{"id":563,"date":"2014-05-03T15:00:00","date_gmt":"2014-05-03T13:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/"},"modified":"2021-07-20T22:34:14","modified_gmt":"2021-07-20T20:34:14","slug":"artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: INTERNASIONALE PERSVRYHEIDSDAG 2014: WORD DIE PERS BEDREIG?"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedertdien is 3 Mei \u2019n herdenking van die Verklaring van Windhoek, en word w\u00eareldwyd gevier as Internasionale Persvryheidsdag. Dit is \u2019n geleentheid om:<\/p>\n<ul>\n<li>Die fundamentele beginsels van persvryheid te vier;<\/li>\n<li>Om die stand van persvryheid regoor die w\u00eareld te evalueer;<\/li>\n<li>Om die media te beskerm teen aanvalle op hul onafhanklikheid; en<\/li>\n<li>Om eer te betoon aan joernaliste wat hul lewens verloor het terwyl hulle aan diens was.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die tema vir Internasionale Persvryheidsdag vir 2014 het \u2019n drieledige betekenis:<\/p>\n<ul>\n<li>Die belangrike rol wat die media in ontwikkeling speel;<\/li>\n<li>Die veiligheid van joernaliste en die oppergesag van die reg; en<\/li>\n<li>Die volhoubaarheid en integriteit van joernalisme.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Persvryheid in Suid-Afrika word beskerm in artikel 16 in die Handves van Regte, en bepaal dat elkeen die reg op vryheid van uitdrukking het en dat dit die vryheid van die pers en ander media insluit, sowel as die vryheid om inligting of idees te ontvang of oor te dra.<\/p>\n<p>Alhoewel persvryheid in daardie opsig oor die algemeen in Suid-Afrika geniet en beskerm word, is daar aanduidings dat persvryheid in Suid-Afrika bedreig word, veral in die lig van die tema van Internasionale Persvryheidsdag vir 2014.<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse <em>Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting<\/em> is \u2019n aanduiding hiervan.<\/p>\n<p>Die Wetsontwerp (ook bekend as die Geheimhoudingswetsontwerp) is \u2019n hoogs omstrede stuk voorgestelde wetgewing, wat ten doel het om die klassifikasie, beskerming en verspreiding van staatsinligting te reguleer deur die belange van die staat op te weeg teen deursigtigheid en vryheid van uitdrukking. Dit sal die <em>Wet op die Beskerming van Staatsinligting, 1982<\/em>, wat tans hierdie aangeleenthede reguleer, vervang.<\/p>\n<p>Terwyl kritici van die Wetsontwerp aanvaar dat die Wet van 1982 vervang moet word, voer hulle aan dat die nuwe Wetsontwerp nie hierdie mededigende beginsels reg balanseer nie, en wys op verskeie bepalings wat die reg op toegang tot inligting en die reg van fluitjieblasers en joernaliste ondermyn.<\/p>\n<p>Die Wetsontwerp is op 22 November 2011 deur die Nasionale Vergadering aanvaar. Op 29 November 2012 is dit met wysigings deur die Nasionale Raad van Provinsies aanvaar, en die gewysigde Wetsontwerp is deur die Nasionale Vergadering aanvaar op 25 April 2013. In September 2013 het President Jacob Zuma geweier om die Wetsontwerp te onderteken en dit teruggestuur na die Nasionale Vergadering vir heroorweging &#8211; omdat dit \u2019n paar redigeringsfoute vervat het. Die Wetsontwerp is nou deur beide huise van die Parlement onderteken, maar is nog nie deur die President onderteken nie.<\/p>\n<p>Die Wetsontwerp is in 2013 spesifiek deur <em>Reporters without Borders<\/em> &#8211; \u2019n internasionale liggaam wat sensorskap beveg, joernaliste beskerm en ondersteun en vryheid van inligting bevorder &#8211; uitgewys as \u2019n bedreiging vir die vryheid van die media in Suid-Afrika. Alhoewel die Wetsontwerp wesenlik verbeter is, sluit dit nie \u2019n omvattende klousule betreffende die belang van die publiek in nie en dit maak voorsiening vir drakoniese strafmaatre\u00ebls vir die besit van geklassifiseerde materiaal.<\/p>\n<p>Suid-Afrikaanse joernaliste word toenemend geteister deur veiligheidsmagte. Verklarings deur die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) wys op ten minste 16 sake van wederregtelike inhegtenisname en fisiese intimidasie of aanranding van joernaliste deur die SAPD sedert 2011.