{"id":540,"date":"2014-04-25T15:00:00","date_gmt":"2014-04-25T13:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/"},"modified":"2021-07-21T09:46:59","modified_gmt":"2021-07-21T07:46:59","slug":"verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/","title":{"rendered":"VERKLARING: VRYHEIDSDAG 2014"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/videogallery\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><em>[Opname van verklaring in multimedia videogallery\u00a0beskikbaar]<\/em><\/a><\/p>\n<p>27 April is nie net die 20ste herdenking van ons eerste inklusiewe nie-rassige demokratiese verkiesing nie:<\/p>\n<ul>\n<li>Dit is ook die datum waarop ons eerste nie-rassige en ten volle demokratiese Grondwet in werking getree het;<\/li>\n<li>Dit is die datum waarop alle Suid-Afrikaners fundamentele menseregte ontvang het &#8211; met inbegrip van menswaardigheid, gelykheid en nie-rassigheid.<\/li>\n<\/ul>\n<p>27 April het \u2019n wesenlike breuk met die verlede aangedui. Onder die ou bedeling kon &#8211; en het &#8211; die Parlement enige wetgewing opgestel soos wat dit goedgedink het. Die howe was verplig om die wetgewing wat deur die Parlement aanvaar is, goed te keur, en het baie beperkte regterlike ruimte gehad waarbinne hulle hul werksaamhede kon verrig.<\/p>\n<p>N\u00e1 27 April was die Grondwet en die reg oppermagtig. Ons howe kan enige wetgewing of optrede verwerp wat ongrondwetlik is. 27 April is die dag waarop die mag van die mense en soewereiniteit van die Parlement na die Grondwet oorgedra is.<\/p>\n<p>27 April het nie neergekom op die oorwinning van sommige Suid-Afrikaners b\u00f3 ander nie. Dit was \u2019n wonderlike oorwinning vir ons almal. Op 27 April het ons almal &#8211; ongeag ons ras &#8211; baie meer regte en vryhede verkry as wat enige van ons voorheen geniet het.<\/p>\n<p>Dit was ons trotste oomblik as Suid-Afrikaners &#8211; ongeag ons ras, geslag of ons agtergrond. Tot die verbasing van die hele w\u00eareld het ons daarin geslaag om eeue van verbitterdheid, twis, onderdrukking en verdeeldheid te oorbrug en \u2019n historiese ooreenkoms te bereik oor die toekoms van ons land.<\/p>\n<p>Dit was \u2019n baie moeilike proses. Alle kante moes pynlike kompromie\u00eb aangaan. Die onderhandelings het dikwels gepaardgegaan met geweld en verdenking &#8211; maar op die ou einde het ons hierdie veerdeeldheid oorbrug en op 27 April het miljoene van ons mede-Suid-Afrikaners geduldig in rye gestaan wat na die stembus en ons nuwe toekoms gelei het.<\/p>\n<p>Sedertdien het ons nuwe grondwetlike demokrasie ons goed gedien.<\/p>\n<ul>\n<li>Ons het weer ons plek ingegeem as \u2019n gerespekteerde lid van die internasionale gemeenskap;<\/li>\n<li>Ons ekonomie is nou drie keer groter as wat dit in 1994 was;<\/li>\n<li>Ons het meer as 3.5 miljoen nuwe huise gebou en het elektrisiteits-, water- en sanitasiedienste aan die meerderheid van ons mense gelewer;<\/li>\n<li>Ons het armoede wesenlik verminder by wyse van maatskaplike toelae aan meer as 16 miljoen Suid-Afrikaners;<\/li>\n<li>Byna \u2019n miljoen van ons jong mense studeer aan universiteite;<\/li>\n<li>Ons het die opkoms van \u2019n sterk en selfversekerde swart middelklas beleef;<\/li>\n<li>Ons het die mure van vooroordeel en diskriminasie afgebreek en het ons skole en sosiale instellings ge\u00efntegreer met welwillendheid en sukses. Baie aspekte van ons samelewing het onherkenbaar getransformeer;<\/li>\n<li>Daar was oomblikke &#8211; soos die FIFA-Sokkerw\u00eareldbeker &#8211; toe ons aan die w\u00eareld en aan onsself gewys het watter wondere ons kan verrig waneer ons saamwerk as Suid-Afrikaners.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Vir 20 jaar was miljoene Suid-Afrikaners in staat om hul lewens te lei en hul drome na te jaag onder omstandighede van relatiewe vrede, persoonlike waardigheid en harmonie. D\u00edt sou nie die geval gewees het indien ons nie daarin kon slaag om die ooreenkomste te bereik wat 20 jaar gelede gelei het tot die daarstelling van ons nuwe samelewing nie.<\/p>\n<p>Dit was ons Grondwette van 1993 en 1996 wat die grondslag gel\u00ea het vir al hierdie suksesse.