{"id":790,"date":"2015-02-27T15:00:00","date_gmt":"2015-02-27T13:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/"},"modified":"2021-07-20T22:20:52","modified_gmt":"2021-07-20T20:20:52","slug":"artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: PRESIDENT ZUMA SE REAKSIE OP DIE STAATSREDE"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n<p>Alhoewel sy toon versoenend was, was die inhoud van sy toespraak egter nie.<\/p>\n<p>Rede tot kommer duik reeds vroeg in sy antwoord op wanneer hy verwys na die 21 jaar wat verstryk het sedert \u201cons begin het met die radikale oorgang van kolonialisme van \u2019n spesiale soort na \u2019n Nasionale Demokratiese Samelewing, wat gegrond is op die strategiese visie van die Vryheidsmanifes.\u201d<\/p>\n<p>\u201cKolonialisme van \u2019n Spesiale Soort\u201d en die \u201cVryheidsmanifes\u201d is albei ideologiese konstruksies van die SAKP. Die \u201cNasionale Demokratiese Samelewing\u201d is die doel van die Nasionale Demokratiese Revolusie (n\u00f3g \u2019n konstruksie van die SAKP), wat gekenmerk sal word deur demografiese verteenwoordiging op alle vlakke van beheer, eienaarskap, bestuur en indiensneming in die private en openbare sektore.<\/p>\n<p>Die SAKP erken dat daar sedert die ANC se konferensie in Polokwane in 2007 \u2019n \u201caansienlike versterking van die linkse beweging se ideologiese posisie oor die regering se ekonomiese en maatskaplike beleide en programme\u201d plaasgevind het. Die SAKP voer aan dat die aanvaarding van die Nuwe Groeiplan en die Aksieplan vir Nywerheidsbeleid en die verwerping van die \u201cgewillige koper, gewillige verkoper\u201d-benadering tot grondhervorming van die \u201cgroot paradigmaskuiwe\u201d is wat dit verwesenlik het.<\/p>\n<p>Eerstens is daar die herhaling van die ANC se huidige hooftema betreffende die behoefte aan \u201cradikale ekonomiese transformasie\u201d. Suid-Afrika worstel steeds met \u201carmoede, ongelykheid en werkloosheid\u201d &#8211; nie weens enige mislukking van die regering se eie beleide nie &#8211; maar omdat \u201cons nie die struktuur van die ekonomie fundamenteel aangeraak het ten einde ware ekonomiese transformasie te verwesenlik nie.\u201d<\/p>\n<p>Volgens President Zuma sal radikale ekonomiese transformasie die volgende insluit:<\/p>\n<ul>\n<li>Strenger inwerkingstelling van BSEB in ooreenstemming met die wet van 2014 en regulasies wat nou afgehandel word;<\/li>\n<li>Nuwe nywerheidsinisiatiewe, ge\u00efnspireer deur die SAKP, ten einde plaaslike minerale te veredel &#8211; klaarblyklik teen pryse wat deur die Staat aan die mynmaatskappye voorgeskryf word;<\/li>\n<li>&#8216;n Nywerheidsbeleid deur die Staat wat swart nyweraars sal &#8220;skep&#8221; en ondersteun;<\/li>\n<li>&#8220;voortdurende&#8221; uitbreiding van (openbare\/swart) eienaarskap van die ekonomie deur \u201ckartels en monopolie\u00eb af te breek\u201d;<\/li>\n<li>Verdere verskansing van COSATU se beheer van arbeidsbeleid deur alle tydelike indiensneming van meer as drie maande te verbied, en deur &#8216;n debat by NEDLAC te begin betreffende \u2019n \u201cnasionale minimum loon\u201d; en<\/li>\n<li>Om voort te gaan met planne om die grootte van plase tot minder as 12 000 hektaar te beperk &#8211; ten spyte van die feit dat ongeveer 100 sodanige plase 70% van Suid-Afrika se kos produseer &#8211; en om voort te gaan met die beginsel van 50\/50, waar plaaswerkers en boere eienaarskap van die plaas deel\u201d.<\/li>\n<\/ul>\n<p>PresidentZuma regverdig hierdie radikale inisiatiewe deur te beweer dat \u201cons steeds ongelykheid in die gesig staar\u201d&#8230; \u201cDie inkomste van wit huishoudings is steeds ses keer meer as di\u00e9 van swart huishoudings. Daarbenewens besit die swart meerderheid steeds slegs 3% van die Johannesburgse Effektebeurs.\u201d<\/p>\n<p>Die struktuur van die ekonomie het egter in der waarheid baie oor die afgelope 21 jaar verander:<\/p>\n<ul>\n<li>Die ANC beheer 36% van die ekonomie &#8211; met inbegrip van semi-staatsinstellings &#8211; en bepaal ekonomiese, fiskale en arbeidsbeleide;<\/li>\n<li>Swart Suid-Afrikaners besit 23% (en nie 3%) van aandele op die JEB; 22% word deur wit mense besit en 39% deur buitelanders (eienaarskap ten opsigte van ras van die orige 16% kan nie bepaal word nie); en<\/li>\n<li>Hulle maak nou 60% uit van die top-inkomstegroepe. Voortgesette verskille tussen swart en wit huishoudings is weens &#8216;n baie ho\u00ebr werkloosheidsyfer en laer onderwyskwalifikasies onder swart mense &#8211; en nie hoofsaaklik weens ras nie (daar bestaan soortgelyke verskille tussen die huishoudings van die swart middelklas en swart mense in die onderste inkomstegroepe).