{"id":443,"date":"2013-04-23T15:00:00","date_gmt":"2013-04-23T13:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/die-koshuise-van-stellenbosch\/"},"modified":"2021-07-21T09:57:16","modified_gmt":"2021-07-21T07:57:16","slug":"die-koshuise-van-stellenbosch","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/","title":{"rendered":"DIE KOSHUISE VAN STELLENBOSCH"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die oorspronklike beleid het &#8216;n ideale koshuisprofiel beoog, wat uit 35% bruinmense, 20% swartmense, 40% witmense en 5% Ind\u00efer bestaan &#8211; met 45% Afrikaanssprekende studente, 40% Engelssprekendes en 15% wat ander tale sou praat. Di\u00e9 oorspronklike formule is afgekeur deur elemente binne die universiteitsgemeenskap, wat aangedui het dat hulle &#8216;n mosie teen die beleid sou indien by &#8216;n vergadering van die universiteit se konvokasie &#8211; wat bestaan uit oudstudente van Stellenbosch &#8211; wat op 11 April 2013 sou plaasvind. Hulle het aanvanklik geredeneer dat die beleid ongrondwetlik is omdat dit op onregverdige wyse diskrimineer teen mense op grond van taal en kultuur en omdat dit die reg skend van mense wat aan &#8216;n spesifieke taal- of kultuurgemeenskap behoort om &#8220;die taal van eie keuse te gebruik en om aan die kulturele lewe van eie keuse deel te neem\u2026&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die universiteitsowerhede het op die debat gereageer deur verskeie wysigings te maak aan die oorspronklike beleid wat spesifieke ras- en taaldoelwitte weggelaat het. Dit blyk dat die universiteitsadministrasie self die magtiging wil h\u00ea om diversiteitsdoelwitte te bepaal &#8211; terwyl ander binne die universiteitsgemeenskap aandring dat doelwitte deur die universiteitsraad vasgestel moet word. Teenstanders van die beleid het gemeen dat dit verwerp moet word omdat dit vaag is en alle betekenisvolle magte ten opsigte van koshuisplasings na die universiteit se bestuur sou oordra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By die konvokasievergadering op Donderdag 11 April is hul mosie &#8211; nadat sekere wysigings deur die voorstellers daarin aangebring is &#8211; met 120 stemme teenoor 116 verwerp. &#8216;n Daaropvolgende mosie deur ondersteuners van die koshuisplasingsbeleid is aanvaar: &#8220;Die Universiteit van Stellenbosch verdien die ondersteuning van die konvokasie in alle inisiatiewe wat poog om &#8216;n meer inklusiewe instelling te skep.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Universiteitsraad sal nou &#8216;n finale besluit oor die koshuisplasingsbeleid moet neem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die raad is egter onderworpe aan druk uit verskeie oorde. Alhoewel die Universiteit onafhanklik is, is dit onder druk weens die onverteenwoordigende demografiese profiel van sy studente en personeel &#8211; spesifiek ten opsig van &#8220;die onderskeidings op grond van kleur wat ons ge\u00ebrf het uit die apartheidsera.&#8221; Dit &#8220;erken sy bydrae tot die ongeregtigheid van die verlede en is gebonde aan gepasteregstellende en ontwikkelingsprogramme&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die ander kant is die Universiteit ook onder druk van &#8216;n noemenswaardige proporsie van hul oudstudente, studente en personeel om &#8216;n spesiale plek vir Afikaans op die kampus te bewaar. Die amptenare wat die koshuisplasingsbeleid ontwerp het moes al hierdie dinge in ag neem, en terselfdertyd verseker dat meriete beloon is. Aldus die oorspronklike beleid met sy visie vir ge\u00efntegreerde en veeltalige koshuise, waar Afrikaans steeds &#8216;n 45% aandeel sou h\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die probleem &#8211; soos almal weet &#8211; is dat by enige instelling waar Afrikaanssprekendes (of sprekers van enige ander taal) die minderheid word, Engels gou die oorheersende taal word. Die onvermydelike gevolg van die Universiteit se oorspronklike koshuisplasingsbeleid sou, vro\u00eber of later, wees dat Afrikaanse koshuise verdwyn en dat die eertydse Afrikaanse karakter van die Universiteit verder sou erodeer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens prof Pierre de Vos, is di\u00e9 wat so &#8216;n uitkoms teenstaan besig om &#8220;rasse- en jingo\u00efstiese idees aan te blaas&#8221;. Hulle is &#8220;wit&#8221; Suid-Afrikaanse begunstigdes van &#8220;eertydse onregverdige rassediskriminasie&#8221; wat probeer om &#8220;hul onverdiende voorregte te beskerm deur te baklei om die status quo te behou.