{"id":538,"date":"2014-04-09T15:00:00","date_gmt":"2014-04-09T13:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-50-50-op-die-plase\/"},"modified":"2021-07-21T09:48:48","modified_gmt":"2021-07-21T07:48:48","slug":"artikel-50-50-op-die-plase","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: 50\/50 OP DIE PLASE"},"content":{"rendered":"<p>Volgens die amptenare van die Departement moet die Minister, Gugile Nkwinti, eers oorleg pleeg met die landbousektor met betrekking tot die voorstelle. \u2019n Finale weergawe sal dan na volgende maand se verkiesings aan die nuwe kabinet voorgel\u00ea word.<\/p>\n<p>Ook maar goed so, want die voorstelle in die vorm waarin dit tans verskyn sal \u2019n ernstige uitwerking h\u00ea op eiendomsregte, voedselsekuriteit en op die toekomstige lewensvatbaarheid van ons landbousektor.<\/p>\n<p>Kortliks stel hulle voor dat daar van alle boere vereis word om 50% van hul plase aan hul werkers af te staan. Die plaaswerkers se aandeel sal aan hul toegeken word in verhouding tot hul bydrae tot die ontwikkeling van die grond, gebaseer op die aantal jare wat hulle op die grond gewerk het. Gevolglik sal werkers wat vir 10 jaar op die plaas gewerk het, 10% van die werkers se toegekende grond kry; diegene wat vir 25 jaar gewerk het sal 25% van die toegekende grond ontvang en diegene wat vir 50 jaar op die plaas gewerk het, sal geregtig wees op 50% van die toegekende grond. (Dit is nie duidelik wat sal gebeur indien daar agt werkers is wat vir 10 jaar en drie wat vir 25 jaar op die plaas gewerk het nie).<\/p>\n<p>Die staat sal die 50% van die plaas wat aan die plaaswerkers toegeken sal word, koop. Dit sal egter nie die geld aan die boer betaal nie, maar dit in \u2019n beleggings- en ontwikkelingsfonds betaal wat gesamentlik deur die partye wat eienaarskap van die plaas het, besit word. Die Fonds sal gebruik word om die bestuurs- en produksievermo\u00eb van die nuwe grondeienaars te ontwikkel, om verder in die plaas te bel\u00ea asook om mense uit te koop wat nie meer deel wil wees van die nuwe eienaarskap nie.<\/p>\n<p>Volgens die voorstelle moet die behaling van gelykheid deur plaaswerkers lei tot \u2019n fundamentele verandering in die beheermeganisme van die plaas. Dit word gesien as \u2019n fundamentele veranderingsfaktor van die spel. Dit stel gesamentlike bestuur van die plaas daar, gebaseer op relatiewe ekwiteitsbesit en die vermo\u00eb van elke deelnemer ten opsigte van produksie en bestuur.<\/p>\n<p>Die stelsel sal steeds plaaswerkers se verblyfreg en ander regte beskerm. Dit sal egter ook \u2019n reeks pligte en verantwoordelikhede instel wat die plaaswerkers wat op die plaas woon, moet nakom ten einde hul aandeel in die plaas te behou. Indien werkers nie hul pligte nakom nie, sal die nuwe saamgestelde plaasbestuur die saak na \u2019n voorgestelde Komitee oor die Bestuur van Grondregte moet verwys, wat oor die mag sal beskik om van hulle te vereis om die plaas te verlaat.<\/p>\n<p>Die Departement is duidelik bewus daarvan dat die ineenstorting van toekomstige grondhervormingsprojekte vermy moet word deur die kennis en belange van bestaande boere te behou. Soos dit s\u00ea, die regering het ten doel om die sekuriteit van plaaswerkers en plaasbewoners se eiendomsreg te verdiep sonder om huishoudings se voedselsekuriteit en\u00a0-soewereiniteit te bedreig. Hierdie sensitiewe balans tussen die sekuriteit van eiendomsregte aan die een kant, en voedselsekuriteit en -soewereiniteit aan die ander kant, moet ten alle tye gehandhaaf word.<\/p>\n<p>Die outeurs van die voorstelle wil duidelik voedselproduksie verseker deur bestaande boere toe te laat om 50% aandeel in hul plase te behou. Daar sal egter van boere kragtens wetgewing vereis word om plaaswerkers op te lei ten opsigte van bestuursvaardighede en hulle sal steeds verantwoordelik wees vir die plaas se instandhouding en onderhoud, met inbegrip van die versekering dat werkers op die grond in geskikte lewensomstandighede woon en gepaste lone betaal word. Hulle sal eiendomsbelasting en inkomestebelasting betaal, terwyl die werkers nie sodanige las sal dra nie.<\/p>\n<p>Die punt is dat boere ontneem sal word van 50% van hul plase sonder vergoeding. Sodanige aanval op eiendomsregte sal die rooiligte laat flikker vir graderingsagentskappe, wat reeds die evolusie van regeringsbeleid met kommer beje\u00ebn.