{"id":636,"date":"2014-09-03T15:00:00","date_gmt":"2014-09-03T13:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/"},"modified":"2021-07-20T22:31:35","modified_gmt":"2021-07-20T20:31:35","slug":"artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: DIE BESTUUR VAN DIVERSITEIT IN DIE OEKRA\u00cfNE EN SUID-AFRIKA"},"content":{"rendered":"<p>Die versuim om hierdie uitdaging aan te pak is aan die kern van feitlik al die konflikte in die w\u00eareld.<\/p>\n<p>Die situasie in die Oekra\u00efne is baie ingewikkelder as die goeie ou\/slegte-weergawe wat deur die media op ons afgedwing is. 77.5% van die bevolking is etniese Oekra\u00efners en 17.2% is Russies. Baie van die Oekra\u00efners praat egter Russies as eerste taal &#8211; so ten opsigte van taalverdeling kom dit op 67% Oekra\u00efens en 30% Russies te staan. Die politieke verdeling stem ooreen met die tale wat gepraat word. In die verkiesing van 2010 het die noord-westelike deel van die land, wat oorwegend Oekra\u00efens praat, vir Yulia Tymoshenko gestem, terwyl die Russiessprekende suid-ooste hul steun aan haar teenstander, Viktor Yanukovych, toeges\u00ea het. Yanukovych het die verkiesing, wat oor die algemeen as vry en regverdig beskou is, gewen. Tymoshenko het in die tronk beland.<\/p>\n<p>Dinge het in Februarie kookpunt bereik toe Yanukovych \u2019n ooreenkoms met die EU afgekeur het en gekies het om nader aan die Russe te beweeg. In daaropvolgende geweldadige onluste, wat hoofsaaklik aangevuur is deur Oekra\u00efnse sprekers wat die EU goedgesind is, is sy regering op ongrondwetlike wys omvergewerp. Hy is gedwing om na Rusland te vlug en sy weelderige presidensi\u00eble paleis en oorvloedige bewyse van korrupsie deur die staat agter te laat.<\/p>\n<p>Een van die eerste dade van die nuwe Oekra\u00efnse Parlement was om Russies as \u2019n streekstaal af te skaf. Alhoewel die maatre\u00ebl gevolglik deur die waarnemende President geveto is, was dit \u2019n goeie aanduiding van die anti-Russiese gesindheid van die revolusion\u00eares. Die Russe het vinnig teruggeslaan deur die Krim, wat hoofsaaklik deur etniese Russe bewoon word, en wat die strategiese Russiese vlootbasis van Sevastopol insluit, in wese in te val.<\/p>\n<p>Dit het gelei tot teenbeskuldigings deur die Weste en die instelling van sanksies wat hoofsaaklik teen Russiese leiers gemik is. Sedertdien steun Rusland ongetwyfeld \u2019n Russiese inval in die suid-oostelike Oekra\u00efne. 1 000 Russiese troepe is na bewering in die Oekra\u00efne en nog meer is langs die grens. Europa kom te staan voor die ernstigste milit\u00eare konfrontasie sedert die einde van die Koue Oorlog.<\/p>\n<p>D\u00edt alles beklemtoon die behoefte aan die doeltreffende bestuur van etniese, godsdienstige en linguistiese diversiteit in \u2019n toenemend multikulturele w\u00eareld. Meer as 75% van die w\u00eareld se lande beskik oor minderhede wat meer as 10% van hul bevolkings uitmaak. Watter regte behoort hierdie minderhede te h\u00ea om hul tale te praat, hul kulture en godsdiens vrylik te beoefen en om hul eie kultuur- en taalaangeleenthede te bestuur?<\/p>\n<p>Behoort minderhede wat duidelik die meerderheid in streke is, die reg h\u00ea om af te stig? Die antwoord blyk af te hang van politiese belang eerder as grondwetlike beginsel. Kosovo se afstigting van Serbi\u00eb is gesteun deur die Weste &#8211; en teengestaan deur Rusland. Toe Abkhazi\u00eb egter van Georgi\u00eb geskei het, het die Russe sy reg om dit te doen, gesteun, terwyl die Weste dit teengestaan het.<\/p>\n<p>Skotland is tans in die greep van \u2019n referendum oor of dit van die Verenigde Koninkryk moet afstig. Indien die meerderheid Skotte \u201cja\u201d stem, sal die land onafhanklik raak. Indien Qu\u00e9bec ooit stem om van Kanada af te stig, sal die mense se wens gerespekteer moet word. So waarom moet hierdie beginsel nie ook van toepassing wees op die Krim nie &#8211; of op streke in die suid-oostelike Oekra\u00efne waar Russe duidelik die meerderheid uitmaak?<\/p>\n<p>Trouens, meeste lande met etniese minderhede &#8211; met inbegrip van Rusland &#8211; is vasbeslote oor die behoud van hul territoriale integriteit. Die Verenigde State sal nie toelaat dat enige van sy state afstig nie &#8211; en sal ook nie die reg aanvaar van die Navajo-tuisland om onafhanklikheid te verkry nie. Kanada sal nie sy arktiese gebiede aan die Inuit afstaan nie, en Turkye sal beslis nie die afstigting van die Kurde aanvaar nie.