{"id":505,"date":"2014-02-20T15:00:00","date_gmt":"2014-02-20T13:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/"},"modified":"2021-07-21T09:49:18","modified_gmt":"2021-07-21T07:49:18","slug":"artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: INTERNASIONALE MOEDERTAALDAG 2014: OM \u2019N TAAL TE PRAAT WAT ONS ALMAL VERSTAAN"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is op 17 November 1999 deur UNESCO (die VN se organisasie vir onderwys, wetenskap en kultuur) ingestel, ten einde die verspreiding van &#8216;moedertale&#8217; te bevorder, om \u2019n groter gewaarwording van die duisende linguistiese tradisies regoor die w\u00eareld te behaal, en om solidariteit tussen tale te bewerkstellig wat op verstandhouding, verdraagsaamheid en gesprekvoering gebaseer is.<\/p>\n<p>Die tema vir IMD vir 2014 is &#8220;Plaaslike tale vir Internasionale Burgerskap: die Fokus op Wetenskap&#8221;.<\/p>\n<p>Die tema moedig mense w\u00eareldwyd aan om boeke, tekste, gedigte ens \u00earens in die publiek te lees in hul plaaslike taal of \u2019n taal wat minder in gebruik is. Die doelwit is om bewusmaking te skep betreffende al die moedertale in die w\u00eareld.<\/p>\n<p>Omdat die tale wat ons praat onlosmaaklik deel is van ons kulturele en persoonlike identiteite, is dit ook noodsaaklik vir ons basiese grondliggende regte van menswaardigheid en gelykheid.<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse Grondwet maak ten volle voorsiening vir die kulturele en linguisties diverse aard van ons samelewing. Dit verskans spesifiek die amptelike tale Sepedi, Sesotho, Setswana, siSwati, Tshivenda, Xitsonga, Afrikaans, Engels, isiNdebele, isiXhosa en isiZulu. Die Grondwet verklaar uitdruklik dat al die Suid-Afrikaanse tale gelykheid van aansien en billike gebruik moet geniet, en dit verbied ook diskriminasie op verskeie gronde, met inbegrip van taal.<\/p>\n<p>As Suid-Afrikaners behoort ons maklik ons ryk veeltalige erfenis op Internasionale Moedertaaldag te kan vier. Ongelukkig word ons sterk erkenning van ons linguistiese diversiteit in die Grondwet nie met betrekking tot taalgebruik en -ontwikkeling in Suid-Afrika uitgebeeld nie.<\/p>\n<p>Daar is verskeie redes hiervoor.<\/p>\n<p>Eerstens is dit die regering se gebrek aan toewyding. Dit het nie die Wet op die Gebruik van Amptelike Tale aanvaar totdat dit gedwing is om dit te doen by wyse van litigasie wat deur mnr Cerneels Lourens, \u2019n praktiserende prokureur van Brits, ingestel is nie. Die daaropvolgende wetgewing is, om dit eenvoudig te stel, \u2019n poging deur die regering om kennis te neem van die duidelike taalvereistes in artikel 6 van die Grondwet. Die Wet op die Gebruik van Amptelike Tale is ingestel ten einde voorsiening te maak vir die regulering en monitering van die gebruik van amptelike tale deur die nasionale regering vir regeringsdoeleindes. Dit maak ook voorsiening vir die aanvaarding van taalbeleide deur nasionale departemente, nasionale openbare instellings en nasionale openbare ondernemings. Daarbenewens maak dit voorsiening vir die daarstelling en funksies van \u2019n Nasionale Taaleenheid.<\/p>\n<p>Ten spyte van die feit dat die Wet op die Gebruik van Amptelike Tale op 2 Mei 2013 aanvaar is, het baie min staatsdepartemente of staatsinstellings tot dusver die vereiste taalbeleide ingestel. Gevolglik het Cerneels Lourens dit weer eens nodig geag om litigasie teen die regering in te stel &#8211; hierdie keer teen die premiers van die Noord-Kaap en die Vrystaat &#8211; ten einde hulle te dwing om hul verantwoordelikhede ten opsigte van taal ingevolge die Wet en die Grondwet na te kom(staatsdepartemente het tot 1 November 2014 om hul onderskeie taalbeleide af te handel).<\/p>\n<p>\u2019n Tweede rede vir Suid-Afrika se versuim om die bepalings betreffende taal in die Grondwet in werking te stel, is dat die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT), wat veronderstel is om ons amptelike tale te bevorder en ontwikkel, eenvoudig net nie sy funksies uitvoer nie.<\/p>\n<p>PanSAT word lank reeds geteister deur wanbestuur en verwaarlosing. In die jongste voorval is die waarnemende uitvoerende hoof van PanSAT, Mxolisi Zwane, beskuldig van onre\u00eblmatighede betreffende die aanstelling van mense in poste waarvoor daar nie begroot is nie. Zwane is in Junie 2012 aangestel as waarnemende uitvoerende hoof deur Paul Mashitile, die Minister van Kuns en Kultuur, n\u00e1 die verwydering van die destydse waarnemende uitvoerende hoof en die raad weens finansi\u00eble wanbestuur. 