4420&refresh=6a8a18d58031f1787435221\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-579\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\" alt=\"foter sa flags celebrate\" width=\"150\" height=\"100\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg 500w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>21 jaar na die instelling van ons nuwe grondwetlike demokrasie het minderhede min om op Erfenisdag te vier. Die visie van &lsquo;n multikulturele samelewing met &lsquo;n verskeidenheid kulture en tale wat in harmonie in wedersydse verdraagsaamheid en respek saam bestaan, is nog nie verwesenlik nie.<\/p>\n<p>Die Grondwet maak ten volle voorsiening vir sodanige samelewing. Dit erken ons 11 nasionale tale en ken aan hulle gelykheid van aansien toe. Dit verplig die staat om ons inheemse tale te ontwikkel en vereis van die regering om ten minste twee tale op nasionale en provinsiale vlak te gebruik. Dit erken die reg van almal om hul kulture te beoefen en hul tale te praat. Dit aanvaar die reg van elkeen op onderrig in die taal of tale van hul keuse in openbare onderriginstellings.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":579,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[32,300],"tags":[],"class_list":["post-926","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-verklarings"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>VERKLARING: ERFENISDAG - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"VERKLARING: ERFENISDAG - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"21 jaar na die instelling van ons nuwe grondwetlike demokrasie het minderhede min om op Erfenisdag te vier. Die visie van &lsquo;n multikulturele samelewing met &lsquo;n verskeidenheid kulture en tale wat in harmonie in wedersydse verdraagsaamheid en respek saam bestaan, is nog nie verwesenlik nie. Die Grondwet maak ten volle voorsiening vir sodanige samelewing. Dit erken ons 11 nasionale tale en ken aan hulle gelykheid van aansien toe. Dit verplig die staat om ons inheemse tale te ontwikkel en vereis van die regering om ten minste twee tale op nasionale en provinsiale vlak te gebruik. Dit erken die reg van almal om hul kulture te beoefen en hul tale te praat. Dit aanvaar die reg van elkeen op onderrig in die taal of tale van hul keuse in openbare onderriginstellings.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-09-23T09:05:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T20:07:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"333\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"VERKLARING: ERFENISDAG\",\"datePublished\":\"2015-09-23T09:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:07:25+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/\"},\"wordCount\":722,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\",\"articleSection\":[\"Nuus\",\"Verklarings\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/\",\"name\":\"VERKLARING: ERFENISDAG - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\",\"datePublished\":\"2015-09-23T09:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:07:25+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\",\"width\":500,\"height\":333,\"caption\":\"foter sa flags celebrate\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"VERKLARING: ERFENISDAG\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"VERKLARING: ERFENISDAG - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"VERKLARING: ERFENISDAG - FW de Klerk Foundation","og_description":"21 jaar na die instelling van ons nuwe grondwetlike demokrasie het minderhede min om op Erfenisdag te vier. Die visie van &lsquo;n multikulturele samelewing met &lsquo;n verskeidenheid kulture en tale wat in harmonie in wedersydse verdraagsaamheid en respek saam bestaan, is nog nie verwesenlik nie. Die Grondwet maak ten volle voorsiening vir sodanige samelewing. Dit erken ons 11 nasionale tale en ken aan hulle gelykheid van aansien toe. Dit verplig die staat om ons inheemse tale te ontwikkel en vereis van die regering om ten minste twee tale op nasionale en provinsiale vlak te gebruik. Dit erken die reg van almal om hul kulture te beoefen en hul tale te praat. Dit aanvaar die reg van elkeen op onderrig in die taal of tale van hul keuse in openbare onderriginstellings.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2015-09-23T09:05:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T20:07:25+00:00","og_image":[{"width":500,"height":333,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"4 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"VERKLARING: ERFENISDAG","datePublished":"2015-09-23T09:05:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:07:25+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/"},"wordCount":722,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg","articleSection":["Nuus","Verklarings"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/","name":"VERKLARING: ERFENISDAG - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg","datePublished":"2015-09-23T09:05:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:07:25+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg","width":500,"height":333,"caption":"foter sa flags celebrate"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-erfenisdag\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"VERKLARING: ERFENISDAG"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/926","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=926"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/926\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8100,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/926\/revisions\/8100"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/579"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=926"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=926"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=926"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}