<\/p>\n<p>N\u00e1 \u2019n rampspoedige poging tot territoriale segregasie het Suid-Afrika in die vroe\u00eb 90\u2019s aanvaar dat die vraag nie was oor hoe ons saam kan leef nie, maar oor hoe ons diverse gemeenskappe vreedsaam saam kan leef. Ons het onderhandel om \u2019n Grondwet wat amptelike status aan al ons tale verleen het en ons regte om ons kulture te geniet, ons godsdienste te beoefen en ons tale te gebruik, verseker het. Dit erken die reg op onderrig in die taal van jou keuse. Dit verklaar die gelykheid van alle Suid-Afrikaners en verbied diskriminasie op grond van ras, taal en etniese oorsprong. Die oorkoepelende waardes in artikel 1 van die Grondwet stel \u2019n gedeelde visie vir die toekoms daar.<\/p>\n<p>Baie van hierdie bepalings word erodeer deur dit waarna die ANC verwys as die radikale inwerkingstelling van die tweede fase van die Nasionale Demokratiese Revolusie. Engels is besig om <em>de facto<\/em> in die enigste amptelike taal te verander; Afrikaanse onderrig verkeer onder druk in skole &#8211; en veral op universiteitsvlak; inheemse tale word nie ontwikkel nie; die staat diskrimineer op onregverdige wyse teen minderhede op grond van hul ras; en die vryheid van minderhede word oral beperk deur die instelling van demografiese verteenwoordiging.<\/p>\n<p>D\u00edt alles is deel van wat die ANC na verwys as die \u2018Nasionale Vraagstuk\u2019. In \u2019n beleidsdokument van 2005 let dit heel korrek daarop dat die nasionale vraagstuk regoor die w\u00eareld, wat nog lank nie opgelos is nie, op \u2019n ondenkbaar barbaarse wyse kop uitsteek. Dit wys voorts daarop dat die les vir Suid-Afrika is dat ons nie durf om die nasionale vraagstuk in ons eie land te ignoreer nie. Dit som dan sy eie posisie saaklik op: \u201cIn die Suid-Afrikaanse konteks handel die nasionale vraagstuk nie hoofsaaklik oor die regte van minderhede of oor etnies gemotiveerde griewe nie (hierdie verklaring het nie ten doel om die belangrikheid van die regte van minderhede te onderskat nie). Dit handel inderwaarheid hoofsaaklik oor die bevryding van die mense van Afrika.\u201d<\/p>\n<p>Nadat Suid-Afrika op \u2019n goeie noot begin het, ignoreer ons duidelik &#8211; in die woorde van die ANC &#8211; toenemend die nasionale vraagstuk in ons eie land. Huidige ontwikkelings in die Oekra\u00efne &#8211; en samelewings regoor die w\u00eareld wat in konflik gedompel is &#8211; is \u2019n aanduiding van hoe onwys dit is om dit te ignoreer &#8211; en hoe noodsaaklik dit is om diversiteit te erken, te akkommodeer en te vier.<\/p>\n<p><em>Deur Dave Steward: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"color: #000000; font-size: 8pt;\">Foto:\u00a0<a style=\"color: #b31212; line-height: inherit;\" href=\"https:\/\/www.flickr.com\/photos\/maistora\/483168036\/\"><span style=\"color: #000000;\">maistora<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<a style=\"color: #b31212; line-height: inherit;\" href=\"http:\/\/foter.com\/\"><span style=\"color: #000000;\">Foter<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<a style=\"color: #b31212; line-height: inherit;\" href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by-nc-nd\/2.0\/\"><span style=\"color: #000000;\">Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 2.0 Generic (CC BY-NC-ND 2.0)<\/span><\/a><\/span><\/p>\n<hr \/>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/'>DIE BESTUUR VAN DIVERSITEIT IN DIE OEKRA\u00cfNE EN SUID-AFRIKA<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 108.48K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/?wpdmdl=4234&refresh=6a89faa3a85371787427491\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-624\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/UKRAINE-RUSSIA-FLAGS-FOTER.jpg\" alt=\"UKRAINE-RUSSIA-FLAGS-FOTER\" width=\"150\" height=\"142\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/UKRAINE-RUSSIA-FLAGS-FOTER.jpg 500w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/UKRAINE-RUSSIA-FLAGS-FOTER-300x284.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Die huidige krisis in die Oekra\u00efne dui op een van die grootste uitdagings van die nuwe millennium: die behoefte om die vreedsame naasbestaan van diverse etniese, godsdienstige en linguistiese gemeenskappe in dieselfde land te verseker.