{"id":820,"date":"2015-04-19T15:00:00","date_gmt":"2015-04-19T13:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/"},"modified":"2021-07-20T22:14:46","modified_gmt":"2021-07-20T20:14:46","slug":"artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: CECIL JOHN RHODES EN DIE RADIKALE INWERKINGSTELLING VAN DIE TWEEDE FASE VAN DIE NDR"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die beelde in die media van onlangse gebeure is uiters kommerwekkend: Rhodes se standbeeld, vasgebind en met &#8216;n bedekte kop &#8211; soos &#8216;n gyselaar van ISIS; die knielende burger wat Paul Kruger op Kerkplein bewaak wat met groen verf gegooi is; en studente wat op die tafels dans tydens die vergadering van die Raad van die UK terwyl hulle \u201ceen setlaar, een koe\u00ebl\u201d sing.<\/p>\n<p>Hierdie aggressie teen die simbole van die verlede spruit uit die stereotipering van wit Suid-Afrikaners wat lank reeds deur die ANC\/SAKP bevorder is. Gevolglik glo baie mense dat:<\/p>\n<ul>\n<li>wit mense die grond wat hulle nou besit \u201cgesteel\u201d het (al is groot dele daarvan sedert 1994 aangekoop);<\/li>\n<li>wit mense is ryk &#8211; nie omdat hulle hard gewerk het, sakeondernemings gebou het en kwalifikasies en vaardighede bekom het nie &#8211; maar danksy die voordele wat hulle uit eeue van die uitbuiting van swart mense verkry het;<\/li>\n<li>apartheid (dit wil s\u00ea wit mense) &#8211; en nie 21 jaar van regering onder die ANC nie &#8211; is verantwoordelik vir die huidige drievoudige krisis van swart armoede, ongelykheid en werkloosheid;<\/li>\n<li>min of niks het sedert 1994 verander met betrekking tot die verspreiding van welvaart of die beheer van die ekonomie nie (selfs al dikteer swart Suid-Afrikaners nou die ekonomiese, fiskale en arbeidsbeleid; selfs al maak swart Suid-Afrikaners 60% van die middelklas uit en al beheer hulle die staatsektor, semi-staatsinstellings, die informele sektor en 23% van die JSE &#8211; in vergelyking met 22% wat deur wit mense besit word); en dat<\/li>\n<li>wit mense nie behoorlik om verskoning gevra het vir die sondes van die verlede nie &#8211; selfs diegene wat in 1994 nog nie gebore was nie of kinders was.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Hierdie stereotipe is vererger deur &#8216;n toenemende verwerping van die Westerse kultuur &#8211; wat na verwys word as \u201cwitheid\u201d. Ingevolge di\u00e9 analise is Wes-Europe\u00ebrs skuldig daaraan dat hulle vir die afgelope 500 jaar die mense van Afrika, Latyns-Amerika en Asi\u00eb uitgebuit en onderdruk het. Hulle materi\u00eble sukses het sy oorsprong in hierdie meedo\u00ebnlose plundering en het &#8216;n ingebore sin van rassemeerderwaardigheid gekweek. Wit mense is dus per definisie rassiste &#8211; of hulle daarvan bewus is of nie. Swart mense kan egter nie rassisties wees nie omdat hulle sukkel teen die mag van wit instellings &#8211; soos die UK &#8211; wat op onregverdige wyse vermeerder het (selfs al geniet swart mense feitlik nou &#8216;n monopolie van politieke mag).<\/p>\n<p>President Zuma het in Januarie aangevoer dat al Suid-Afrika se probleme begin het by Jan van Riebeeck. Die huidige wrywing rondom ras pas mooi in by die ANC\/SAKP se \u201cradikale inwerkingstelling van die tweede fase van sy Nasionale Demokratiese Revolusie\u201d. Dit sal veral bydra tot die aanval op wit mense se eiendomsregte wat in nuwe wetgewing vervat word. Dit is in hierdie konteks dat die aanvalle op die simbole op die verlede oorweeg moet word.<\/p>\n<p>Op dieselfde oomblik wat die Rhodes-standbeeld by die UK verwyder is, het die regering &#8216;n staatsbesoek gehad van Robert Mugabe &#8211; die verpersoonliking van swart vergelding teen die wit minderheid. Tydens die besoek het President Zuma teruggekeer na sy tema oor die tweede fase: terwyl Afrika-lande politieke vryheid verkry het, word meerderheidsgroepe steeds onderwerp aan armoede en bestaan daar &#8216;n konsentrasie van rykdom onder burgers van wit of koloniale oorsprong. (Let op die woord \u201ckoloniale\u201d.) \u201cIndien ons hard gewerk het om politieke vryheid te bewerkstellig, dan is dit ons beurt om hard te werk om ekonomiese vryheid te bewerkstellig&#8230; Dit is vir my &#8216;n belangrike stryd om onsself ekonomies te bevry. Dit is dringend, dit is belangrik, dit is reg.