<\/p>\n<p>Dit is ook nie duidelik hoe boere van hul eiendom ontneem sal word sonder om die vereistes van artikel 25 van die Grondwet te oortree nie &#8211; alhoewel Minister Nkwinti blykbaar dink dat plaaswerkers reeds wesenlik regte betreffende eienaarskap bekom het kragtens die <em>Land Tenure Act<\/em>.<\/p>\n<p>Die voorgestelde gesamentlike bestuursregime &#8211; met ingryping deur die regering en die Komitee op die Bestuur van Grondregte &#8211; sal die vermo\u00eb van boere ondermyn om hul basiese funksie om voedel te produseer.<\/p>\n<p>Soos so baie ander fasette van die regering se toenemend aggressiewe beleide wat op ras geskoei is, het hierdie hartseer en lomp voorstelle hul oorsprong in die Nasionale Demokratiese Revolusie se obsessie met die konflikte uit die verlede aan die een kant, en \u2019n ernstige wanindruk oor hoe doeltreffende moderne ekonomie\u00eb funksioneer.<\/p>\n<p>Minister Nkwinti glo die morele grondslag vir hierdie voorstelle is dat mede-Suid-Afrikaners (wit boere) wat deur die winste van die land wat deur die oorlo\u00eb waartydens grond onteien is, bekom is, en die rasgebaseerde segregasiebeleide en wetgewing van die koloniale en daaropvolgende apartheidsregime bevoordeel is, \u2019n morele plig en verantwoordelikheid het om by te dra tot die herstel van geregtigheid en die nasionale poging om versoening te bewerkstellig.<\/p>\n<p>Na raming word 5% van landbougrond elke jaar op die mark geplaas. Dit beteken dat \u2019n redelike groot persentasie van plase sedert 1994 aangekoop is. Hoe kan daar van sodanige boere &#8211; wat die minimum lone betaal soos wat deur die regering vasgestel is &#8211; verwag word om steeds \u2019n morele las te dra namens vorige koloniale en apartheidsregimes?<\/p>\n<p>Maar waarom stop by 50%? Sodra die staat weggedoen het met die beginsel van eiendomsregte &#8211; en sodra plaaswerkers voldoende bestuursvaardighede aan hul werkers oorgedra het &#8211; waarom dan nie die werkers se aandeel opstoot na 60%, 80% of selfs 100% nie?<\/p>\n<p>Minister Nkwinti wys ook daarop dat die handhawing van die status quo wat tans heers polities ongewens en onvolhoubaar is. Alle redelike Suid-Afrikaners sal saamstem dat ons \u2019n gebalanseerde en werkbare grondhervormingsproses benodig. AgriSA en ander betrokke partye het konstruktiewe voorstelle in di\u00e9 verband gemaak &#8211; maar sonder sukses. Hierdie jongste voorstelle sal beslis nie die gewenste doelwitte behaal nie &#8211; en mens moet hoop dat hulle breedvoerig gewysig sal word gedurende die oorlegplegingsproses wat voorl\u00ea.<\/p>\n<p>Daar is slegs 37 000 kommersi\u00eble boere oor in Suid-Afrika &#8211; en hul gemiddelde ouderdom is meer as 60. Hul kinders wil nie voortgaan om te boer nie weens die toenemende uitdagings wat grondhervorming inhou, asook weens wrede plaasaanvalle. Die werklike uitdaging vir Minister Nkwinti kan dalk eerder wees om kommersi\u00eble boere te oortuig &#8211; onder enige omstandighede &#8211; om op die grond te bly en om voort te gaan om die voedsel te produseer waarop ons almal staatmaak.<\/p>\n<p><em>Deur Dave Steward: uitvoerende direkteur, FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"color: #000000; font-size: 8pt;\">Foto:\u00a0<a style=\"color: #b31212; line-height: inherit;\" href=\"http:\/\/www.flickr.com\/photos\/governmentza\/8434412039\/\"><span style=\"color: #000000;\">GovernmentZA<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<a style=\"color: #b31212; line-height: inherit;\" href=\"http:\/\/foter.com\/\"><span style=\"color: #000000;\">Foter<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<a style=\"color: #b31212; line-height: inherit;\" href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by-nd\/2.0\/\"><span style=\"color: #000000;\">Creative Commons Attribution-NoDerivs 2.0 Generic (CC BY-ND 2.0)<\/span><\/a><\/span><\/p>\n<hr \/>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/50-50-op-die-plase\/'>50\/50 OP DIE PLASE<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 111.23K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/50-50-op-die-plase\/?wpdmdl=4172&refresh=6a8cddf3d42a11787616755\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-530\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/minister-nkwinti-foter.jpg\" alt=\"minister-nkwinti-foter\" width=\"150\" height=\"113\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/minister-nkwinti-foter.jpg 320w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/minister-nkwinti-foter-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het pas sy finale beleidsvoorstelle betreffende grondhervorming gepubliseer, getiteld &#8220;<em>Strengthening the Relative Rights of People Working the Land<\/em>&#8220;.