{"id":560,"date":"2014-05-14T15:00:00","date_gmt":"2014-05-14T13:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-die-2014-verkiesing\/"},"modified":"2021-07-20T22:34:04","modified_gmt":"2021-07-20T20:34:04","slug":"artikel-die-2014-verkiesing","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: DIE 2014-VERKIESING"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eerste &#8211; en positiefste &#8211; punt is dat die vyfde verkiesing van ons nuwe grondwetlike bedeling ons grondwetlike demokrasie verstewig en verskans het. Die verkiesing was vry en regverdig en is oor die algemeen op \u2019n voorbeeldige wyse uitgevoer. Al die betrokkenes &#8211; die 18.6 miljoen kiesers wat gestem het; die politieke partye wat deelgeneem het en die OVK &#8211; verdien ons opregte gelukwense.<\/p>\n<p>Die tweede punt is dat Suid-Afrikaners steeds volgens ras stem. Alhoewel die DA daarin geslaag het om sy steun onder swart Suid-Afrikaners wesenlik uit te brei &#8211; veral in Gauteng &#8211; is daar steeds geen aanduiding dat die party binnekort genoeg swart stemme sal kry om die oorhand van die ANC uit te daag nie.<\/p>\n<p>Die ANC se reputasie as die party van die vryheidstryd; sy noue verbintenis met Nelson Mandela en sy rekord as die verskaffer van maatskaplike toelae aan meer as 16 miljoen Suid-Afrikaners &#8211; en van werksgeleenthede en welstand aan die vinnig groeiende swart middelklas &#8211; is \u2019n kragtige formule vir voortgesette dominansie. Daarbenewens maak die ANC se vennootskap met COSATU hom die voorkeurparty vir die grootste meerderheid van Suid-Afrika se 3.6 miljoen vakbondlede.<\/p>\n<p>Al hierdie faktore &#8211; tesame met die ANC se effektiewe beheer van die SAUK en staatskommunikasie &#8211; is duidelik sterk genoeg om enige kommer wat dalk kan heers rakende die ANC se swak rekord ten opsigte van dienslewering; sy versuim om aanvaarbare vlakke van ekonomiese groei en werkskepping te behaal; en sy verdediging van die besteding van R246 miljoen op die President se private woning, uit die weg te ruim.<\/p>\n<p>Die ANC se steun het inderdaad sedert 2009 met 3% gedaal. Die meeste verliese wat die party aan die EFF en die DA afgestaan het was egter danksy die voortgesette erosie van die IVP se steun in KwaZulu-Natal en die stemme wat hulle van COPE-ondersteuners gekry het.<\/p>\n<p>Meeste van die 8% van kiesers wat vir COPE in 2009 gestem het, het dit gedoen weens die wyse waarop President Mbeki deur Jacob Zuma, COSATU en die SAUK uit die kussings gelig is. Hulle het nie baie verskille met die ANC gehad ten opsigte van belangrike beleide nie &#8211; en baie het nou na hul oorspronklike politieke tuiste teruggekeer.<\/p>\n<p>Die DA het rede om fees te vier oor sy prestasie. Die party het sy aandeel van die stemme met \u2019n reuse 37% gegroei; en dit het sy beheer van die Wes-Kaap versterk &#8211; ten spyte van sommige kiesers se kommer betreffende die DA se teenstrydige benadering tot billike indiensneming en BSEB.<\/p>\n<p>Nietemin kom \u2019n aantal eenvoudige waarhede na vore:<\/p>\n<ul>\n<li>Suid-Afrika is steeds \u2019n oorheersende party-demokrasie &#8211; met al die abnormale werkinge wat daarmee saamgaan. Die regering ervaar nie baie druk om sy prestasie te verbeter deur korrupsie werklik te beveg nie. Dit sal voortgaan om die vermo\u00eb van staatsdepartemente, die veiligheidsmagte, semi-staatsinstellings, munisipaliteite en provinsies te erodeer deur lojale kaders te ontplooi in belangrike posisies, sonder veel agting vir meriete, kwalifikasies en ervaring.<\/li>\n<li>Die ANC sal moontlik voel dat sy mandaat sterk genoeg is om voort te gaan met die radikale inwerkingstelling van die tweede oorgangsfase. Soos wat President Zuma gewaarsku het, sal dit aggresiewer inwerkingstelling van rasgebaseerde regstellende aksie, BSEB en grondhervormingsbeleide behels.<\/li>\n<li>Die ANC sal &#8211; sonder enige oorleg met die kiesers &#8211; ongeveer 30% van die setels wat hy gewen het, aan die SAKP oorhandig. Dit beteken dat die SAKP &#8211; sonder dat hy \u2019n enkele stem gewen het &#8211; omtrent net soveel setels in die Parlement as die DA sal h\u00ea.<\/li>\n<li>Ten spyte van die entoesiasme waarmee die kiesers gestem het, bly die feit staan dat die LPs wat na die Parlement gaan nie aan die kiesers verantwoordbaar sal wees nie &#8211; maar aan hul onderskeie party-base.<\/li>\n<li>Daar is geen rede om te veronderstel dat die nuwe Parlement sy toesighoudende rol oor die uitvoerende gesag enigsins doeltreffender sal uitvoer as sy voorganger nie. Aan die einde van die dag sal dit Luthuli-huis wees, eerder as die ANC se LPs in die Parlement, wat die toekomstige gang van sake sal bepaal.