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":624,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-636","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: DIE BESTUUR VAN DIVERSITEIT IN DIE OEKRA\u00cfNE EN SUID-AFRIKA - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: DIE BESTUUR VAN DIVERSITEIT IN DIE OEKRA\u00cfNE EN SUID-AFRIKA - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die huidige krisis in die Oekra\u00efne dui op een van die grootste uitdagings van die nuwe millennium: die behoefte om die vreedsame naasbestaan van diverse etniese, godsdienstige en linguistiese gemeenskappe in dieselfde land te verseker.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-09-03T13:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T20:31:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/UKRAINE-RUSSIA-FLAGS-FOTER.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"474\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: DIE BESTUUR VAN DIVERSITEIT IN DIE OEKRA\u00cfNE EN SUID-AFRIKA\",\"datePublished\":\"2014-09-03T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:31:35+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/\"},\"wordCount\":1074,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/UKRAINE-RUSSIA-FLAGS-FOTER.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/\",\"name\":\"ARTIKEL: DIE BESTUUR VAN DIVERSITEIT IN DIE OEKRA\u00cfNE EN SUID-AFRIKA - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/UKRAINE-RUSSIA-FLAGS-FOTER.jpg\",\"datePublished\":\"2014-09-03T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:31:35+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/UKRAINE-RUSSIA-FLAGS-FOTER.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/UKRAINE-RUSSIA-FLAGS-FOTER.jpg\",\"width\":500,\"height\":474,\"caption\":\"UKRAINE-RUSSIA-FLAGS-FOTER\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: DIE BESTUUR VAN DIVERSITEIT IN DIE OEKRA\u00cfNE EN SUID-AFRIKA\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: DIE BESTUUR VAN DIVERSITEIT IN DIE OEKRA\u00cfNE EN SUID-AFRIKA - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: DIE BESTUUR VAN DIVERSITEIT IN DIE OEKRA\u00cfNE EN SUID-AFRIKA - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die huidige krisis in die Oekra\u00efne dui op een van die grootste uitdagings van die nuwe millennium: die behoefte om die vreedsame naasbestaan van diverse etniese, godsdienstige en linguistiese gemeenskappe in dieselfde land te verseker.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2014-09-03T13:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T20:31:35+00:00","og_image":[{"width":500,"height":474,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/UKRAINE-RUSSIA-FLAGS-FOTER.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: DIE BESTUUR VAN DIVERSITEIT IN DIE OEKRA\u00cfNE EN SUID-AFRIKA","datePublished":"2014-09-03T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:31:35+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/"},"wordCount":1074,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/UKRAINE-RUSSIA-FLAGS-FOTER.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/","name":"ARTIKEL: DIE BESTUUR VAN DIVERSITEIT IN DIE OEKRA\u00cfNE EN SUID-AFRIKA - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/UKRAINE-RUSSIA-FLAGS-FOTER.jpg","datePublished":"2014-09-03T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:31:35+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/UKRAINE-RUSSIA-FLAGS-FOTER.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/UKRAINE-RUSSIA-FLAGS-FOTER.jpg","width":500,"height":474,"caption":"UKRAINE-RUSSIA-FLAGS-FOTER"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-bestuur-van-diversiteit-in-die-oekraine-en-suid-afrika\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: DIE BESTUUR VAN DIVERSITEIT IN DIE OEKRA\u00cfNE EN SUID-AFRIKA"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/636","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=636"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/636\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8149,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/636\/revisions\/8149"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/624"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=636"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=636"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=636"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}