{"id":623,"date":"2014-08-21T15:00:00","date_gmt":"2014-08-21T13:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-ons-nederige-dienaars\/"},"modified":"2021-07-20T22:31:49","modified_gmt":"2021-07-20T20:31:49","slug":"artikel-ons-nederige-dienaars","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: ONS NEDERIGE DIENAARS"},"content":{"rendered":"<p>Die ware gevaar spruit uit ywerige amptenare wat daarop ingestel is om indringende en onlogiese staatsregulasies in werking te stel. Sodanige amptenare het die vermo\u00eb om die lewens van burgers te ontwrig en om verwoesting in die sake van besighede te saai. Die betrokke amptenare glo dat hulle hul werk in die openbare belang verrig, maar pleeg selde oorleg met diegene wie se lewens en besighede daardeur geraak word, en oorweeg selde die onbedoelde gevolge van hul dade.<\/p>\n<p>D\u00edt is die geval met die Minister van Binnelandse Sake, mnr Malusi Gigaba, en sy huidige pogings om ons visumstelsel te hervorm. Hy wil verseker dat Suid-Afrika oor die nuutste en doeltreffendste stelsel beskik om die toegang van buitelanders in ons land te beheer.<\/p>\n<p>Dit is belangrik om daarop te let dat die nuwe stelsel slegs van toepassing sal wees op burgers van lande wat visums vereis &#8211; en sal dus nie reisigers van die 77 lande, met inbegrip van die meeste van die lande in Europa, Noord-Amerika, Australasi\u00eb en suider-Afrika, waarvan meeste van ons besoekers afkomstig is, raak nie. Noemenswaardige uitsluitings is China, Indi\u00eb, Rusland, (al die BRICS-vennote!), en \u2019n aantal Noord-Amerikaanse, Midde-Oosterse, Suid-Asiese en Afrika-state. Aansoekers van hierdie lande sal persoonlik om visums en om biometriese toetsing by Suid-Afrikaanse missies in die buiteland moet aansoek doen &#8211; ongeag van die feit dat hulle dalk duisende kilometers sal moet afl\u00ea om dit te doen.<\/p>\n<p>Die nuwe regulasies sal ook van alle besoekers onder die ouderdom van 18 &#8211; met inbegrip van lande wat ni\u00e9 visums vereis nie &#8211; vereis om in besit van hul eie paspoorte en volledige geboortesertifikate te wees. Indien hulle nie is nie, sal hulle en hul families van 1 Oktober nie toegelaat word om aan boord van vlugte te gaan wat na Suid-Afrika op pad is nie. Suid-Afrikaners onder die ouderdom van 18 sal ook volledige geboortesertifikate nodig h\u00ea indien hulle oorsee wil reis &#8211; en dit kan tot \u2019n jaar vat om dit te kry.<\/p>\n<p>Die doelwit van die bekamping van mensehandel is prysenswaardig. Met die daarstelling van hierdie vereiste stel die Departement van Binnelandse Sake egter een van die w\u00eareld se strengste toegangbeheerstelsels daar. Alhoewel aansoeke om visums vir baie ander lande ook vereis dat dit persoonlik gedoen word, sal Suid-Afrika die eerste land wees wat van reisigers onder die ouderdom van 18 vereis om in besit van volledige geboortesertifikate te wees.<\/p>\n<p>Dit is nie verbasend dat die nuwe regulasies wydverspreide paniek veroorsaak het nie:<\/p>\n<ul>\n<li>Die Minister van Toerisme, Derek Hanekom, het gewaarsku oor die uitwerking wat dit op toerisme kan h\u00ea &#8211; veral uit lande soos China en Indi\u00eb.<\/li>\n<li>Ons filmbedryf is bekommerd dat die nuwe regulasies die maak van internasionale films in Suid-Afrika sal ontmoedig.<\/li>\n<li>Die Internasionale Lugvervoervereniging(ILVV) het aan die nuwe Minister ges\u00ea dat die nuwe maatre\u00ebls di\u00e9 wat deur die meeste ander lande aanvaar is, oorskry.<\/li>\n<li>Die Vereniging vir Suid-Afrikaanse Reisagente (ASATA) is nie daarvan oortuig dat die owerhede genoeg tyd ingeruim het om die publiek oor die nuwe vereistes in te lig nie of om die vereiste dokumente betyds vir die sperdatum vir die inwerkingstelling daarvan uit te reik nie. Dit vrees dat tot met 21% van alle internasionale lugreise van SA geraak kan word &#8211; en dat dit \u2019n ernstige uitwerking op die Suid-Afrikaanse uitgaande reisbedryf kan h\u00ea, wat meer as 8000 mense in diens het.<\/li>\n<li>20 lugrederye wat na SA vlieg het die Departement van Binnelandse Sake gewaarsku oor \u2019n katastrofe wat reis betref indien die regulasies nie gewysig word nie &#8211; of ten minste uitgestel word nie. Volgens sommige beramings kan tot 270 000 internasionale reisigers geraak word &#8211; met \u2019n verlies van miljarde rande met betrekking tot inkomste wat uit toeriste gemaak word.