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Ons sal weer eens voor die ou raaisel van demokratiese politiek te staan kom: dat permanente minderhede min of geen s\u00ea sal h\u00ea in die prosesse waardeur hulle regeer word nie. Dit is om hierdie rede dat ons Grondwet en die Handves van Regte so belangrik is in samelewings soos ons s\u2019n, omdat dit sulke duidelike beperkings plaas op die vermo\u00eb van die meerderheid om sy wil op minderhede af te dwing. Sonder hierdie waarborge sal daar nie veel wees wat die situasie wat Nelson Mandela belowe het nie weer sal gebeur nie, kan verhoed nie, naamlik: &#8220;Nooit, nooit en nooit weer sal dit wees dat hierdie mooi land weer die onderdrukking van een deur \u2019n ander sal ervaar nie\u2026&#8221;.<\/p>\n<p>Hoe lank &#8216;nooit&#8217; sal duur, sal direk afhang van ons vermo\u00eb om ons Grondwet en die Handves van Regte te handhaaf.<\/p>\n<p><em>Deur Dave Steward, uitvoerende direkteur van die FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"font-size: 8pt; color: #000000;\">Foto:\u00a0<a href=\"http:\/\/www.flickr.com\/photos\/calico182\/3465337579\/\"><span style=\"color: #000000;\">Darryn van der Walt<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<a href=\"http:\/\/foter.com\/\"><span style=\"color: #000000;\">Foter<\/span><\/a>\u00a0\/<a href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by\/2.0\/\"><span style=\"color: #000000;\">Creative Commons Attribution 2.0 Generic (CC BY 2.0)<\/span><\/a><\/span><\/p>\n<hr \/>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-2014-verkiesing\/'>DIE 2014-VERKIESING<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 107.81K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-2014-verkiesing\/?wpdmdl=4192&refresh=6a8805194752a1787299097\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-558\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg\" alt=\"sa-election-foter\" width=\"150\" height=\"100\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg 500w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Daar is \u2019n paar punte wat ons moet oorweeg in die lig van verlede week se verkiesing.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":558,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-560","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: DIE 2014-VERKIESING - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: DIE 2014-VERKIESING - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Daar is \u2019n paar punte wat ons moet oorweeg in die lig van verlede week se verkiesing.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-05-14T13:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T20:34:04+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"333\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: DIE 2014-VERKIESING\",\"datePublished\":\"2014-05-14T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:34:04+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/\"},\"wordCount\":837,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/\",\"name\":\"ARTIKEL: DIE 2014-VERKIESING - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg\",\"datePublished\":\"2014-05-14T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T20:34:04+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg\",\"width\":500,\"height\":333,\"caption\":\"sa election foter\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: DIE 2014-VERKIESING\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: DIE 2014-VERKIESING - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: DIE 2014-VERKIESING - FW de Klerk Foundation","og_description":"Daar is \u2019n paar punte wat ons moet oorweeg in die lig van verlede week se verkiesing.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2014-05-14T13:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T20:34:04+00:00","og_image":[{"width":500,"height":333,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"4 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: DIE 2014-VERKIESING","datePublished":"2014-05-14T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:34:04+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/"},"wordCount":837,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/","name":"ARTIKEL: DIE 2014-VERKIESING - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg","datePublished":"2014-05-14T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T20:34:04+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg","width":500,"height":333,"caption":"sa election foter"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-2014-verkiesing\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: DIE 2014-VERKIESING"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/560","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=560"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/560\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8161,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/560\/revisions\/8161"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/558"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=560"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=560"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=560"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}