{"id":783,"date":"2015-01-22T15:00:00","date_gmt":"2015-01-22T13:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/"},"modified":"2021-07-20T22:22:18","modified_gmt":"2021-07-20T20:22:18","slug":"verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/","title":{"rendered":"VERKLARING: FW DE KLERK PRAAT IN WENE OOR OEKRA\u00cfNE"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea dat die era van homogene nasie verby is. \u201cImmigrasie, emigrasie en die geskiedenis soos dit ontvou het gelei tot \u2019n situasie waar bevolkings regoor die w\u00eareld al hoe meer divers raak &#8211; en waarin die grootste meerderheid van lande oor minderhede beskik wat meer as 10% van hul bevolkings uitmaak.\u201d<\/p>\n<p>Diversiteit het twee bre\u00eb oorspronge: eerstens, waar verskillende mense geskiedkundig ingesluit is binne dieselfde grense; en tweedens, as gevolg van immigrasie.<\/p>\n<p>Volgens De Klerk is historiese minderhede in baie dele van die w\u00eareld besig om toenemend onrustig te raak. \u201cIn streke soos Skotland, Kataloni\u00eb , Koerdistan, die Donbass-streek van die Oekra\u00efne &#8211; en selfs Venesi\u00eb &#8211; lande wat lank dormant was\u201d, is weer besig om te ontwaak &#8211; met verreikende gevolge vir die lande waaraan hulle behoort\u201d.<\/p>\n<p>Die krisis in Oekra\u00efne spruit ook uit sy versuim om diverse etniese en linguistiese gemeenskappe te akkommodeer. \u201c77.5% van die bevolking is etniese Oekra\u00efners en 17.2% is etniese Russe. Baie van die etniese Oekra\u00efners praat egter Russies as eerste taal &#8211; 67% van die mense praat Oekra\u00efens en 30% praat Russies. Die politieke verdeeldheid stem ooreen met die tale wat gepraat word. In die verkiesing in 2010 het die noordwestelike deel van die land, wat hoofsaaklik Oekra\u00efens praat, vir Yulia Tymoshenko gestem, terwyl die Russiessprekende suidoostelike deel hul steun aan haar teenstander, Viktor Yanukovych, toeges\u00ea het. Yanukovych het die verkiesing, wat oor die algemeen as vry en regverdig beskou is, gewen. Tymoshenko het in die tronk beland\u201d.<\/p>\n<p>De Klerk het ges\u00ea dat die probleme verlede jaar in Februarie \u2019n brandpunt bereik het toe Yanukovych \u2019n ooreenkoms met die EU verwerp het en nader aan die Russe beweeg het. Nadat onluste uitgebreek het, wat hoofsaaklik aangehits is deur Oekra\u00efense stemme wat die EU goedgesind is, is Yanukovych gedwing om na Rusland te vlug en sy weelderige presidensi\u00eble paleis en oorvloedige bewyse van korrupsie in die staat agter te laat.<\/p>\n<p>Een van die eerste dade van die nuwe Oekra\u00efense parlement was om Russies as streektaal af te skaf. Alhoewel die maatre\u00ebl gevolglik deur die waarnemende President geveto is, het dit getuig van die revolusion\u00eares se anti-Russiese houding.<\/p>\n<p>Die Russe het vinnig teruggekap deur die Krim in te val, wat hoofsaaklik deur etniese Russe bevolk word en wat die strategiese Russiese vlootbasis van Sebastopol insluit.<\/p>\n<p>Dit het gelei tot teenbeskuldigings deur die Weste en die instelling van sanksies wat hoofsaaklik teen Russiese leiers gemik is. Sedertdien steun Rusland ongetwyfeld \u2019n Russiese opstand in die suidooste van Oekra\u00efne. Europa staar een van die ernstigste milit\u00eare konfrontasies sedert die einde van die Koue Oorlog in die gesig.<\/p>\n<p>De Klerk het opgemerk dat dit alles \u201cdie behoefte aan die doeltreffende bestuur van etniese, godsdienstige en linguistieke diversiteit in \u2019n toenemend multikulturele w\u00eareld beklemtoon. Watter regte behoort hierdie minderhede h\u00ea om hul tale te praat, om hul kulture en godsdienste vrylik uit te oefen en om hul eie kulturele en taalaangeleenthede te bestuur?\u201d<\/p>\n<p>Hy het gevra of minderhede wat uit duidelike streeksmeerderhede bestaan die reg behoort te h\u00ea om af te stig &#8211; en het daarop gewys dat hierdie reg in die geval van Skotland en Quebec aanvaar sou word &#8211; indien meerderhede wat ten gunste van afstigting was hul referendums gewen het.<\/p>\n<p>Die meeste lande met etniese minderhede &#8211; met inbegrip van Rusland &#8211; is egter vasbeslote oor die behoud van hul territoriale integriteit.<\/p>\n<p>Volgens De Klerk is die krisis in Oekra\u00efne nie alleenlik deur wrywing in streke en taalbeleid veroorsaak nie: die onderliggende oorsaak was dat Oekra\u00efne, n\u00e1 die omverwerping van die Yanukovych-regering, begin het om na die Europese Unie te leun. Vir die Russe &#8211; wat nog rou na die vernedering van die verbrokkeling van die Sowjet-Unie &#8211; was d\u00edt ondraaglik.