{"id":698,"date":"2014-11-20T15:00:00","date_gmt":"2014-11-20T13:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-universele-kinderdag\/"},"modified":"2021-07-20T22:25:11","modified_gmt":"2021-07-20T20:25:11","slug":"artikel-universele-kinderdag-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: UNIVERSELE KINDERDAG"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit herdenk die dag waarop die VN se <em>Algemene Vergadering die Verklaring oor die Regte van Kinders<\/em> in 1959 en die <em>Konvensie oor die Regte van die Kind<\/em> in 1989 aanvaar het. Beide hierdie verklarings voer aan dat kinders die reg het om, onder andere, teen geweld beskerm te word.<\/p>\n<p>Navorsing wys daarop dat Suid-Afrika een van die hoogste koerse van geweld het in die w\u00eareld, waar geweld gemeet word, en dit sluit \u2019n ongekende ho\u00eb koers van geweld teen kinders in skole in. Dit het baie aandag van die media oor die afgelope paar maande gelok. Volgens \u2019n studie wat in 2013 deur die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) onderneem is, het 55% van die leerders wat aan die opname deelgeneem het, aangedui dat hulle geweld in skole aanvaar &#8211; met inbegrip van afknouery, aanranding, seksuele teistering, lyfstraf en diefstal.<\/p>\n<p><strong>Die Feite oor Geweld in Skole<\/strong><\/p>\n<p>Die beskerming van kinders teen alle vorme van geweld is \u2019n fundamentele reg wat deur die <em>Konvensie oor die Regte van die Kind<\/em>, soos deur Suid-Afrika onderteken en bekragtig is, gewaarborg word. Die VN se internasionale studie oor geweld teen kinders definieer geweld as \u201c<em>alle vorme van fisiese, geestelike geweld, besering of mishandeling, verwaarlosing of natalige behandeling, mishandeling of uitbuiting, met inbegrip van seksuele aanranding.<\/em>\u201d Nie net het Suid-Afrika die <em>Konvensie oor die Regte van die Kind<\/em> onderteken nie, maar artikel 28 van die Grondwet verklaar dat \u201c<em>elke kind die reg het om teen mishandeling, verwaarlosing, misbruik of vernedering beskerm te word<\/em>.\u201d<\/p>\n<p>Geweld teen kinders vind plaas in verskeie omgewings: in die huis, by die skool, in die sorg van die regstelsel en in die gemeenskap. Dit sluit in verkragting, moord, lyfstraf en afknouery, asook verskeie ander dade wat deur die VN gedefinieer word. In skole manifesteer dit hoofsaaklik in drie vorms: seksuele aanranding, lyfstraf en afknouery. Dit ondermyn die kinders se regte, met inbegrip van hul reg op basiese onderwys.<\/p>\n<p>Die Sentrum vir Geregtigheid en Misdaadvoorkoming (SGM) het bevind dat skole een van die algemeenste plekke is waar seksuele aanranding plaasvind. Volgens \u2019n onlangse studie wat in die <em>Cape Times<\/em> gepubliseer is, is ten minste twee minderjariges per dag oor die afgelope drie maande verkrag. Die studie het voorts bevind dat ongeveer 21% van verkragtings van minderjariges in skole plaasvind &#8211; veral in landelike skole. Een opvoeder het die seksuele aanranding van leerders as \u2019n \u201cbyvoordeel\u201d beskryf omdat opvoeders lae salarisse ontvang. Dit beteken egter nie dat opvoeders die enigste oortreders van verkragting is nie; studente is ook verantwoordelik. In Maart 2013 is \u2019n vyf-jarige meisie deur drie seuns op die skoolgrond van \u2019n skool in Mitchell\u2019s Plain verkrag. Di\u00e9 voorvalle is aan die toeneem en dit blyk asof daar nie juis gevolge vir hierdie dade is nie.<\/p>\n<p>Lyfstraf kom ook by skole voor. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) raam dat 2.2 miljoen kinders in 2012 aan lyfstraf onderwerp is &#8211; \u2019n beduidende toename in hierdie voorvalle. Hierdie vorm van straf kan ernstige beserings tot gevolg h\u00ea, sowel as sielkundige skade. Artikel 10 van die <em>Suid-Afrikaanse Skolewet<\/em>, 1996 verbied lyfstraf, en tog word meer as 12\u00a0000 leerders daagliks geviktimiseer.<\/p>\n<p>Afknouery is die derde algemeenste vorm van geweld in skole. Volgens \u2019n studie wat deur die SGM uitgevoer is dui daarop dat 41% van leerders in Kaapstad, 33% leerders in Durban en 13% leerders in die Oos-Kaap aangedui het dat hulle afgeknou word.