<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die President gee toe dat die ekonomie nie vinnig genoeg groei nie &#8211; maar s\u00ea dat dit ook op &#8216;n manier Suid-Afrika se sukses weerspie\u00ebl: dit \u201cweerspie\u00ebl die relatiewe vlak van ontwikkeling van Suid-Afrika se ekonomie in vergelyking met die streeksekonomie\u00eb&#8230;Minder ontwikkelde lande neig om vinniger te groei as meer ontwikkelde lande.\u201d Dit laat &#8216;n mens wonder hoe President Mbeki se administrasie groeikoerse van 5% behaal het voordat hy en sy GEAR-beleide in 2007 in Polokwane uitgewerk is. Wat van China en Indi\u00eb?<\/p>\n<p>Die President het ook toegegee dat beurtkrag \u201cwel &#8216;n ernstige uitdaging en &#8216;n hindernis vir ekonomiese groei is\u201d. Hy verseker ons egter dat \u201cdaar &#8216;n plan op die kort, medium en lang termyn is om die energie-uitdaging aan te pak\u201d.<\/p>\n<p>Nietemin is Suid-Afrika \u201c\u2019n suksesverhaal\u201d. Volgens die President:<\/p>\n<ul>\n<li>Is \u201cal ons demokratiese instellings, met inbegrip van staatsagentskappe, sterk en funksioneel\u201d (<em>Die Parlement? Die SAPD? Eskom? SAL? SAUK? NVG? Die Poskantoor? Binnelandse Sake? Basiese Onderwys? Provinsies? Munisipaliteite?<\/em>);<\/li>\n<li>Word \u201cvordering gemaak om die uitkomste in die basiese onderwyssektor te verbeter\u201d (<em>met slegs &#8216;n agste van ons kinders wat skool met &#8216;n aanvaarbare matriekslaagsyfer verlaat &#8211; en met SADOU wat sy ystergreep op die meeste skole handhaaf?<\/em>);<\/li>\n<li>\u201c\u2026[word] aandag geskenk aan onstabiliteit in die topstrukture van instellings wat misdaad beveg\u201d (<em>deur Anwar Dramat en Mxolisi Nxasana van die NVG te vervang?<\/em>).<\/li>\n<li>\u201c&#8230;[het] ons die stryd teen misdaad en korrupsie prioritiseer\u201d (<em>deur een onervare kader met &#8216;n ander as Polisiekommissaris te vervang &#8211; en deur die Openbare Beskermer te ondermyn?<\/em>);<\/li>\n<li>\u00a0\u201cDie ekonomie beskik oor die nodige dinamika om die land te posisioneer as &#8216;n mededinger in &#8216;n moeilike ekonomiese omgewing\u201d (<em>met ekonomiese groei van slegs 1.4% &#8211; tesame met die sistematiese vervreemding van buitelandse en plaaslike beleggers?<\/em>).<\/li>\n<\/ul>\n<p>Moenie mislei word deur die gemoedelikheid en laggies nie: President Zuma se subteks was &#8216;n kommerwekkende boodskap dat die ANC\/SAKP vasbeslote is om teen enige koste voort te gaan met die radikale inwerkingstelling van die tweede fase van die NDR.<\/p>\n<p>Die tweede fase-benadering is egter deur ideolo\u00eb van die SAKP ontwerp, en nie deur rasionele ekonome nie. Dit kan nie versoen word met die Nasionale Ontwikkelingsplan nie &#8211; en ook nie met die nege-punt-program wat President Zuma self tydens sy Staatsrede aangekondig het nie &#8211; en veral nie met betrekking tot die \u201cherstel van landbou\u201d; \u201cheg van waarde aan minerale rykdom\u201d ; \u201cvermindering van konflik in die werkplek\u201d; \u201cdie ontsluiting van klein sakeondernemings se potensiaal\u201d; en veral die \u201caanmoediging van private belegging\u201d nie.\u201d<\/p>\n<p>&#8216;n Mens kan nie die skade genoeg beklemtoon wat aan die ekonomie, nasionale eenheid en die grondwetlike grondslag van ons nuwe samelewing gerig sal word deur die benadering wat President Zuma weer eens in sy reaksie op die Staatsrede herhaal het nie. Ons kan nie s\u00ea dat ons nie gewaarsku is nie.<\/p>\n<p><em>Deur Dave Steward: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"color: #000000; font-size: 8pt;\">Foto:<\/span><span style=\"font-size: 8pt;\">\u00a0<a href=\"https:\/\/www.flickr.com\/photos\/governmentza\/16372689420\/\"><span style=\"color: #000000;\">GovernmentZA<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<a href=\"http:\/\/foter.com\/\"><span style=\"color: #000000;\">Foter<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<span style=\"color: #000000;\"><a href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by-nd\/2.0\/\">CC BY-ND<\/a><\/span><\/span><span style=\"color: #000000; font-size: 8pt;\"><a href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by-nd\/2.0\/\"><span style=\"color: #000000;\">\u00a0<\/span><\/a><\/span><\/p>\n<hr \/>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/'>PRESIDENT ZUMA SE REAKSIE OP DIE STAATSREDE<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 119.39K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/?wpdmdl=4320&refresh=6a8b89cf11ac81787529679\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-787\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/sona_debate_foter.jpg\" alt=\"sona debate foter\" width=\"150\" height=\"138\" \/>Baie Suid-Afrikaners is bekoor deur die meer versoenende toon wat President Zuma aangeneem het in sy reaksie verlede week op die debat oor die staatsrede. Hy was pittig, gemoedelik en humoristies &#8211; selfs teenoor sy bitterste kritici.