<\/p>\n<p>Ongelukkig loop van hierdie grondslae nou die gevaar te erodeer:<\/p>\n<ul>\n<li>Sommige Suid-Afrikaners heg groter waarde aan hul politieke ideolo\u00eb as aan die Grondwet;<\/li>\n<li>Openbare instellings &#8211; staatsdepartemente, semi-staatsinstellings, die SAUK, veiligheidsdienste en die Nasionale Vervolgingsgesag &#8211; word opgekommandeer om party-politieke doelwitte te bevorder;<\/li>\n<li>Mense word aangestel in belangrike poste &#8211; nie op grond van hul kwalifikasies, ervaring en onparydigheid soos vereis deur die Grondwet nie &#8211; maar weens hul politieke verbintenisse.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Gevolglik slaag ons nie daarin om noodsaaklike dienste aan miljoene van ons mense te lewer nie. Hul ongelukkigheid word weerspie\u00ebl in meer as 30 betogings teen dienslewering per dag. Ons versuim ook om geskikte onderwys aan die meerderheid van ons kinders te bied. Slegs een in agt verlaat skool met \u2019n aanvaarbare kwalifikasie.<\/p>\n<p>Die toepassing van verouderde en gediskrediteerde ideologi\u00eb betreffende ekonomiese en arbeidsbeleide het gelei tot \u2019n ernstige afname in beleggings en tot onaanvaarbare lae vlakke van ekonomiese groei. Gevolglik is slegs 43% van Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 16 en 64 in diens. Ons slaag nie daarin om ons reuse potensiaal te bereik nie.<\/p>\n<p>Dit gaan hand-aan-hand met toenemende korrupsie &#8211; wat ook plaasvind op die hoogste vlakke van die staat.<\/p>\n<p>Dit alles het gelei tot die onaanvaarbare feit dat ons nou \u2019n ongelyker samelewing is as wat ons in 1994 was. Ons kan dus aflei dat die beleide wat ons volg om gelykheid te bevorder, nie werk nie.<\/p>\n<p>Die instelling van toenemend aggressiewe &#8211; en klaarblyklik permanente &#8211; diskriminasie op grond van ras het gelei tot \u2019n situasie waar die vooruitsigte van burgers toenemend bepaal word deur hul velkleur, en nie deur die inhoud van hul karakter nie. Ons nader die punt waar ons nie meer in staat sal wees om aan te voer dat ons \u2019n nie-rassige demokrasie is nie.<\/p>\n<p>So, op hierdie 20ste herdenking van die grondlegging van ons nuwe samelewing, wil ek \u2019n beroep doen op alle Suid-Afrikaners om hul toewyding tot ons Grondwet en die waardes wat daarin verskans word, te hernu. Daardie waardes sluit in:<\/p>\n<ul>\n<li>Menswaardigheid; die behaling van gelykheid en die bevordering van menseregte en vryhede;<\/li>\n<li>Nie-rassigheid en nie-seksisme;<\/li>\n<li>Die oppergesag van die Grondwet en die reg; en<\/li>\n<li>\u2019n Ware veelparty-stelsel van demokratiese regering wat gegrond is op verantwoordbaarheid, \u2019n responsiewe ingesteldheid en deursigtigheid.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Ek is oortuig daarvan dat indien ons almal in ons private en openbare lewens na hierdie waardes kan streef, sal ons in staat wees om die uitdagings wat ons in die gesig staar, te oorkom, en die reuse potensiaal van ons onvergelykbaar wonderlike land te verwesenlik.<\/p>\n<p>Oor een ding is daar geen twyfel nie: ten spyte van al ons uitdagings is Suid-Afrika vandag steeds \u2019n baie beter en mooier land as wat dit voor 27 April 1994 was. Ons moet almal hande vat om die reuse vordering wat ons sedertdien gemaak het, te beskerm en daarop te bou.<\/p>\n<hr \/>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/'>VERKLARING DEUR FW DE KLERK TER VIERING VAN DIE 20STE HERDENKING VAN DIE NUWE SUID-AFRIKA<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 101.93K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/?wpdmdl=4176&refresh=6a8b60a6e08981787519142\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-166\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/FWDK_Mandela_hands.jpg\" alt=\"FWDK Mandela hands\" width=\"150\" height=\"186\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/FWDK_Mandela_hands.jpg 600w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/FWDK_Mandela_hands-242x300.jpg 242w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Ons vier binnekort die 20ste herdenking van die grondlegging van ons nie-rassige grondwetlike demokrasie.