<\/p>\n<p><strong>Gevolge van Geweld<\/strong><\/p>\n<p>Geweld in skole het \u2019n ernstige uitwerking op leerders. Dit ondermyn \u2019n kind se toekomstige potensiaal en het \u2019n negatiewe uitwerking op hul fisiese en sielkundige welstand. Studies wys daarop dat dit ernstige gevolge kan h\u00ea op \u2019n student se akademiese sukses, met inbegrip van:<\/p>\n<ul>\n<li>\u2019n Verhoogde risiko van onderprestasie;<\/li>\n<li>\u2019n Ho\u00eb moontlikheid dat skoolopleiding nie voltooi word nie;<\/li>\n<li>Laer punte;<\/li>\n<li>Laer vlakke van selfdoeltreffendheid; en<\/li>\n<li>Gedragsprobleme.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Geweld kweek geweld, en die stilte betreffende hierdie dade skep \u2019n omgewing wat hierdie optrede goedkeur. Kinders wat geweld ervaar, neem aan dat dit eie is aan die samelewing en dus aanvaarbaar is, wat \u2019n gewelddadige siklus skep wat altyd voortduur.<\/p>\n<p><strong>Evaluering van die Staat se Betrokkenheid <\/strong><\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse regering is kragtens die Grondwet verplig om teen geweld te beskerm en om kinders se reg op basiese onderwys te verseker. Die Departement van Onderwys, die regstelsel en Hoofstuk 9-instellings deel hierdie verantwoordelikheid. Onlangse voorvalle dui daarop dat die regering versuim om geweld in skole te bekamp. Die Departement van Onderwys in die Wes-Kaap is byvoorbeeld die enigste provinsie wat oor \u2019n bindende prosedure beskik om lyfstraf aan te pak. Sonder \u2019n daadwerklike poging deur die regering sal geen vordering gemaak word om die probleem op te los nie.<\/p>\n<p>Opvoeders is ook deur die reg gebonde om kinders wat hul skole bywoon, te beskerm. \u2019n Opvoeder vertolk die rol van <em>loco parentis<\/em>: \u2019n wettige en morele plig om na die leerders om te sien; om as ouer of voog op te tree wanneer die kinders op die speelgrond is. Opvoeders het kragtens die gemenereg \u2019n plig om studente se fisiese en geestelike welstand te beskerm, maar die omvang van geweld en skole maak dit duidelik dat opvoeders nie hierdie rol ernstig opneem nie.<\/p>\n<p>Wette word ingestel om kinders teen geweld in skole te beskerm, maar dit is nie genoeg dat die staat wette instel nie. Met geweld in skole wat toeneem moet die regering oor \u2019n duidelike, bondige aksieplan beskik om die probleem aan te pak; andersins sal die onderwysstelsel steeds negatief geraak word. Meer voldoende wetlike prosedures is nodig om werk te maak van oortreders, sowel as \u2019n praktiese plan om mishandeling te voorkom. Daar word tans oor \u2019n nasionale instruksieplan beskik, maar die toepassing daarvan is beperk.<\/p>\n<p><strong>Gevolgtrekking<\/strong><\/p>\n<p>Op Universele Kinderdag is dit belangrik om te besin oor die regte van die kind en die verbeteringe wat nodig is om te verseker dat kinders hul regte kan uitoefen. Dit is duidelik dat Suid-Afrika stappe moet doen om kinderregte te verwesenlik. Alle kinders in Suid-Afrika verdien die reg op \u2019n veilige omgewing, \u2019n reg wat in die Grondwet gewaarborg word. Soos Nelson Mandela verklaar het, moet en sal \u2019n beter samelewing gemeet word aan die geluk en welstand van die kinders, wat terselfdertyd die kwesbaarste burgers in enige samelewing is en ons grootste skat. Dit is tyd dat Suid-Afrika die welstand van sy kinders beskerm ten einde te verseker dat Suid-Afrika \u2019n blink toekoms het.<\/p>\n<p><em>Deur Esther Sampson: intern, FW de Klerk Stigting\u00a0<\/em><\/p>\n<p><strong>Hierdie artikel is geskryf deur \u2019n intern van die FW de Klerk Stigting en verteenwoordig die menings van die skrywer. Dit weerspie\u00ebl nie noodwendig die menings van die FW de Klerk Stigting, sy personeel of sy raadslede nie. Die FW de Klerk Stigting is egter verbind tot \u2019n bre\u00eb openbare dialoog wat ten doel het om die waardes, regte en beginsels wat in die Grondwet verskans is, te bevorder en beskerm.\u00a0<\/strong><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0.0001pt; line-height: normal; text-align: right;\"><span style=\"color: #000000; font-size: 8pt;\">Foto:\u00a0<a href=\"https:\/\/www.flickr.com\/photos\/worldbank\/1128216161\/\"><span style=\"color: #000000;\">World Bank Photo Collection<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<a href=\"http:\/\/foter.com\/\"><span style=\"color: #000000;\">Foter<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<a href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by-nc-nd\/2.0\/\"><span style=\"color: #000000;\">CC BY-NC-ND<\/span><\/a><\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0.0001pt; line-height: normal; text-align: left;\"><span style=\"font-size: 