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":787,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-790","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: PRESIDENT ZUMA SE REAKSIE OP DIE STAATSREDE - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: PRESIDENT ZUMA SE REAKSIE OP DIE STAATSREDE - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Baie Suid-Afrikaners is bekoor deur die meer versoenende toon wat President Zuma aangeneem het in sy reaksie verlede week op die debat oor die staatsrede. Hy was pittig, gemoedelik en humoristies - selfs teenoor sy bitterste kritici.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-02-27T13:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T20:20:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/sona_debate_foter.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"240\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"221\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: PRESIDENT ZUMA SE REAKSIE OP DIE STAATSREDE\",\"datePublished\":\"2015-02-27T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:20:52+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/\"},\"wordCount\":1059,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/sona_debate_foter.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/\",\"name\":\"ARTIKEL: PRESIDENT ZUMA SE REAKSIE OP DIE STAATSREDE - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/sona_debate_foter.jpg\",\"datePublished\":\"2015-02-27T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:20:52+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/sona_debate_foter.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/sona_debate_foter.jpg\",\"width\":240,\"height\":221,\"caption\":\"sona debate foter\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: PRESIDENT ZUMA SE REAKSIE OP DIE STAATSREDE\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: PRESIDENT ZUMA SE REAKSIE OP DIE STAATSREDE - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: PRESIDENT ZUMA SE REAKSIE OP DIE STAATSREDE - FW de Klerk Foundation","og_description":"Baie Suid-Afrikaners is bekoor deur die meer versoenende toon wat President Zuma aangeneem het in sy reaksie verlede week op die debat oor die staatsrede. Hy was pittig, gemoedelik en humoristies - selfs teenoor sy bitterste kritici.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2015-02-27T13:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T20:20:52+00:00","og_image":[{"width":240,"height":221,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/sona_debate_foter.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: PRESIDENT ZUMA SE REAKSIE OP DIE STAATSREDE","datePublished":"2015-02-27T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:20:52+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/"},"wordCount":1059,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/sona_debate_foter.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/","name":"ARTIKEL: PRESIDENT ZUMA SE REAKSIE OP DIE STAATSREDE - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/sona_debate_foter.jpg","datePublished":"2015-02-27T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:20:52+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/sona_debate_foter.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/sona_debate_foter.jpg","width":240,"height":221,"caption":"sona debate foter"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: PRESIDENT ZUMA SE REAKSIE OP DIE STAATSREDE"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/790","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=790"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/790\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8124,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/790\/revisions\/8124"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/787"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=790"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=790"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=790"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}