\u201d<\/p>\n<p>Die kern van rassisme is die voortsetting van negatiewe stereotipes oor ras. Dit verlaag gewone mense tot onpersoonlike karikature &#8211; en moontlike teikens. Dit stel opswepers in staat om identifiseerbare groepe &#8211; of dit nou gay persone, Jode, wit boere of Somaliese winkeleienaars is &#8211; leed aan te doen.<\/p>\n<p>Die waardes wat die betogers en die ideolo\u00eb van die ANC\/SAKP verwerp is nie \u201cwit\u201d nie, anders as wat kommentators sal wil h\u00ea ons moet glo. Dit is &#8216;n aanduiding van wat werk in die menslike samelewing, en wat nie. Dit is gegrond op gelowe wat hul oorsprong het in Asi\u00eb; op Arabiese en Indiese wiskunde en astrologie; op Europese norme van demografiese regeringsbestuur; op geglobaliseerde tegnologie; en op ekonomiese ervaring.<\/p>\n<p>Hierdie internasionale kultuur bestaan uit alles wat gewone mense regoor die w\u00eareld nodig het of wil h\u00ea: jazz en popul\u00eare musiek met die oorsprong in Afrika; Amerikaanse films; gevegkuns uit Asi\u00eb; Britse sport soos sokker en krieket; Chinese, Japannese en Thai-kos. Suksesvolle samelewings wat oral ontstaan put uit hierdie algemene poel van kultuur, tegnologie en wetenskap &#8211; sonder om hul eie persoonlikhede te verloor. Dit behoort aan die mensdom.<\/p>\n<p>Die doel van universiteite is om studente bloot te stel aan hierdie poel &#8211; en om hulle in staat te stel om die kennis en vaardighede op te doen ten einde die w\u00eareld beter te verstaan en om in &#8216;n mededingende w\u00eareld suksesvol te wees.<\/p>\n<p>Die \u201cRhodes moet Val\u201d-betogers kan vergewe word vir hul onverantwoordelike optrede, want studente is, regdeur die geskiedenis, meer gemotiveer deur passie as deur gesonde verstand. Dit geld nie vir die ideolo\u00eb van die ANC\/SAKP nie. Hul tweede fase-beleide bestaan uit &#8216;n nuwe dimensie van rassediskriminasie danksy die staat. Hulle sal eiendomsregte wat noodsaaklik is vir alle suksesvolle samelewings, erodeer. Hulle sal buitelandse en plaaslike beleggings, wat nodig is vir volhoubare ekonomiese groei, ontmoedig; hulle sal ons voedselsekuriteit bedreig; en hulle sal die nasionale samehorigheid wat President Zuma glo wil bevorder, ernstig ondermyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit moet teengestaan word deur alle Suid-Afrikaners, swart en wit, wat steeds waarde heg aan die waardes wat in ons Grondwet verskans word, en wat toegewyd is tot werklike nie-rassigheid.<\/p>\n<p><em>Deur Dave Steward, Uitvoerende Direkteur van die FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"color: #000000;\"><span style=\"font-size: 8pt;\">\u00a0F<\/span><span style=\"font-size: 8pt;\">oto:\u00a0<a href=\"https:\/\/www.flickr.com\/photos\/tonycarr\/16481463023\/\"><span style=\"color: #000000;\">tony4carr<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<a href=\"http:\/\/foter.com\/\"><span style=\"color: #000000;\">Foter<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<\/span><span style=\"font-size: 8pt;\"><a href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by-sa\/2.0\/\"><span style=\"color: #000000;\">CC BY-SA<\/span><\/a><\/span>\u00a0<\/span><\/p>\n<hr \/>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/'>CECIL JOHN RHODES EN DIE RADIKALE INWERKINGSTELLING VAN DIE TWEEDE FASE VAN DIE NDR<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 133.75K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/?wpdmdl=4333&refresh=6a8b7b42211851787525954\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-810\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/rhodesmustfall.jpg\" alt=\"rhodesmustfall\" width=\"150\" height=\"113\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" \/>Rasseverhoudings in Suid-Afrika is nou meer weerbarstig as wat dit ter enige tyd sedert 1994 was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die triomfantelike verwydering van Rhodes se standbeeld van die UK en die veldtog teen ander simbole uit die tydperk voor 1994 is simptome van diepgesetelde rassehoudings &#8211; veral onder die afvallige jeug van die ontluikende swart middelklas.