8pt; color: #000000;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/universele-kinderdag\/'>UNIVERSELE KINDERDAG<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 120.40K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/universele-kinderdag\/?wpdmdl=4266&refresh=6a8a07ae209e91787430830\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/span><\/p>\n<hr \/>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>\u00a0<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-679\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/schoolkids-foter.jpg\" alt=\"schoolkids-foter\" width=\"150\" height=\"117\" \/>Universele Kinderdag is \u2019n dag wat aan die bevordering en beskerming van kinderregte gewy word.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":679,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-698","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: UNIVERSELE KINDERDAG - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: UNIVERSELE KINDERDAG - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Universele Kinderdag is \u2019n dag wat aan die bevordering en beskerming van kinderregte gewy word.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-11-20T13:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T20:25:11+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/schoolkids-foter.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"333\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: UNIVERSELE KINDERDAG\",\"datePublished\":\"2014-11-20T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:25:11+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/\"},\"wordCount\":1135,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/schoolkids-foter.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/\",\"name\":\"ARTIKEL: UNIVERSELE KINDERDAG - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/schoolkids-foter.jpg\",\"datePublished\":\"2014-11-20T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:25:11+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/schoolkids-foter.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/schoolkids-foter.jpg\",\"width\":500,\"height\":333,\"caption\":\"schoolkids-foter\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: UNIVERSELE KINDERDAG\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: UNIVERSELE KINDERDAG - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: UNIVERSELE KINDERDAG - FW de Klerk Foundation","og_description":"Universele Kinderdag is \u2019n dag wat aan die bevordering en beskerming van kinderregte gewy word.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2014-11-20T13:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T20:25:11+00:00","og_image":[{"width":500,"height":333,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/schoolkids-foter.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"FW de Klerk Foundation","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: UNIVERSELE KINDERDAG","datePublished":"2014-11-20T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:25:11+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/"},"wordCount":1135,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/schoolkids-foter.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/","name":"ARTIKEL: UNIVERSELE KINDERDAG - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/schoolkids-foter.jpg","datePublished":"2014-11-20T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:25:11+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/schoolkids-foter.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/schoolkids-foter.jpg","width":500,"height":333,"caption":"schoolkids-foter"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-universele-kinderdag-2\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: UNIVERSELE KINDERDAG"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/698","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=698"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/698\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8141,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/698\/revisions\/8141"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/679"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=698"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=698"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=698"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}