{"id":582,"date":"2014-07-04T15:00:00","date_gmt":"2014-07-04T13:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/"},"modified":"2021-07-20T22:33:11","modified_gmt":"2021-07-20T20:33:11","slug":"artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: MOENIE VAN &#8220;PLAN A&#8221; VERGEET NIE"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die feit is dat baie dinge in ons land verkeerd loop:<\/p>\n<ul>\n<li>Die ANC het toenemend aggressiewe en rasgebaseerde beleide ten opsigte van regstellende aksie, BSEB en grondhervorming van stapel gestuur. D\u00edt is alles deel van wat President Zuma na verwys as die &#8220;radikale inwerkingstelling van die tweede fase van die Nasionale Demokratiese Revolusie&#8221;;<\/li>\n<li>Die ANC vul belangrike poste in die regering, die veiligheidsmagte en semi-staatsinstellings op grond van politieke affiliasie en ras &#8211; eerder as op grond van meriete en ervaring. Gevolglik word die vermo\u00eb van di\u00e9 staatsinstellings ernstig ondermyn;<\/li>\n<li>Ons vakbond\/werkgewer-verhoudings is volgens die W\u00eareld Ekonomiese Forum die slegste in die w\u00eareld. Baie vakbonde erken nie werklik die reg van bestuur\/eienaars om te bestaan nie.<\/li>\n<li>Die ANC maak dit al hoe moeiliker vir groot en klein sakeondernemings om sake te doen deur hulle te onderwerp aan onuitstaanbaar buitensporige regulering en deur onmoontlike rasgebaseerde kwotas en mikpunte daar te stel;<\/li>\n<li>Eiendomsregte verkeer onder toenemende druk weens die afskaffing van bilaterale beleggingsooreenkomste en uiters onrealistiese voorstelle dat boere die helfte van hul plase aan plaaswerkers moet afstaan;<\/li>\n<li>D\u00edt alles ontmoedig buitelandse (en plaaslike) beleggings en maak dit al hoe moeiliker om die groeimikpunte te behaal wat ons dringend nodig het om \u2019n beter lewe vir almal te verwesenlik.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Dit is gevolglik van pas van Frans Cronje om voor te stel dat bekommerde Suid-Afrikaners moet begin dink aan die noodsaaklikheid vir \u2019n &#8220;Plan B&#8221;.<\/p>\n<p>Die feit is dat Suid-Afrika nooit \u2019n maklike land was nie. Byna elke besoeker sedert 1652 het opgemerk dat dit \u2019n pragtige plek is &#8211; maar dat dit onmoontlik vir n\u00f3g vyf jaar sou hou. Om in Suid-Afrika te woon, oorleef en voorspoedig te wees was nog altyd \u2019n stryd. Ons as Suid-Afrikaners het egter keer op keer deur die verloop van die geskiedenis di\u00e9 uitdagings die hoof gebied. Vandag is die situasie nie veel anders nie.<\/p>\n<p>Dit is hoekom ons nie van &#8220;Plan A&#8221; moet vergeet nie. Ek wil voorstel dat dit die volgende komponente insluit:<\/p>\n<ul>\n<li>Eerstens is daar ons Grondwet. Dit het ons goed gedien oor die afgelope 20 jaar. Dit is keer op keer gebruik om die regering te verhoed om ongrondwetlik op te tree en om ongrondwetlike wetgewing te aanvaar. Dit is steeds een van die beste maniere om die regte van al ons mense te beskerm. Dit geniet wye plaaslike en internasionale steun en dit word dikwels deur ons onafhanklike en getransformeerde howe gehandhaaf. Ons moet met hand en tand veg om die regte wat daarin verskans word, te beskerm, en om die visie wat in artikel 1 uiteengesit word, te verwesenlik. Dit is \u2019n visie van menswaardigheid en vryhede; nie-rassigheid en nie-seksisme; die oppergesag van die Grondwet en die reg; en \u2019n veelparty-demokrasie wat gegrond is op verantwoordbaarheid, \u2019n responsiewe ingesteldheid en openheid.<\/li>\n<li>Ons moet gebruik maak van die volle spektrum van regte wat in die Grondwet gewaarborg word, en moet onregverdige beleide, rassisme, korrupsie en volgehoue pogings om die regte van burgers te ondermyn, teen staan. Ons moet gebruik maak van ons reg op vryheid van uitdrukking &#8211; in die pers en in die elektroniese media op die internet om ons menings en bekommernisse te lug. Ons moet ons politieke regte gebruik om die partye, beleide en waardes van ons keuse te steun. As ons werklik sterk daaroor voel, kan ons betoog of petisies voorl\u00ea. Ons moet hierdie regte gebruik om die Openbare Beskermer en ons onafhanklike howe te steun. Ons moet van hulle gebruik maak om pogings om die onafhanklikheid en integriteit van die Nasionale Vervolgingsgesag te ondermyn, teen te staan. Ons moet korrupsie en nuwe en ou gedaantes van rassisme teen staan, waar dit ook al mag voorkom. Ons moet aandring op beter onderwys vir al ons kinders en beter dienste van die staat op elke regeringsvlak. Ons moenie toelaat dat ons regte ondermyn word bloot omdat ons nie die wil het om dit op te eis nie.