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":166,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[32,300],"tags":[],"class_list":["post-540","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-verklarings"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>VERKLARING: VRYHEIDSDAG 2014 - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"VERKLARING: VRYHEIDSDAG 2014 - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ons vier binnekort die 20ste herdenking van die grondlegging van ons nie-rassige grondwetlike demokrasie.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-04-25T13:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-21T07:46:59+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/FWDK_Mandela_hands.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"600\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"743\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"VERKLARING: VRYHEIDSDAG 2014\",\"datePublished\":\"2014-04-25T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-21T07:46:59+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/\"},\"wordCount\":1002,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/FWDK_Mandela_hands.jpg\",\"articleSection\":[\"Nuus\",\"Verklarings\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/\",\"name\":\"VERKLARING: VRYHEIDSDAG 2014 - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/FWDK_Mandela_hands.jpg\",\"datePublished\":\"2014-04-25T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-21T07:46:59+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/FWDK_Mandela_hands.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/FWDK_Mandela_hands.jpg\",\"width\":600,\"height\":743,\"caption\":\"FWDK Mandela hands\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"VERKLARING: VRYHEIDSDAG 2014\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"VERKLARING: VRYHEIDSDAG 2014 - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"VERKLARING: VRYHEIDSDAG 2014 - FW de Klerk Foundation","og_description":"Ons vier binnekort die 20ste herdenking van die grondlegging van ons nie-rassige grondwetlike demokrasie.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2014-04-25T13:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-21T07:46:59+00:00","og_image":[{"width":600,"height":743,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/FWDK_Mandela_hands.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"VERKLARING: VRYHEIDSDAG 2014","datePublished":"2014-04-25T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-21T07:46:59+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/"},"wordCount":1002,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/FWDK_Mandela_hands.jpg","articleSection":["Nuus","Verklarings"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/","name":"VERKLARING: VRYHEIDSDAG 2014 - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/FWDK_Mandela_hands.jpg","datePublished":"2014-04-25T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-21T07:46:59+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/FWDK_Mandela_hands.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/FWDK_Mandela_hands.jpg","width":600,"height":743,"caption":"FWDK Mandela hands"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-deur-fw-de-klerk-ter-viering-van-die-20ste-herdenking-van-die-nuwe-suid-afrika\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"VERKLARING: VRYHEIDSDAG 2014"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/540","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=540"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/540\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8166,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/540\/revisions\/8166"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/166"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=540"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=540"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=540"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}