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Ten spyte van hierdie luide protes het die Direkteur-generaal van die Departement van Binnelandse Sake, Mkuseli Apleni, daarop aangedring dat die nuwe stelsel oor die algemeen steun geniet. Minister Gigaba is vasberade om ongeag die protes hiermee voort te gaan &#8211; selfs al erken hy dat die kantore wat visums uitreik, op die oomblik onvoldoende is. Voornemende toeriste sal maar aan die pynlike proses van die nuwe immigrasieregulasies moet voldoen terwyl die stelsel vervolmaak word.<\/p>\n<p>Wat dit alles selfs n\u00f3g vreemder maak, is die willekeurige wyse waarop die Departement van Binnelandse Sake aansoeke om visums en permanente verblyfreg aanpak.<\/p>\n<p>Aan die een kant is aansoekers om permanente verblyfreg gedwing om die howe te nader ten einde die Departement van Binnelandse Sake te verhoed om hul families op te breek deur te weier dat moeders hul by hul kinders in Suid-Afrika aansluit. Aan die ander kant is \u2019n vrou, wat \u2019n dokter is, na vier jaar in kennis gestel dat haar aansoek om permanente verblyfreg afgekeur is omdat sy in 2008 \u2019n verkeersboete in die VS ontvang het.<\/p>\n<p>Aan die ander kant het die Departement van Binnelandse Sake met \u2019n enkele rubberstempel die verblyfstatus van 260 000 Zimbabwi\u00ebrs vir \u2019n verdere drie jaar goedgekeur.<\/p>\n<p>Biometriese toetse sal ongetwyfeld, soos die Departement van Binnelandse Sake beweer, ons nasionale veiligheid bevorder deur die toegang van reisigers van lande wat visums vereis, te beheer. Maar hoe doeltreffend is die stelsel werklik indien \u2019n mens in ag neem dat dit nie van toepassing is op die miljoene besoekers van lande wat van visums vrygestel word nie?<\/p>\n<p>Dit alles vind plaas in \u2019n land wat bekend is vir sy poreuse grense. Die regering weet nie hoeveel onwettige buitelanders per miljoen daar in die land is nie. Tog maak die regering dit uiters moeilik vir bona fide buitelanders met vaardighede wat uiters nodig is, om permanente verblyfreg te bekom!<\/p>\n<p>Ons Grondwet beskerm ons teoreties teen willekeurige administratiewe optrede. Kragtens artikel 33 het \u201c[e]lkeen die reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is.\u201d\u00a0Die <em>Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid<\/em> (WBAG) bepaal dat administratiewe optrede deur howe hersien kan word indien dit, onder andere, prosedureel onregverdig is &#8211; of op arbitr\u00eare of willekeurige wyse geneem is; of indien die optrede so onredelik is dat geen redelike persoon die mag of die funksie op s\u00f3 \u2019n wyse sou uitoefen of uitvoer nie.<\/p>\n<p>Ons moet hoop dat die mense wat hierdeur geraak word, hul regte sal uitoefen deur die howe te vra om die nuwe visumregulasies en vereistes betreffende geboortesertifikate te hersien. In 2001 het die Konstitusionele Hof soortgelyke immigrasieregulasies wat families geskei het, geskrap. Dit is uiters belangrik dat Ministers, Direkteurs-generaal en amptenare daaraan herinner word dat hulle dienaars &#8211; en nie meesters &#8211; van die mense is. Hul administratiewe optrede breek families op; indien die ekonomie ondermyn word en burgers en sakeondernemings op onredelike wyse belas word, hoort dit in die snippermandjie.<\/p>\n<p><em>Deur Dave Steward: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"color: #000000; font-size: 8pt;\">Foto:\u00a0<a href=\"https:\/\/www.flickr.com\/photos\/governmentza\/14466033390\/\"><span style=\"color: #000000;\">GovernmentZA<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<a href=\"http:\/\/foter.com\/\"><span style=\"color: #000000;\">Foter<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<a href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by-nd\/2.0\/\"><span style=\"color: #000000;\">Creative Commons Attribution-NoDerivs 2.0 Generic (CC BY-ND 2.0)<\/span><\/a><\/span><\/p>\n<hr \/>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/ons-nederige-dienaars\/'>ONS NEDERIGE DIENAARS<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 115.03K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/ons-nederige-dienaars\/?wpdmdl=4228&refresh=6aaf2191017151789862289\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-612\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/foter-gigaba.jpg\" alt=\"foter-gigaba\" width=\"150\" height=\"101\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/foter-gigaba.jpg 500w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/foter-gigaba-300x201.