{"id":823,"date":"2015-04-30T11:00:00","date_gmt":"2015-04-30T09:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/"},"modified":"2021-07-20T22:14:28","modified_gmt":"2021-07-20T20:14:28","slug":"artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: NIKS OM TE VIER OP WERKERSDAG NIE"},"content":{"rendered":"<ul>\n<li>Die stakings in die platinumbedryf tydens die eerste helfte van 2014 het R23 miljard in verlore produksie gekos, en R10 miljard in verlore lone.<\/li>\n<li>Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie is een van die hoofbydraers tot swak onderwysuitkomste &#8211; en huiwer nie om te staak wanneer skoolkinders op die punt is om eksamens te skryf nie.<\/li>\n<li>Terwyl die land sukkel met die uitwerking van beurtkrag het NUMSA weer met &#8216;n staking begin by die reuse Medupi-kragsentrale.<\/li>\n<li>Beperkings op arbeidsmakelary, danksy die vakbonde, sal volgens die Vryemarkstigting lei tot die verlies van meer as 250 000 werksgeleenthede.<\/li>\n<li>Die huidige vakbondeise in die staatsdiens sal &#8216;n verdere R50 miljard voeg by die regering se salarisrekening en sal sekerlik lei tot die verdere afgradering deur graderingsagentskappe.<\/li>\n<li>Ons arbeidswetgewing en vyandige vakbonde ontmoedig direkte buitelandse belegging. Volgens die W\u00eareld Ekonomiese Forum se internasionale mededingendheidsverslag is Suid-Afrika se samewerking wat verhoudings tussen arbeiders en werkgewers betref die swakste uit die 144 lande wat by die opname ingesluit is. Ons praktyke met betrekking tot aanstellings en afleggings is die tweede swakste; ons is in die 139ste posisie wat die buigsaamheid van loonbepalings betref; en ons betaling en produktiwiteit is die 8ste swakste in die w\u00eareld.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die grootste slagoffers van ons militante vakbonde is egter die miljoene werklose Suid-Afrikaners wat in wese deur rigiede arbeidswetgewing en die ho\u00eb minimumlone wat deur die vakbonde bepaal is, van die arbeidsmark uitgesluit is.<\/p>\n<p>Ons werkloosheidsyfer is baie ho\u00ebr as die amptelike syfer van 24.3%. Slegs 43% van die bevolking &#8211; en slegs 39% van swart Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 15 en 64 &#8211; is in diens geneem &#8211; in vergelyking met 72% in &#8216;n bevolking soos Brittanje. Miljoene Suid-Afrikaners het baie min vooruitsig om ooit &#8216;n werk te kry &#8211; met &#8216;n verwoestende uitwerking op hul vooruitsigte op menswaardigheid, gelykheid en &#8216;n beter lewe.<\/p>\n<p>Hoekom vaar ons so swak op die gebied van arbeidsverhoudings?<\/p>\n<p>Die eerste probleem is ideologies. Ons vakbonde word gelei deur van die laaste mense in die w\u00eareld wat nog werklik in kommunisme glo (ten spyte van die feit dat slegs 6% van die lede van COSATU aktiewe lede van die SAKP is).\u00a0In Junie 2011 het die President van COSATU, Sidumo Dlamini, verklaar dat hulle nie slegs in woorde &#8216;n Marxisties-Leninistiese formasie is nie, maar deur hul verbintenis tot die stryd om sosialisme te verwesenlik en dat hulle in hierdie konteks hul lede aanmoedig om die voorste geledere van die SAKP te vul en hulself te onderwerp aan die beginsel van kommunisme.<\/p>\n<p>Die kommunisitiese orientering van COSATU het &#8216;n belangrike rol gespeel in die evolusie van die nuwe Suid-Afrika. In 2006 het COSATU die voortou geneem om President Mbeki se GEAR-beleide teen te staan omdat dit gevrees het dat dit deur kapitaliste gekaap is. Tydens sy 9de kongres in 2006 het COSATU &#8216;n stryd om die hart en siel van die ANC van stapel gestuur. Dit het onderneem dat die werkersklas die NDR moet hervestig op sosialisme en dit moet beskerm teen oppertunistiese neigings wat ten doel het om te verhoed dat dit sy logiese gevolgtrekking, naamlik sosialisme, verwesenlik. Dit het &#8216;n amptelike posisie aanvaar wat die skeiding van die NDR van sosialisme verwerp, en bevestig dat die diktatuur van die proletariaat die enigste waarborg is dat daar &#8216;n oorgang van die NDR na sosialisme sal wees.<\/p>\n<p>Dit het aanleiding gegee tot die mees noodlottige ontwikkeling sedert 1994: die ontseteling van President Thabo Mbeki tydens die ANC se konferensie in Polokwane in 2007, en die opgang van Jacob Zuma en die SAKP in die Alliansie.<\/p>\n<p>COSATU se kommunistiese orientasie is een van die hoofoorsake van die vyandigheid tussen vakbonde en bestuur &#8211; hoofsaaklik omdat vakbonde wat deur kommuniste gelei word nie werklik die reg van sakeondernemings in die privaatsektor om te bestaan, aanvaar nie. Die kultuur van COSATU word oorheers deur die stryd en weerstand teen die bestuur wat beskou word as die vyand van die werkersklas. Daar mag tydelike wapenstilstande heers &#8211; maar daar is min ruimte vir werklike samewerking, wat noodsaaklik is vir sukses.