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":530,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-538","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: 50\/50 OP DIE PLASE - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: 50\/50 OP DIE PLASE - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het pas sy finale beleidsvoorstelle betreffende grondhervorming gepubliseer, getiteld &quot;Strengthening the Relative Rights of People Working the Land&quot;.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-04-09T13:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-21T07:48:48+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/minister-nkwinti-foter.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"320\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"240\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: 50\/50 OP DIE PLASE\",\"datePublished\":\"2014-04-09T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-21T07:48:48+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/\"},\"wordCount\":1091,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/minister-nkwinti-foter.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/\",\"name\":\"ARTIKEL: 50\/50 OP DIE PLASE - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/minister-nkwinti-foter.jpg\",\"datePublished\":\"2014-04-09T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-21T07:48:48+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/minister-nkwinti-foter.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/minister-nkwinti-foter.jpg\",\"width\":320,\"height\":240,\"caption\":\"minister-nkwinti-foter\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: 50\/50 OP DIE PLASE\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: 50\/50 OP DIE PLASE - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: 50\/50 OP DIE PLASE - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het pas sy finale beleidsvoorstelle betreffende grondhervorming gepubliseer, getiteld \"Strengthening the Relative Rights of People Working the Land\".","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2014-04-09T13:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-21T07:48:48+00:00","og_image":[{"width":320,"height":240,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/minister-nkwinti-foter.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: 50\/50 OP DIE PLASE","datePublished":"2014-04-09T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-21T07:48:48+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/"},"wordCount":1091,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/minister-nkwinti-foter.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/","name":"ARTIKEL: 50\/50 OP DIE PLASE - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/minister-nkwinti-foter.jpg","datePublished":"2014-04-09T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-21T07:48:48+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/minister-nkwinti-foter.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/minister-nkwinti-foter.jpg","width":320,"height":240,"caption":"minister-nkwinti-foter"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-50-50-op-die-plase\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: 50\/50 OP DIE PLASE"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/538","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=538"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/538\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8168,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/538\/revisions\/8168"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/530"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=538"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=538"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=538"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}