<\/li>\n<li>Wees verseker dat die waardes wat in die Grondwet vervat word, ooreenstem met die demokratiese tradisies regoor die w\u00eareld. Diegene wat dit teenstaan en wat probeer om ons samelewing weer volgens ras te klassifiseer, nie in voeling is met die res van die w\u00eareld nie. Diegene wat nie-rassigheid, die vryheid van die media en die onafhanklikheid van die howe steun, kan gerus wees dat hulle die steun van verligte mense en regerings regoor die w\u00eareld sal geniet.<\/li>\n<li>Help almal om te besef dat die toekomstige sukses van Suid-Afrika en al sy mense slegs behaal sal word indien ons almal saamwerk &#8211; en indien almal van ons ons vaardighede en hulpbronne gebruik om \u2019n vooruitstrewende ekonomie en regverdiger samelewing te bou. Dit sal nie gebeur indien onverantwoordelike politici voortgaan om die land op grond van ras te verdeel en om intergemeenskaplike emosies aan te hits nie.<\/li>\n<li>Gebruik jou vaardighede en hulpbronne om \u2019n regverdiger en vooruitstrewende samelewing vir al ons mense te bou. Reik uit na Suid-Afrikaners van ander gemeenskappe. Betoon respek en deernis teen oor alle ander mense &#8211; omdat ons almal se toekoms interafhanklik van mekaar is. Sluit aan by en steun nie-regerings- en godsdienstige organisasies wat goeie werk in ons gemeenskappe verrig.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Suid-Afrikaners uit al ons gemeenskappe het baie groter struikelblokke in die verlede uit die weg geruim: in 1856, toe die beeste doodgemaak is, het die toekoms hopeloos gelyk vir die Xhosa &#8211; maar dit was die Xhosas wat aan die voorpunt was van ons demokratiese transformasie in 1994; in 1879, n\u00e1 die nederlaag by die stryd van Ulundi, sou min Zulus kon glo dat ons eendag \u2019n Zulu as president sou h\u00ea; in 1902, ten spyte van die verwoesting van die Anglo-Boereoorlog, het die Afrikaners begin om hul stukkende lewens en gemeenskappe te herbou, en het hulle \u2019n onskatebare bydrae gemaak tot die voorspoed en sukses van ons samelewing; tydens die donker dae van die 1980s het min Suid-Afrikaners kon dink dat ons in staat sou wees om \u2019n vreedsame, nie-rassige en demokratiese toekoms te bou.<\/p>\n<p>Gelukkig was daar nog altyd genoeg Suid-Afrikaners met moed en geloof om ons deur di\u00e9 uitdagings te kry en om ons te lei om die enorme potensiaal van ons mooi land te verwesenlik. Dit is \u2019n stryd &#8211; maar dit is die moeite werd. Ons lewe in een van die mooiste, diverse en opwindendste lande in die w\u00eareld. Iemand het per geleentheid ges\u00ea dat Australi\u00eb se grootste probleem is dat dit nie groot probleme het nie. Niemand kan dit oor ons s\u00ea nie. Die uitdagings wat ons die hoof moet bied beteken dat daar nie ruimte is vir oorgerustheid nie &#8211; dat ons werklik harder as meeste mense in meeste ander lande moeg veg om \u2019n beter lewe vir ons mense te skep. Ironies genoeg, in \u2019n toenemend oorgeruste, eentonige w\u00eareld, kan ons probleme een van ons grootste nasionale bates wees.<\/p>\n<p>So voor ons &#8220;Plan B&#8221; begin afstof, moet almal van ons ook alles in ons vermo\u00eb doen om te verseker dat &#8220;Plan A&#8221; werk.<\/p>\n<p style=\"text-align: left;\"><em>Deur Dave Steward, Uitvoerende Direkteur van die FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"font-size: 8pt; color: #000000;\">Foto:\u00a0<a href=\"https:\/\/www.flickr.com\/photos\/celso\/4718510861\/\"><span style=\"color: #000000;\">Celso Flores<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<a href=\"http:\/\/foter.com\/\"><span style=\"color: #000000;\">Foter<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<a href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by\/2.0\/\"><span style=\"color: #000000;\">Creative Commons Attribution 2.0 Generic (CC BY 2.0)<\/span><\/a><\/span><em><br \/>\n<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: left;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/'>MOENIE VAN \"PLAN A\" VERGEET NIE<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 114.71K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/?wpdmdl=4200&refresh=6a8bb1c85304f1787539912\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-579\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\" alt=\"foter-sa-flags-celebrate\" width=\"150\" height=\"100\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg 500w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>In \u2019n artikel wat hy verlede Sondag vir <em>Rapport<\/em> geskryf het, het Frans Cronje van die Instituut vir Rasseverhoudings Suid-Afrikaners met reg aangeraai om vir alle gebeurlikhede te beplan.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":579,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-582","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: MOENIE VAN &quot;PLAN A&quot; VERGEET NIE - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: MOENIE VAN &quot;PLAN A&quot; VERGEET NIE - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"In \u2019n artikel wat hy verlede Sondag vir Rapport geskryf het, het Frans Cronje van die Instituut vir Rasseverhoudings Suid-Afrikaners met reg aangeraai om vir alle gebeurlikhede te beplan.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-07-04T13:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T20:33:11+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"333\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: MOENIE VAN &#8220;PLAN A&#8221; VERGEET NIE\",\"datePublished\":\"2014-07-04T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:33:11+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/\"},\"wordCount\":1192,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/\",\"name\":\"ARTIKEL: MOENIE VAN \\\"PLAN A\\\" VERGEET NIE - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\",\"datePublished\":\"2014-07-04T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:33:11+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\",\"width\":500,\"height\":333,\"caption\":\"foter sa flags celebrate\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: MOENIE VAN &#8220;PLAN A&#8221; VERGEET NIE\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: MOENIE VAN \"PLAN A\" VERGEET NIE - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: MOENIE VAN \"PLAN A\" VERGEET NIE - FW de Klerk Foundation","og_description":"In \u2019n artikel wat hy verlede Sondag vir Rapport geskryf het, het Frans Cronje van die Instituut vir Rasseverhoudings Suid-Afrikaners met reg aangeraai om vir alle gebeurlikhede te beplan.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2014-07-04T13:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T20:33:11+00:00","og_image":[{"width":500,"height":333,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: MOENIE VAN &#8220;PLAN A&#8221; VERGEET NIE","datePublished":"2014-07-04T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:33:11+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/"},"wordCount":1192,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/","name":"ARTIKEL: MOENIE VAN \"PLAN A\" VERGEET NIE - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg","datePublished":"2014-07-04T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:33:11+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg","width":500,"height":333,"caption":"foter sa flags celebrate"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: MOENIE VAN &#8220;PLAN A&#8221; VERGEET NIE"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/582","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=582"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/582\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8157,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/582\/revisions\/8157"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/579"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=582"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=582"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=582"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}