28 werknemers het nou hofverrigtinge aanhangig gemaak en aansoek gedoen om \u2019n bevel wat Zwane se aanstelling onwettig en ongeldig verklaar. Mashatile is daarvan beskuldig dat hy Zwane beskerm, en is gekritiseer dat hy versuim het om benoemdes wat deur die Nasionale Vergadering se Komitee oor Kuns en Kultuur goedgekeur is, op \u2019n nuwe PanSAT-raad aan te stel. PanSAT bevind homself dus met \u2019n waarnemende hoof uitvoerende beampte wat homself vir die stryd voorberei, en geen raad nie!<\/p>\n<p>Die derde rede vir ons versuim om die taalvisie in die Grondwet te verwesenlik, is die sterk indruk dat die regering besluit het om Engels de facto as die enigste amptelike taal te bevorder.<\/p>\n<p>Hierdie neiging kom meer en meer voor in alle sfere van die regering. Selfs in die Parlement word debatte wynig in enige ander taal as Engels gevoer. Alhoewel die belangrikheid van Engels as w\u00eareldtaal deur almal erken word, moet daar steeds aan die duidelike vereistes in die Grondwet voldoen word wat vereis dat die nasionale regering en elke provinsiale regering ten minste twee tale moet gebruik.<\/p>\n<p>Hierdie skuif na \u2019n byna uitsluitlike gebruik van Engels in die regering en sakebedryf syfer ook deur na die onderwyssektor in Suid-Afrika, en dit is ongrondwetlik. Afrikaanse skole &#8211; en die oorblywende universiteite wat onderrig in Afrikaans bied &#8211; ervaar enorme druk om na Engels oor te leun &#8211; wat duidelik teenstrydig is met artikel 29 wat verklaar dat elke persoon die reg het op onderwys in die amptelike taal of tale van hul keuse in openbare onderwysinstellings, waar sodanige onderrig redelik moontlik is.<\/p>\n<p>Die behoefte aan moedertaalonderrig is nie bloot \u2019n hunkering na die linguistiese diversiteit van die verlede nie. Daar is reeds bevind dat indien kinders nie gedurende die eerste ses of sewe jaar van hul opvoeding dit in hul moedertaal ontvang nie, hul verdere onderrigvooruitsigte ernstig ondermyn sal word. Een van die grootste redes vir Suid-Afrika se akute onderwyskrisis is dat \u2019n hele generasie kinders n\u00e1 die derde jaar van onderwys in Engels onderrig word &#8211; \u2019n taal wat hulle nie dikwels verstaan nie &#8211; deur onderwysers wat self nie heeltemal bekwaam in Engels is nie. Ingevolge artikel 6 van die Grondwet het die regering \u2019n plig om &#8220;praktiese en positiewe maatre\u00ebls in te stel ten einde die status van ons inheemse tale te verhoog en die gebruik daarvan te bevorder&#8221;, maar hulle het versuim om dit te doen.<\/p>\n<p>Daar is \u2019n noue verband tussen die tale wat ons praat en ons identiteite en ons gevoel van menswaardigheid. Op 21 Februarie moet ons almal &#8211; en veral die regering &#8211; nadink oor wat ons moet doen om die verwesenliking van die taalregte, wat \u2019n belangrike en integrale deel van ons grondwetlike visie uitmaak, te bewerkstellig.<\/p>\n<p><em>Adv Jacques du Preez, FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"color: #000000; font-size: 8pt;\">Foto:\u00a0<a href=\"http:\/\/www.flickr.com\/photos\/nagarjun\/8666886941\/\"><span style=\"color: #000000;\">Nagarjun<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<a href=\"http:\/\/foter.com\/re\/de9b96\"><span style=\"color: #000000;\">Foter<\/span><\/a>\u00a0\/\u00a0<a href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by\/2.0\/\"><span style=\"color: #000000;\">CC BY<\/span><\/a><\/span><\/p>\n<hr \/>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/internasionale-moedertaaldag-2014\/'>INTERNASIONALE MOEDERTAALDAG 2014<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 114.12K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/internasionale-moedertaaldag-2014\/?wpdmdl=4159&refresh=6aad4c826f4501789742210\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-502\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/eleven-official-languages-foter.jpg\" alt=\"eleven-official-languages-foter\" width=\"177\" height=\"111\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/eleven-official-languages-foter.jpg 1024w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/eleven-official-languages-foter-300x188.jpg 300w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/eleven-official-languages-foter-768x480.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 177px) 100vw, 177px\" \/>Internasionale Moedertaaldag (IMD), wat elke jaar op 21 Februarie plaasvind, vier taaldiversiteit, -verskeidenheid en veeltaligheid regoor die w\u00eareld.