<\/p>\n<p>Meer onlangs het Sanef die verwydering van foto\u2019s van eNCA-joernaliste se selfone deur \u2019n BBP-polisieman wat President Jacob Zuma opgepas het tydens sy verkiesingsveldtog naby Duduza, Ekurhuleni, veroordeel. Volgens berigte het die lyfwag verslaggewer Nickolaus Bauer se selfoon gegryp en fotos uitgewis wat wys dat T-hempde van die ANC uitgedeel is aan ANC-amptenare en ondersteuners van President Zuma vanuit \u2019n Gauteng-verkeersvoertuig, wat hulle klaarblyklik na die geleentheid vervoer het.<\/p>\n<p>Nog \u2019n ontstellende ontwikkeling is toenemende pogings om litigasie in te stel teen koerante en politieke kommentators, veral wanneer hulle krities is van die regerende party. Die <em>Mail &amp; Guardian<\/em> is byvoorbeeld meer as een keer hof toe gesleep of gedreig met regstappe, veral toe hulle bewerings oor die presidensi\u00eble woordvoerder, Mac Maharaj, wou ondersoek. Joernaliste by <em>Sunday Times<\/em> het onlangs ontdek dat hul selfone wederegtelik afgeluister is deur veiligheidsmagte, en dat die polisie die regter wat die bevel uitgereik het om hierdie afluistering toe te laat, na bewering mislei het.<\/p>\n<p>Die reputasie van die SAUK word ook toenemend bevraagteken weens die versuim om verslag te doen oor opposisiepartye, of om andersdenkende stemme by hul programme in te sluit. \u2019n Voorbeeld hiervan is toe die SAUK in 2013 die <em>Big Debate<\/em> &#8211; \u2019n program oor aktuele aangeleenthede wat bekend is daarvoor dat hy regeringsamptenare tot verantwoording bring oor kwessies soos korrupsie en die versuim om dienste te lewer &#8211; verbied het. Die verslag van die Openbare Beskermer wat onlangs bekendgemaak is, het ook verskeie top-amptenare van die SAUK skuldig bevind aan magsmisbruik en wanadministrasie, met inbegrip van die SAUK se Hoofbedryfsbeampte, Hlaudi Motsoeneng.<\/p>\n<p>Daar behoort geen plek te wees vir sodanige ontwikkelings in \u2019n demokrasie wat vryheid van uitdrukking grondwetlik beskerm nie. Ten spyte van hierdie bedreigings geniet Suid-Afrika egter steeds \u2019n ho\u00eb vlak van persvryheid. Die media huiwer selde om die regering te kritiseer, en dikwels op die mees uitgesproke wyse. Suid-Afrika is 42ste op die Internasionale Persvryheidsindeks, \u2019n jaarlikse publikasie deur <em>Reporters without Borders<\/em> &#8211; \u2019n verbetering van sy 52ste plek in 2013. Die Indeks fokus op vryheid van die pers en die negatiewe uitwerking op vryheid van inligting en sy kampvegters. Die Vryheidsindeks van 2014 het bevind dat Finland vir die vierde jaar in \u2019n ry bo\u00adaan die lys is, met Nederland en Noorwe\u00eb kort op sy hakke, wat ook die geval was in 2013. Aan die ander kant van die Indeks word die laagste drie posisies beklee deur Turkmenistan, Noord-Korea en Eritrea.<\/p>\n<p>Die Indeks van 2014 wys daarop dat dit spesifiek kommerwekkend is dat sommige lande, wat met trots verklaar dat hulle demokraties is en die oppergesag van die reg respekteer, te dikwels vryheid van inligting opoffer vir nasionale sekuriteitsbehoeftes wat in die bre\u00eb ge\u00efnterpreteer word. Soos wat die Geheimhoudingswetsontwerp en die bogenoemde ontwikkels aandui, is d\u00edt duidelik ook \u2019n moontlike bedreiging in Suid-Afrika. Suid-Afrika se Grondwet vereis egter \u2019n demokratiese stelsel van regering wat oop en verantwoordbaar is met \u2019n responsiewe ingesteldheid. Verantwoordbaarheid, \u2019n responsiewe ingesteldheid en openheid kan slegs gewaarborg word deur \u2019n vrye en vreeslose pers. D\u00edt is die kwessies wat ons almal op Internasionale Persvryheidsdag moet oorweeg.<\/p>\n<p><em>Deur Adv Jacques du Preez, FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<hr \/>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/world-press-freedom-day-2014-stopping-the-presses\/'>WORLD PRESS FREEDOM DAY 2014: STOPPING THE PRESSES?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 120.63K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/world-press-freedom-day-2014-stopping-the-presses\/?wpdmdl=4182&refresh=6a654d1039c7e1785023760\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-554\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/WPFD_logo.jpg\" alt=\"WPFD logo\" width=\"150\" height=\"87\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/WPFD_logo.jpg 523w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/WPFD_logo-300x173.