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":810,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-820","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: CECIL JOHN RHODES EN DIE RADIKALE INWERKINGSTELLING VAN DIE TWEEDE FASE VAN DIE NDR - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: CECIL JOHN RHODES EN DIE RADIKALE INWERKINGSTELLING VAN DIE TWEEDE FASE VAN DIE NDR - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Rasseverhoudings in Suid-Afrika is nou meer weerbarstig as wat dit ter enige tyd sedert 1994 was. Die triomfantelike verwydering van Rhodes se standbeeld van die UK en die veldtog teen ander simbole uit die tydperk voor 1994 is simptome van diepgesetelde rassehoudings - veral onder die afvallige jeug van die ontluikende swart middelklas.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-04-19T13:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T20:14:46+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/rhodesmustfall.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"240\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"180\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: CECIL JOHN RHODES EN DIE RADIKALE INWERKINGSTELLING VAN DIE TWEEDE FASE VAN DIE NDR\",\"datePublished\":\"2015-04-19T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:14:46+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/\"},\"wordCount\":988,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/rhodesmustfall.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/\",\"name\":\"ARTIKEL: CECIL JOHN RHODES EN DIE RADIKALE INWERKINGSTELLING VAN DIE TWEEDE FASE VAN DIE NDR - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/rhodesmustfall.jpg\",\"datePublished\":\"2015-04-19T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:14:46+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/rhodesmustfall.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/rhodesmustfall.jpg\",\"width\":240,\"height\":180,\"caption\":\"rhodesmustfall\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: CECIL JOHN RHODES EN DIE RADIKALE INWERKINGSTELLING VAN DIE TWEEDE FASE VAN DIE NDR\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: CECIL JOHN RHODES EN DIE RADIKALE INWERKINGSTELLING VAN DIE TWEEDE FASE VAN DIE NDR - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: CECIL JOHN RHODES EN DIE RADIKALE INWERKINGSTELLING VAN DIE TWEEDE FASE VAN DIE NDR - FW de Klerk Foundation","og_description":"Rasseverhoudings in Suid-Afrika is nou meer weerbarstig as wat dit ter enige tyd sedert 1994 was. Die triomfantelike verwydering van Rhodes se standbeeld van die UK en die veldtog teen ander simbole uit die tydperk voor 1994 is simptome van diepgesetelde rassehoudings - veral onder die afvallige jeug van die ontluikende swart middelklas.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2015-04-19T13:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T20:14:46+00:00","og_image":[{"width":240,"height":180,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/rhodesmustfall.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: CECIL JOHN RHODES EN DIE RADIKALE INWERKINGSTELLING VAN DIE TWEEDE FASE VAN DIE NDR","datePublished":"2015-04-19T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:14:46+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/"},"wordCount":988,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/rhodesmustfall.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/","name":"ARTIKEL: CECIL JOHN RHODES EN DIE RADIKALE INWERKINGSTELLING VAN DIE TWEEDE FASE VAN DIE NDR - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/rhodesmustfall.jpg","datePublished":"2015-04-19T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:14:46+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/rhodesmustfall.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/rhodesmustfall.jpg","width":240,"height":180,"caption":"rhodesmustfall"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-cecil-john-rhodes-en-die-radikale-inwerkingstelling-van-die-tweede-fase-van-die-ndr\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: CECIL JOHN RHODES EN DIE RADIKALE INWERKINGSTELLING VAN DIE TWEEDE FASE VAN DIE NDR"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/820","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=820"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/820\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8120,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/820\/revisions\/8120"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/810"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=820"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=820"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=820"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}