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":502,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-505","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: INTERNASIONALE MOEDERTAALDAG 2014: OM \u2019N TAAL TE PRAAT WAT ONS ALMAL VERSTAAN - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: INTERNASIONALE MOEDERTAALDAG 2014: OM \u2019N TAAL TE PRAAT WAT ONS ALMAL VERSTAAN - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Internasionale Moedertaaldag (IMD), wat elke jaar op 21 Februarie plaasvind, vier taaldiversiteit, -verskeidenheid en veeltaligheid regoor die w\u00eareld.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-02-20T13:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-21T07:49:18+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/eleven-official-languages-foter.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1024\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: INTERNASIONALE MOEDERTAALDAG 2014: OM \u2019N TAAL TE PRAAT WAT ONS ALMAL VERSTAAN\",\"datePublished\":\"2014-02-20T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-21T07:49:18+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/\"},\"wordCount\":1077,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/eleven-official-languages-foter.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/\",\"name\":\"ARTIKEL: INTERNASIONALE MOEDERTAALDAG 2014: OM \u2019N TAAL TE PRAAT WAT ONS ALMAL VERSTAAN - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/eleven-official-languages-foter.jpg\",\"datePublished\":\"2014-02-20T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-21T07:49:18+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/eleven-official-languages-foter.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/eleven-official-languages-foter.jpg\",\"width\":1024,\"height\":640,\"caption\":\"eleven official languages foter\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: INTERNASIONALE MOEDERTAALDAG 2014: OM \u2019N TAAL TE PRAAT WAT ONS ALMAL VERSTAAN\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: INTERNASIONALE MOEDERTAALDAG 2014: OM \u2019N TAAL TE PRAAT WAT ONS ALMAL VERSTAAN - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: INTERNASIONALE MOEDERTAALDAG 2014: OM \u2019N TAAL TE PRAAT WAT ONS ALMAL VERSTAAN - FW de Klerk Foundation","og_description":"Internasionale Moedertaaldag (IMD), wat elke jaar op 21 Februarie plaasvind, vier taaldiversiteit, -verskeidenheid en veeltaligheid regoor die w\u00eareld.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2014-02-20T13:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-21T07:49:18+00:00","og_image":[{"width":1024,"height":640,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/eleven-official-languages-foter.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: INTERNASIONALE MOEDERTAALDAG 2014: OM \u2019N TAAL TE PRAAT WAT ONS ALMAL VERSTAAN","datePublished":"2014-02-20T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-21T07:49:18+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/"},"wordCount":1077,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/eleven-official-languages-foter.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/","name":"ARTIKEL: INTERNASIONALE MOEDERTAALDAG 2014: OM \u2019N TAAL TE PRAAT WAT ONS ALMAL VERSTAAN - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/eleven-official-languages-foter.jpg","datePublished":"2014-02-20T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-21T07:49:18+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/eleven-official-languages-foter.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/eleven-official-languages-foter.jpg","width":1024,"height":640,"caption":"eleven official languages foter"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-internasionale-moedertaaldag-2014-om-n-taal-te-praat-wat-ons-almal-verstaan\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: INTERNASIONALE MOEDERTAALDAG 2014: OM \u2019N TAAL TE PRAAT WAT ONS ALMAL VERSTAAN"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/505","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=505"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/505\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8173,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/505\/revisions\/8173"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/502"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=505"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=505"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=505"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}