{"id":669,"date":"2014-11-14T15:00:00","date_gmt":"2014-11-14T13:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/"},"modified":"2021-07-20T22:30:35","modified_gmt":"2021-07-20T20:30:35","slug":"article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: OPVOEDING OOR DIE GRONDWET IS DIE SLEUTEL TOT SUID-AFRIKAANSE VERDRAAGSAAMHEID"},"content":{"rendered":"<p>Die dag, wat in 1995 gestig is ingevolge die <em>Verklaring van Beginsels oor Verdraagsaamheid<\/em>, het ten doel om erkenning te verleen en waardering te betoon aan die ryke verskeidenheid van die w\u00eareld se kulture. Die <em>Verklaring<\/em> lui<\/p>\n<p style=\"margin-left: 30px;\">&#8220;<em>Verdraagsaamheid is respek vir, aanvaarding van en waardering vir die ryke verskeidenheid van ons w\u00eareld se kulture, die maniere waarop ons ons uitdruk en maniere van menswees. Dit word bevorder deur kennis, openheid, kommunikasie en vryheid van denke, gewete en geloof. Verdraagsaamheid beteken om in harmonie te leef met dit wat van jou verskil. Dit is nie net \u2019n morele plig nie; dit is ook \u2019n politieke en regsvereiste. Verdraagsaamheid, die eienskap wat vrede moontlik maak, dra by tot die vervanging van \u2019n kultuur van oorlog met \u2019n kultuur van vrede<\/em>.&#8221;<\/p>\n<p>Suid-Afrika, met sy ingewikkelde samelewing bestaande uit verskillende etnisiteite en uiters ingewikkelde geskiedenis, moet nou, meer as ooit, verdraagsaamheid uitoefen.<\/p>\n<p>Onlangse voorvalle het die temperatuur ten opsigte van verhoudings tussen verskillende rasse laat styg. Dit sluit in:<\/p>\n<ul>\n<li>\u2019n Aanval op \u2019n swart huishulp deur \u2019n wit man wat haar vir \u2019n prostituut aangesien het;<\/li>\n<li>Wit universiteitstudente wat soos swart mense aantrek;<\/li>\n<li>\u2019n Voorval by \u2019n OTM in die Wes-Kaap wat uit rassistiese taalgebruik gespruit het.<\/li>\n<\/ul>\n<p>In \u2019n verklaring wat Woensdag uitgereik is, het Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse leier van COSATU, sy woede uitgespreek oor \u201crassistiese aanvalle wat teen werkers in historiese wit gebiede in die Wes-Kaap plaasvind.&#8221; Hy het gedreig dat COSATU die oortreders sal soek en hulle op hul eie manier sal aanvat, aangesien hierdie rassistiese optrede klaarblyklik deur die Premier goedgekeur word. Hy het ges\u00ea dat hy hierdie rassisme met \u2019n oog vir \u2019n oog sal beveg.<\/p>\n<p>Dit is alles voorbeelde van onaanvaarbare en onverdraagsame optrede &#8211; en is in stryd met die miljoene skakelings tussen verskillende rassegroepe wat daagliks sonder voorval en gewoonlik met verdraagsaamheid en welwillendheid geskied. Die verskil is miskien dat, in sommige gevalle, misleide en onverdraagsame individue betrokke was, terwyl die oortreders in ander gevalle senior politieke leiers is.<\/p>\n<p>Die <em>Verklaring oor die Beginsels van Verdraagsaamheid<\/em> sluit \u2019n paar aanduiders in oor wat die rede vir hierdie toenemende onverdraagsaamheid kan wees. Dit lees as volg:<\/p>\n<p style=\"margin-left: 30px;\">&#8220;<em>Verdraagsaamheid op staatsvlak noodsaak regverdige en onpartydige wetgewing, wetstoepassing en \u2019n regterlike en administratiewe proses. Dit vereis ook dat ekonomiese en maatskaplike geleenthede aan elke persoon beskikbaar gestel word sonder dat daar teen hulle gediskrimineer word. Uitsluiting en marginalisering kan aanleiding gee tot frustrasie, vyandigheid en fanatisme<\/em>.&#8221;<\/p>\n<p>Die werklikheid is dat baie wit Suid-Afrikaners toenemend uitgesluit en gemarginaliseer voel, nie net deur die Staat se beleide betreffende regstellende aksie en BSEB nie, maar deur die regerende alliansie se kategorisering van hulle as \u2018kolonialiste\u2019 en as die partye wat verantwoordelik is vir al Suid-Afrika se huidige probleme. Baie swart Suid-Afrikaners voel gemarginaliseer en uitgesluit van maatskaplike en ekonomiese geleenthede, en aanvaar te maklik die regering se verduideliking dat al hulle probleme deur wit mense veroorsaak word. Die gevolg aan beide kante is, soos die <em>Verklaring<\/em> voorspel, \u201c<em>frustrasie, vyandigheid en fanatisme<\/em>.&#8221;<\/p>\n<p>\u2019n Deel van die oplossing, soos wat deur die <em>Verklaring <\/em>vereis word, is onderwys. Dit verklaar waarom dit die eerste stap betreffende opvoeding oor verdraagsaamheid is om mense te leer wat hul gedeelde regte en vryhede is sodat hulle gerespekteer sal word, en om die wil te bevorder om die regte van ander te beskerm.<\/p>\n<p>Politieke, godsdienstige en gemeenskapsleiers speel \u2019n prim\u00eare rol in die bevordering van verdraagsaamheid. Hulle moet negatiewe veralgemenings wat op ras gebaseer is, vermy, en moet streef na die bevordering van menswaardigheid, gelykheid en die uitwissing van diskriminasie in al hul beleide en verklarings.<\/p>\n<p>Laastens moet alle Suid-Afrikaners op die Internasionale Dag vir Verdraagsaamheid &#8211; en op elke dag van die jaar &#8211; mekaar met hoflikheid en bedagsaamheid behandel. Ons moet die kultuur, geskiedenis en politiese diversiteit verstaan en respekteer wat ons samelewing so boeiend en lewendig maak. Ons moet verenig in ons veroordeling van beledigende optrede en taal uit enige oord. Soos die Verklaring aanbeveel moet ons saamstaan op grond van die regte en vryhede wat ons almal deel.