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Internasionale Persvryheidsdag is in 1993 deur die VN se Algemene Vergadering aangekondig na afloop van die aanbeveling deur \u2019n algemene konferensie van UNESCO.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":554,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-563","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: INTERNASIONALE PERSVRYHEIDSDAG 2014: WORD DIE PERS BEDREIG? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: INTERNASIONALE PERSVRYHEIDSDAG 2014: WORD DIE PERS BEDREIG? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Internasionale Persvryheidsdag is in 1993 deur die VN se Algemene Vergadering aangekondig na afloop van die aanbeveling deur \u2019n algemene konferensie van UNESCO.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-05-03T13:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T20:34:14+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/WPFD_logo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"523\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"302\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: INTERNASIONALE PERSVRYHEIDSDAG 2014: WORD DIE PERS BEDREIG?\",\"datePublished\":\"2014-05-03T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:34:14+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/\"},\"wordCount\":1027,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/WPFD_logo.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/\",\"name\":\"ARTIKEL: INTERNASIONALE PERSVRYHEIDSDAG 2014: WORD DIE PERS BEDREIG? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/WPFD_logo.jpg\",\"datePublished\":\"2014-05-03T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:34:14+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/WPFD_logo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/WPFD_logo.jpg\",\"width\":523,\"height\":302,\"caption\":\"WPFD logo\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: INTERNASIONALE PERSVRYHEIDSDAG 2014: WORD DIE PERS BEDREIG?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: INTERNASIONALE PERSVRYHEIDSDAG 2014: WORD DIE PERS BEDREIG? - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: INTERNASIONALE PERSVRYHEIDSDAG 2014: WORD DIE PERS BEDREIG? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Internasionale Persvryheidsdag is in 1993 deur die VN se Algemene Vergadering aangekondig na afloop van die aanbeveling deur \u2019n algemene konferensie van UNESCO.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2014-05-03T13:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T20:34:14+00:00","og_image":[{"width":523,"height":302,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/WPFD_logo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: INTERNASIONALE PERSVRYHEIDSDAG 2014: WORD DIE PERS BEDREIG?","datePublished":"2014-05-03T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:34:14+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/"},"wordCount":1027,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/WPFD_logo.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/","name":"ARTIKEL: INTERNASIONALE PERSVRYHEIDSDAG 2014: WORD DIE PERS BEDREIG? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/WPFD_logo.jpg","datePublished":"2014-05-03T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:34:14+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/WPFD_logo.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/WPFD_logo.jpg","width":523,"height":302,"caption":"WPFD logo"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-persvryheidsdag-2014-word-die-pers-bedreig\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: INTERNASIONALE PERSVRYHEIDSDAG 2014: WORD DIE PERS BEDREIG?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/563","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=563"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/563\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8162,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/563\/revisions\/8162"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/554"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=563"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=563"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=563"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}