{"id":881,"date":"2015-06-12T11:00:00","date_gmt":"2015-06-12T09:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-magna-carta\/"},"modified":"2021-07-20T22:11:58","modified_gmt":"2021-07-20T20:11:58","slug":"artikel-magna-carta","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: MAGNA CARTA"},"content":{"rendered":"<p>Dit het verklaar dat alle vry mense geregtig was op die vryhede in die Groot Handves. Hierdie vryhede sluit onder andere in die stelling dat geen man gevange geneem sal word of van sy regte of besittings ontneem sal word nie, nie verban sal word of op enige manier van sy status ontneem sal word nie, dat daar nie met geweld teen hom opgetree sal word of dat ander gestuur sal word om met geweld teen hom op te tree nie, tensy dit ingevolge die regmatige bevinding van sy gelykes of die reg van die land gedoen word nie.<\/p>\n<p>Dit het ook die grondslag gel\u00ea vir die parlement\u00eare beheer van die Koning se mag om belasting te hef: Om die algemene toestemming van die koninkryk te verkry vir die evaluering van \u2018n \u2018hulpmiddel\u2019 (dit wil s\u00ea belasting) is al die aartsbiskoppe, biskoppe, grawe en baronne individueel per brief aanges\u00ea word om te kom, en diegene wat direk grond van hulle besit het sou deur die balju\u2019s aanges\u00ea word om bymekaar te kom op \u2018n bepaalde dag en bepaalde plek (waarvan ten minste 40 dae kennis gegee word).<\/p>\n<p>Die <em>Magna Carta<\/em> het ook \u2018n billiker regstelsel ten doel gehad. Dit het verklaar dat geen amptenaar \u2018n persoon sal kan laat aankla op grond van sy eie ongegronde verklaring en sonder om geloofwaardige getuies te lewer nie, en dat regte of geregtigheid aan niemand verkoop sal kan word of van niemand ontneem sal kan word nie.<\/p>\n<p>In verskeie van die klousules verbied dit die Koning of sy amptenare om op arbitr\u00eare wyse eiendom te onteien. \u201cGeen konstabel of ander koninklike amptenaar mag koring vat van enige man of enige man van roerende goedere ontneem sonder onmiddellike betaling nie, tensy die verkoper vrywillig aanbied dat die betaling uitgestel word.\u201d<\/p>\n<p>Die Handves het ook die toenemende mag en outonomiteit van stede en dorpe erken: \u201cDie Stad van Londen sal al sy antieke vryhede en vrye gebruike geniet, beide op land en op water. Ons bepaal ook dat alle ander stede, gemeenskappe, dorpe en hawens hul vryhede en vrye gebruike sal geniet.\u201d<\/p>\n<p>Daarbenewens het dit ook die onafhanklikheid van die Kerk erken deur te verklaar dat die Engelse Kerk vry sal wees en dat sy regte en vryhede nie verminder sal word nie.\u201d<\/p>\n<p>Die baronne het duidelik Koning John nie vertrou nie en het probeer om die Handves te versterk in die geval dat hy sou versuim om sy beloftes na te kom. Dit het voorsiening gemaak vir die verkiesing van 25 van hulle om die vrede en vryhede te handhaaf en toe te sien dat dit nagevolg word. Indien die Koning nie sy ondernemings nakom nie, sou die baronne die reg h\u00ea om met die ondersteuning van die hele gemeenskap van die land hul kastele, grond, besittings of enige iets anders op te eis, afgesien van die Koning, Koningin en hul kinders self, totdat hulle die regstelling behaal het. Wanneer die regstelling behaal is sou hulle kon voortgaan om aan die Koning onderdanig te wees.<\/p>\n<p>Die baronne se wantroue van Koning John was gegrond. A.A. Milne se kinderrympie lui immers as volg:<\/p>\n<p style=\"margin-left: 30px;\">\u201c<em>King John was not a good man, and no good friends had he.\u00a0<\/em><br \/>\n<em>He stayed in every afternoon\u2026 but no one came to tea.<\/em>\u201d<\/p>\n<p>Toe hy die<em> Magna Carta<\/em> onderteken het het hy duidelik sy vingers gekruis gehou. Die ink van sy handtekening was nog nie eens droog nie toe hy sy ou teenstander, die Pous, gevra het om die Handves nietig te verklaar deur daarop te wys dat die Handves die Pous se eie reg as Koning John se feodale heerser raak. Die Pous het toegegee en verklaar dat die Handves nie net skandalig en vernederend is nie, maar ook onwettig en onregmatig.<\/p>\n<p>Die idee van vryheid in die <em>Magna Carta<\/em> was egter onmoontlik om te onderdruk. Die Handves is weer in 1216 uitgereik n\u00e1 Koning John se dood &#8211; en gevolglik op die deure van katedrale en kloosters regoor die koninkryk aangebring. Ten spyte van herhaalde skendings deur tiranniese koninklikes, is dit nie minder nie as 45 keer in die 14de en 15de eeue herbevestig en verfyn.<\/p>\n<p>Gedurende die 17de eeu het die <em>Magna Carta<\/em> die grondslag gel\u00ea vir die weerlegging van Stuart se geloof in die goddelike reg van konings. Dit het die grondslag gebied vir die \u2018<em>Glorious Revolution<\/em>\u2019 in 1688 en is gevolglik in die Nuwe W\u00eareld bekendgestel waar sy bepalings in die grondwette van verskeie van die kolonies vervat is wat later in die Verenigde Nasies gevestig is.<\/p>\n<p>Die vryheid van die arbitr\u00eare mag van wispelturige regeerders en die beskerming van private eiendom wat uiteindelik op die <em>Magna Carta<\/em> gegrond is het die omgewing daargestel waarin Brittanje in die 18de en 19de eeu in staat was om die status van \u2018n internasionale moondheid te verkry.<\/p>\n<p>Die Nuwe Suid-Afrika is ook \u2018n erfgenaam van hierdie tradisie. Ons Grondwet sluit bepalings in wat hul oorsprong in die <em>Magna Carta<\/em> het:<\/p>\n<ul>\n<li>\u201cElkeen het die reg op vryheid en sekerheid van die persoon, waarby inbegrepe is die reg om nie arbitr\u00ear of sonder gegronde rede vryheid ontneem te word nie\u201d en \u201cnie sonder verhoor aangehou te word nie.\u201d<\/li>\n<li>\u201cNiemand mag eiendom ontneem word nie behalwe ingevolge \u0149 algemeen geldende regsvoorskrif, en geen regsvoorskrif mag arbitr\u00eare ontneming van eiendom veroorloof nie.\u201d<\/li>\n<li>\u201cElkeen wat weens \u0149 beweerde oortreding gearresteer word, het die reg om \u2026 so gou as wat redelikerwys moontlik is, voor \u0149 hof gebring te word.