<\/p>\n<p>De Klerk het gewaarsku dat niemand die Russiese Beer moet ignoreer wanneer dit in \u2019n gevaarlike bui is nie. Hy het ges\u00ea dat die feit dat lande die belange van ander state in ag moet neem in die mate waarop hulle mag beheer, een van die blywende beginsels van internasionale betrekkinge is &#8211; of mens daarvan hou of nie.<\/p>\n<p>Rusland is die grootste land in die w\u00eareld en kan gebeure in al die streke waaraan dit grens, be\u00efnvloed. Op milit\u00eare gebied is dit die tweede magtigste land in die w\u00eareld.<\/p>\n<p>Die situasie raak al hoe meer onstabiel weens die huidige ineenstorting van die Russiese ekonomie; die sanksies wat deur die Weste ingestel is; en die diep gevoel van vernedering en vervreemding wat die Russe sedert die ineenstorting van die Sowjet-Unie ervaar het. Dit het \u2018n uiters gevaarlik kombinasie tot gevolg gehad<\/p>\n<ul>\n<li>gewonde nasionale trots;<\/li>\n<li>maatskaplike, politiese en ekonomiese onstabiliteit;<\/li>\n<li>hernieude nasionalistiese populisme;<\/li>\n<li>swak of nie-bestaande grondwetlike instellings;<\/li>\n<li>reuse milit\u00eare mag; en<\/li>\n<li>die ooglopende bereidwilligheid om milit\u00eare mag te ontplooi ten einde die nasionale belang na te streef.<\/li>\n<\/ul>\n<p>De Klerk het ges\u00ea dat hy neig om met Henry Kissinger saam te stem dat die Weste se versuim om die spesiale betekenis wat Oekra\u00efne vir Rusland ingehou het, te verstaan, \u2019n \u201cfatale fout\u201d was.<\/p>\n<p>De Klerk het voorgestel dat Suid-Afrika se grondwetlike onderhandelings in die vroe\u00eb 90s in \u2019n mate betrekking het op die situasie in Oekra\u00efne &#8211; alhoewel die twee situasies in baie opsigte baie verskil. Hy het ges\u00ea dat die Weste<\/p>\n<ul>\n<li>beleide moet vermy wat die Russe verder sal verneder;<\/li>\n<li>die redelike belange van al die betrokke partye in die konflik in ag moet neem;<\/li>\n<li>grondwetlike onderhandelings van stapel moet stuur &#8211; soortgelyk aan die proses wat Suid-Afrika gevolg het &#8211;\u00a0 wat alle partye in die huidige konflik betrek;<\/li>\n<li>\u2019n nuwe referendum onder internasionale toesig moet hou om vas te stel wat die menings van die mense van die Krim oor hul toekoms is;<\/li>\n<li>die onafhanklikheid en territoriale integriteit van Oekra\u00efne waarborg met behoorlike voorsorgmaatre\u00ebls met betrekking tot die taal- en kultuurregte van alle gemeenskappe; en<\/li>\n<li>agter die skerms \u2018n baie sterk en geloofwaardige boodskap uitstuur dat die strewe na nasionale belange deur milit\u00eare mag te gebruik onaanvaarbaar is en deur NAVO met al die middele tot sy beskikking teengestaan moet word.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die toekomstige stabiliteit en sekuriteit van \u2019n baie groot deel van die w\u00eareld mag daarvan afhang.<\/p>\n<p><em>Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"font-size: 8pt; color: #000000;\">Foto:\u00a0<a href=\"https:\/\/www.flickr.com\/photos\/brj_bringin_the_shit_up_in_here_bitches\/15156206376\/\"><span style=\"color: #000000;\">BRJ INC.<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<a href=\"http:\/\/foter.com\/\"><span style=\"color: #000000;\">Foter<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<a href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by-nc-nd\/2.0\/\"><span style=\"color: #000000;\">CC BY-NC-ND<\/span><\/a><\/span><\/p>\n<hr \/>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/'>FW DE KLERK PRAAT IN WENE OOR OEKRA\u00cfNE<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 103.36K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/?wpdmdl=4315&refresh=6aaf136029c641789858656\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-740\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/01\/vienna-foter-sml.jpg\" alt=\"vienna-foter-sml\" width=\"150\" height=\"100\" \/>Tydens \u2019n toespraak op 20 Januarie het FW de Klerk aandag geskenk aan die vrae rondom regionalisme en taalkundige minderhede en die rol wat hulle speel met betrekking tot die huidige krisis in Oekra\u00efne.