<\/p>\n<p>Die verwerping van onverdraagsaamheid is \u2019n beroep om \u2019n paradigmaskuif. Hierdie Dag vir Verdraagsaamheid vereis \u2019n verbintenis van ieder en elke Suid-Afrikaner om die verantwoordelikheid om die regte wat in ons Grondwet verskans word, aktief aan te gryp, en om te streef na \u2019n nie-rassige, nie-seksistiese samelewing wat op regte gebaseer is. Slegs deur aktiewe burgers te wees, wat onverdraagsaamheid te bowe kom en diversiteit aanvaar, kan die nasionale slagspreuk van <em>!ke e: \/xarra \/\/ke <\/em>(eenheid in diversiteit) bevorder word.<\/p>\n<p><em>Klaus Kotz\u00e9: Operasionele Beampte, FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"font-size: 8pt;\">Foto:\u00a0Verenigde Nasies<\/span><\/p>\n<hr \/>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/'>OPVOEDING OOR DIE GRONDWET IS DIE SLEUTEL TOT SUID-AFRIKAANSE VERDRAAGSAAMHEID<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 640.20K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/?wpdmdl=4254&refresh=6a8a10360adee1787433014\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-666\" style=\"border: 5px solid #efefef; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/UN-TOLERANCE.jpg\" alt=\"UN-TOLERANCE\" width=\"150\" height=\"80\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/UN-TOLERANCE.jpg 590w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/UN-TOLERANCE-300x159.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>16 November is die Verenigde Nasies se Internasionale Dag vir Verdraagsaamheid.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":666,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-669","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: OPVOEDING OOR DIE GRONDWET IS DIE SLEUTEL TOT SUID-AFRIKAANSE VERDRAAGSAAMHEID - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: OPVOEDING OOR DIE GRONDWET IS DIE SLEUTEL TOT SUID-AFRIKAANSE VERDRAAGSAAMHEID - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"16 November is die Verenigde Nasies se Internasionale Dag vir Verdraagsaamheid.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-11-14T13:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T20:30:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/UN-TOLERANCE.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"590\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"313\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: OPVOEDING OOR DIE GRONDWET IS DIE SLEUTEL TOT SUID-AFRIKAANSE VERDRAAGSAAMHEID\",\"datePublished\":\"2014-11-14T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:30:35+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/\"},\"wordCount\":778,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/UN-TOLERANCE.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/\",\"name\":\"ARTIKEL: OPVOEDING OOR DIE GRONDWET IS DIE SLEUTEL TOT SUID-AFRIKAANSE VERDRAAGSAAMHEID - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/UN-TOLERANCE.jpg\",\"datePublished\":\"2014-11-14T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:30:35+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/UN-TOLERANCE.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/UN-TOLERANCE.jpg\",\"width\":590,\"height\":313,\"caption\":\"UN-TOLERANCE\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: OPVOEDING OOR DIE GRONDWET IS DIE SLEUTEL TOT SUID-AFRIKAANSE VERDRAAGSAAMHEID\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: OPVOEDING OOR DIE GRONDWET IS DIE SLEUTEL TOT SUID-AFRIKAANSE VERDRAAGSAAMHEID - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: OPVOEDING OOR DIE GRONDWET IS DIE SLEUTEL TOT SUID-AFRIKAANSE VERDRAAGSAAMHEID - FW de Klerk Foundation","og_description":"16 November is die Verenigde Nasies se Internasionale Dag vir Verdraagsaamheid.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2014-11-14T13:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T20:30:35+00:00","og_image":[{"width":590,"height":313,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/UN-TOLERANCE.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"4 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: OPVOEDING OOR DIE GRONDWET IS DIE SLEUTEL TOT SUID-AFRIKAANSE VERDRAAGSAAMHEID","datePublished":"2014-11-14T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:30:35+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/"},"wordCount":778,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/UN-TOLERANCE.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/","name":"ARTIKEL: OPVOEDING OOR DIE GRONDWET IS DIE SLEUTEL TOT SUID-AFRIKAANSE VERDRAAGSAAMHEID - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/UN-TOLERANCE.jpg","datePublished":"2014-11-14T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:30:35+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/UN-TOLERANCE.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/UN-TOLERANCE.jpg","width":590,"height":313,"caption":"UN-TOLERANCE"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-opvoeding-oor-die-grondwet-is-die-sleutel-tot-suid-afrikaanse-verdraagsaamheid\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: OPVOEDING OOR DIE GRONDWET IS DIE SLEUTEL TOT SUID-AFRIKAANSE VERDRAAGSAAMHEID"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/669","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=669"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/669\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8144,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/669\/revisions\/8144"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/666"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=669"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=669"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=669"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}