<\/p>\n<p>Daar is ook &#8216;n ernstige gebrek aan begrip van basiese ekonomie. Vakbondleiers weet baie van Marxistiese gebrabbel, maar blyk om min begrip te h\u00ea van die faktore wat gelei het tot ekonomiese groei en die bevordering van die werklike welstand van werkers regoor die w\u00eareld. Die Vryemarkstigting het in die verlede &#8216;n uitstekende kurses in basiese ekonomie vir werkers aangebied wat verduidelik het hoe maatskappye in die ekonomie\u00eb van vrye markte bedryf word en waarom oormatige looneise en stakings nie noodwendig in die belang van werkers is nie. Groot sakeondernemings is egter om onbegryplike redes nie meer bereid om die program te finansier nie.<\/p>\n<p>Nog &#8216;n probleem is dat daar geen balans is in die verhouding tussen sakeondernemings, die regering en arbeid nie. Omdat COSATU deel is van die regerende alliansie is dit in staat om die regering se arbeidsbeleid voor te skryf. Die gevolg is die aanvaarding van arbeidswetgewing wat dit al hoe moeiliker maak vir maatskappye om welvaart en werksgeleenthede te skep.<\/p>\n<p>Arbeidskenner, Loane Sharp, het voorgestel dat van die stappe wat gedoen kan word om die balans te herstel, die volgende insluit: geheime stembriewe voor stakings ten einde intimidasie te voorkom; siviele aanspreeklikheid vir vakbondlede wat eiendom beskadig of persone beseer; en die be\u00ebindiging van geslote geledere-ooreekomste wat werkers dwing om aan &#8216;n vakbond te behoort of om aan &#8216;n vakbond gelde te betaal as voorvereiste vir indiensneming.<\/p>\n<p>Wat ons arbeidsbedeling ontbreek is die besef dat die belange van alle partye deur werklike samelewing tussen die arbeidsmag en bestuur bevorder sal word. Dit sal nie gebeur terwyl die arbeidsmag en bestuur voortgaan om mekaar as vyande ten opsigte van klas en ras te beskou nie. Meer behoort veral gedoen te word om aan werkers &#8216;n werklike aandeel in die sukses van maatskappye te besorg, by wyse van aandeelhouerskemas. Bestuur moet ook &#8216;n opregte verbintenis toon tot die welstand van werkers &#8211; in plaas van die verryking van individue deur die huidige proses van Swart Ekonomiese Bemagtiging. Teen die einde van die dag mag dit wel waar wees: daar is nie slegte werkers nie &#8211; slegs slegte bestuurders.<\/p>\n<p><em>Deur Dave Steward, Uitvoerende Direkteur van die FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"color: #000000; font-size: 8pt;\">Foto:\u00a0<a href=\"https:\/\/www.flickr.com\/photos\/danielfoster\/15389840458\/\"><span style=\"color: #000000;\">danielfoster437<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<a href=\"http:\/\/foter.com\/\"><span style=\"color: #000000;\">Foter<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<a href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by-nc-sa\/2.0\/\"><span style=\"color: #000000;\">CC BY-NC-SA<\/span><\/a>\u00a0<\/span><\/p>\n<hr \/>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/'>NIKS OM TE VIER OP WERKERSDAG NIE<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 114.65K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/?wpdmdl=4337&refresh=6a8a103413a7d1787433012\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-814\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/foter_workers.jpg\" alt=\"foter workers\" width=\"150\" height=\"106\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" \/>Op 1 Mei het Suid-Afrika weer eens Werkersdag gevier &#8211; alhoewel daar in werklikheid niks is om te vier nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons opstandige vakbonde veroorsaak geweldige skade aan die samelewing, die ekonomie, die werkloses en aan die belange van die werkers self.<\/p>\n<ul>\n<li style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika het een van die hoogste stakingsyfers in die w&ecirc;reld &#8211; en ons stakings is van die gewelddadigstes. Tussen 2006 en 2011 het &#8216;n gemiddeld van 507 werksdae verlore gegaan vir elke 1000 werkende Suid-Afrikaners &#8211; in vergelyking met &#8216;n internasionale gemiddeld van net 30.6 dae per 1000 werkers in dieselfde tydperk.