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Mense wat skepties is van die groot regering let soms daarop dat die samelewing lui en ondoeltreffende staatsamptenare kan bekostig omdat hulle, oor die algemeen, min skade aanrig &#8211; behalwe dat hulle belastingbetalers se geld gebruik.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":612,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-623","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: ONS NEDERIGE DIENAARS - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: ONS NEDERIGE DIENAARS - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Mense wat skepties is van die groot regering let soms daarop dat die samelewing lui en ondoeltreffende staatsamptenare kan bekostig omdat hulle, oor die algemeen, min skade aanrig - behalwe dat hulle belastingbetalers se geld gebruik.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-08-21T13:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T20:31:49+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/foter-gigaba.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"335\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: ONS NEDERIGE DIENAARS\",\"datePublished\":\"2014-08-21T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:31:49+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/\"},\"wordCount\":1123,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/foter-gigaba.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/\",\"name\":\"ARTIKEL: ONS NEDERIGE DIENAARS - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/foter-gigaba.jpg\",\"datePublished\":\"2014-08-21T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:31:49+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/foter-gigaba.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/foter-gigaba.jpg\",\"width\":500,\"height\":335,\"caption\":\"foter-gigaba\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: ONS NEDERIGE DIENAARS\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: ONS NEDERIGE DIENAARS - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: ONS NEDERIGE DIENAARS - FW de Klerk Foundation","og_description":"Mense wat skepties is van die groot regering let soms daarop dat die samelewing lui en ondoeltreffende staatsamptenare kan bekostig omdat hulle, oor die algemeen, min skade aanrig - behalwe dat hulle belastingbetalers se geld gebruik.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2014-08-21T13:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T20:31:49+00:00","og_image":[{"width":500,"height":335,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/foter-gigaba.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: ONS NEDERIGE DIENAARS","datePublished":"2014-08-21T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:31:49+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/"},"wordCount":1123,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/foter-gigaba.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/","name":"ARTIKEL: ONS NEDERIGE DIENAARS - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/foter-gigaba.jpg","datePublished":"2014-08-21T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:31:49+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/foter-gigaba.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/foter-gigaba.jpg","width":500,"height":335,"caption":"foter-gigaba"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ons-nederige-dienaars\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: ONS NEDERIGE DIENAARS"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/623","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=623"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/623\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8150,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/623\/revisions\/8150"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/612"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=623"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=623"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=623"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}