\u201d<\/li>\n<\/ul>\n<p>Hierdie regte is steeds belangrike hoekstene van ons eie vryheid.<\/p>\n<p>Koning John was nie \u2018n goeie man nie &#8211; maar hy het onwetend en onwillig die dokument onderteken wat eendag die grondslag vir die vryheid van mense regoor die w\u00eareld sou l\u00ea.<\/p>\n<p><em>Deur Dave Steward, Uitvoerende Direkteur van die FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"color: #000000; font-size: 8pt;\">Foto: theguardian.com<br \/>\n<\/span><\/p>\n<hr \/>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/magna-carta-2\/'>MAGNA CARTA<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 116.06K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/magna-carta-2\/?wpdmdl=4395&refresh=6a8a1e8e1b53f1787436686\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-869\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/magna_carta.jpg\" alt=\"magna carta\" width=\"150\" height=\"90\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/magna_carta.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/magna_carta-300x180.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>800 jaar gelede, op 15 Junie 1215 in &lsquo;n weiland langs die Teemsrivier in Engeland, het &lsquo;n gebeurtenis plaasgevind wat die grondwetlike toekoms diep sou raak &#8211; nie net van die Engelse nie &#8211; maar van lande regoor die w&ecirc;reld, met inbegrip van Suid-Afrika. Op daardie dag is Koning John deur sy baronne gedwing om die <em>Magna Carta<\/em> te onderteken &#8211; &lsquo;n dokument wat vir die eerste keer die idee daargestel het dat konings &#8211; en dus regerings &#8211; uiteindelik aan die Oppergesag van die Reg onderhewig is.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":869,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-881","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: MAGNA CARTA - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: MAGNA CARTA - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"800 jaar gelede, op 15 Junie 1215 in &lsquo;n weiland langs die Teemsrivier in Engeland, het &lsquo;n gebeurtenis plaasgevind wat die grondwetlike toekoms diep sou raak - nie net van die Engelse nie - maar van lande regoor die w&ecirc;reld, met inbegrip van Suid-Afrika. Op daardie dag is Koning John deur sy baronne gedwing om die Magna Carta te onderteken - &lsquo;n dokument wat vir die eerste keer die idee daargestel het dat konings - en dus regerings - uiteindelik aan die Oppergesag van die Reg onderhewig is.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-06-12T09:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T20:11:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/magna_carta.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"240\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: MAGNA CARTA\",\"datePublished\":\"2015-06-12T09:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:11:58+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/\"},\"wordCount\":967,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/magna_carta.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/\",\"name\":\"ARTIKEL: MAGNA CARTA - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/magna_carta.jpg\",\"datePublished\":\"2015-06-12T09:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:11:58+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/magna_carta.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/magna_carta.jpg\",\"width\":400,\"height\":240,\"caption\":\"magna carta\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: MAGNA CARTA\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: MAGNA CARTA - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: MAGNA CARTA - FW de Klerk Foundation","og_description":"800 jaar gelede, op 15 Junie 1215 in &lsquo;n weiland langs die Teemsrivier in Engeland, het &lsquo;n gebeurtenis plaasgevind wat die grondwetlike toekoms diep sou raak - nie net van die Engelse nie - maar van lande regoor die w&ecirc;reld, met inbegrip van Suid-Afrika. Op daardie dag is Koning John deur sy baronne gedwing om die Magna Carta te onderteken - &lsquo;n dokument wat vir die eerste keer die idee daargestel het dat konings - en dus regerings - uiteindelik aan die Oppergesag van die Reg onderhewig is.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2015-06-12T09:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T20:11:58+00:00","og_image":[{"width":400,"height":240,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/magna_carta.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: MAGNA CARTA","datePublished":"2015-06-12T09:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:11:58+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/"},"wordCount":967,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/magna_carta.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/","name":"ARTIKEL: MAGNA CARTA - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/magna_carta.jpg","datePublished":"2015-06-12T09:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:11:58+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/magna_carta.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/magna_carta.jpg","width":400,"height":240,"caption":"magna carta"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-magna-carta\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: MAGNA CARTA"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/881","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=881"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/881\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8111,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/881\/revisions\/8111"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/869"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=881"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=881"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=881"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}