&nbsp;<br \/>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":814,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-823","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: NIKS OM TE VIER OP WERKERSDAG NIE - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: NIKS OM TE VIER OP WERKERSDAG NIE - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Op 1 Mei het Suid-Afrika weer eens Werkersdag gevier - alhoewel daar in werklikheid niks is om te vier nie. Ons opstandige vakbonde veroorsaak geweldige skade aan die samelewing, die ekonomie, die werkloses en aan die belange van die werkers self. Suid-Afrika het een van die hoogste stakingsyfers in die w&ecirc;reld - en ons stakings is van die gewelddadigstes. Tussen 2006 en 2011 het &#039;n gemiddeld van 507 werksdae verlore gegaan vir elke 1000 werkende Suid-Afrikaners - in vergelyking met &#039;n internasionale gemiddeld van net 30.6 dae per 1000 werkers in dieselfde tydperk.&nbsp;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-04-30T09:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T20:14:28+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/foter_workers.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"240\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"169\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: NIKS OM TE VIER OP WERKERSDAG NIE\",\"datePublished\":\"2015-04-30T09:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:14:28+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/\"},\"wordCount\":1036,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/foter_workers.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/\",\"name\":\"ARTIKEL: NIKS OM TE VIER OP WERKERSDAG NIE - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/foter_workers.jpg\",\"datePublished\":\"2015-04-30T09:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:14:28+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/foter_workers.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/foter_workers.jpg\",\"width\":240,\"height\":169,\"caption\":\"foter workers\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: NIKS OM TE VIER OP WERKERSDAG NIE\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: NIKS OM TE VIER OP WERKERSDAG NIE - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: NIKS OM TE VIER OP WERKERSDAG NIE - FW de Klerk Foundation","og_description":"Op 1 Mei het Suid-Afrika weer eens Werkersdag gevier - alhoewel daar in werklikheid niks is om te vier nie. Ons opstandige vakbonde veroorsaak geweldige skade aan die samelewing, die ekonomie, die werkloses en aan die belange van die werkers self. Suid-Afrika het een van die hoogste stakingsyfers in die w&ecirc;reld - en ons stakings is van die gewelddadigstes. Tussen 2006 en 2011 het 'n gemiddeld van 507 werksdae verlore gegaan vir elke 1000 werkende Suid-Afrikaners - in vergelyking met 'n internasionale gemiddeld van net 30.6 dae per 1000 werkers in dieselfde tydperk.&nbsp;","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2015-04-30T09:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T20:14:28+00:00","og_image":[{"width":240,"height":169,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/foter_workers.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: NIKS OM TE VIER OP WERKERSDAG NIE","datePublished":"2015-04-30T09:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:14:28+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/"},"wordCount":1036,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/foter_workers.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/","name":"ARTIKEL: NIKS OM TE VIER OP WERKERSDAG NIE - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/foter_workers.jpg","datePublished":"2015-04-30T09:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:14:28+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/foter_workers.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/foter_workers.jpg","width":240,"height":169,"caption":"foter workers"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-niks-om-te-vier-op-werkersdag-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: NIKS OM TE VIER OP WERKERSDAG NIE"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/823","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=823"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/823\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8118,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/823\/revisions\/8118"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/814"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=823"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=823"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=823"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}