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":740,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[32,300],"tags":[],"class_list":["post-783","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-verklarings"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>VERKLARING: FW DE KLERK PRAAT IN WENE OOR OEKRA\u00cfNE - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"VERKLARING: FW DE KLERK PRAAT IN WENE OOR OEKRA\u00cfNE - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Tydens \u2019n toespraak op 20 Januarie het FW de Klerk aandag geskenk aan die vrae rondom regionalisme en taalkundige minderhede en die rol wat hulle speel met betrekking tot die huidige krisis in Oekra\u00efne.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-01-22T13:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T20:22:18+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/01\/vienna-foter-sml.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"240\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"160\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"FW de Klerk\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"VERKLARING: FW DE KLERK PRAAT IN WENE OOR OEKRA\u00cfNE\",\"datePublished\":\"2015-01-22T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:22:18+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/\"},\"wordCount\":1066,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/01\/vienna-foter-sml.jpg\",\"articleSection\":[\"Nuus\",\"Verklarings\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/\",\"name\":\"VERKLARING: FW DE KLERK PRAAT IN WENE OOR OEKRA\u00cfNE - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/01\/vienna-foter-sml.jpg\",\"datePublished\":\"2015-01-22T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:22:18+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/01\/vienna-foter-sml.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/01\/vienna-foter-sml.jpg\",\"width\":240,\"height\":160,\"caption\":\"vienna-foter-sml\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"VERKLARING: FW DE KLERK PRAAT IN WENE OOR OEKRA\u00cfNE\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"VERKLARING: FW DE KLERK PRAAT IN WENE OOR OEKRA\u00cfNE - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"VERKLARING: FW DE KLERK PRAAT IN WENE OOR OEKRA\u00cfNE - FW de Klerk Foundation","og_description":"Tydens \u2019n toespraak op 20 Januarie het FW de Klerk aandag geskenk aan die vrae rondom regionalisme en taalkundige minderhede en die rol wat hulle speel met betrekking tot die huidige krisis in Oekra\u00efne.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2015-01-22T13:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T20:22:18+00:00","og_image":[{"width":240,"height":160,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/01\/vienna-foter-sml.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"FW de Klerk","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"VERKLARING: FW DE KLERK PRAAT IN WENE OOR OEKRA\u00cfNE","datePublished":"2015-01-22T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:22:18+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/"},"wordCount":1066,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/01\/vienna-foter-sml.jpg","articleSection":["Nuus","Verklarings"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/","name":"VERKLARING: FW DE KLERK PRAAT IN WENE OOR OEKRA\u00cfNE - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/01\/vienna-foter-sml.jpg","datePublished":"2015-01-22T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:22:18+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/01\/vienna-foter-sml.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/01\/vienna-foter-sml.jpg","width":240,"height":160,"caption":"vienna-foter-sml"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-fw-de-klerk-praat-in-wene-oor-oekraine\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"VERKLARING: FW DE KLERK PRAAT IN WENE OOR OEKRA\u00cfNE"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/783","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=783"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/783\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8132,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/783\/revisions\/8132"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/740"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=783"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=783"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=783"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}