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vermo\u00eb om die taal van eie keuse te gebruik en om jou kultuur te beoefen is egter \u2018n reg &#8211; en nie \u2018n voorreg nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons Grondwet maak ruim voorsiening vir die veeltalige en multikulturele aard van ons samelewing. Dit verskans 11 amptelike tale en eis dat hulle &#8220;gelykheid van aansien&#8221; moet geniet. Dit erken elkeen se reg op onderwys in die taal van eie keuse &#8211; met inbegrip van enkelmediuminstellings &#8211; met inagneming van sekere voorwaardes. Elkeen het die reg &#8220;om die taal van eie keuse te gebruik en om aan die kulturele lewe van eie keuse deel te neem&#8221; en di\u00e9 wat behoort aan kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe &#8220;mag nie die reg onts\u00ea word om\u2026kultuur-, godsdiens- en taalverenigings en ander organe van burgerlike gemeenskap te vorm, in stand te hou en daarby aan te sluit nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Multikulturalisme en veeltaligheid kan nie voortbestaan sonder instellings wat amptelik ondersteun word nie &#8211; waar gemeenskappe hul kultuur mag beoefen en hul tale mag gebruik. Minderheidstale sal net aan die lewe bly indien daar enkelmediumskole is &#8211; oop aan alle rasse &#8211; waar hulle beskerm sal wees teen die stoomroller van Engelse oorheersing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sulke instellings mag en behoort niemand op grond van ras uit te sluit nie &#8211; maar kan, uit die aard van die saak nie aan ras- of taalkwotas onderworpe wees nie. Die toepassing van nasionale rassekwotas op alle instellings in die privaat- en openbare sektor &#8211; in ooreenstemming met die ANC se NasionaleDemokratiese Revolusie-ideologie &#8211; sou meerderheidsoorheersing aan die samelewing opl\u00ea en die doodsklok laat lui vir verskeidenheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is dit werklik &#8220;jingo\u00efsties&#8221; vir Afrikaanssprekende studente, in &#8216;n provinsie waar Afrikaans die meerderheidstaal is, om ten minste &#8216;n paar koshuise te h\u00ea &#8211; op &#8216;n nie-rassige grondslag &#8211; waar Afrikaans die hoof voertaal is? Studente wat &#8216;n koshuis verkies waar Engels ingevolge die voorgestelde koshuisplasingsbeleid vir alle praktiese doeleindes die voertaal sal wees, behoort die reg te h\u00ea om daardie opsie te kies. S\u00f3 &#8216;n benadering sou verskeidenheid op die kampus meer doeltreffend bevorder as om Engels de facto op almal af te dwing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat beteken die taal- en kultuurregte in die Grondwet as daar geen plek is vir Afrikaanse instellings &#8211; wat amptelik ondersteun word &#8211; in &#8216;n provinsie waar Afrikaans die meederheidstaal is nie? Wat is die waarde van die Universiteit se verbintenis tot Afrikaans &#8211; as daar geen plek op kampus is vir nie-rassige Afrikaanse koshuise nie? Dit gaan nie oor die heeltemaal aanvaarbare id\u00e9e dat Stellenbosch &#8216;n &#8220;inklusiewe instelling&#8221; moet wees nie: dit gaan oor die vraag of daar in die toekoms nog &#8216;n plek op Stellenbosch vir nie-rassige oorwegend Afrikaanse koshuise sal wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons stem saam met die oudstudente wat die nuwe beleid teengestaan het: hierdie is besluite wat nie deur die diktat van universiteitsamptenare geneem moet word nie &#8211; maar eerder deur die universiteitsraad. In die proses moet die raad \u2018n ondubbelsinnige en deursigtige aanduiding gee van hoe dit die toekoms van Afrikaans op Stellenbosch beskou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">[Hierdie artikel het op 23 April 2013 in Die Burger verskyn]<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em><span style=\"text-align: justify;\">Deur Dave Steward, uitvoerende direkteur, FW de Klerk Stigting<\/span><\/em><\/p>\n<hr \/>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em><span style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/span><\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"index.php\/afr\/doks-artikels?download=177:die-koshuise-van-stellenbosch\"><span style=\"color: #000000;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-koshuise-van-stellenbosch\/'>DIE KOSHUISE VAN STELLENBOSCH<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 108.92K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-koshuise-van-stellenbosch\/?wpdmdl=4041&refresh=6a8888f20ac031787332850\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-441\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/stellenbosch-universiteit.jpg\" alt=\"stellenbosch-universiteit\" width=\"150\" height=\"115\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/stellenbosch-universiteit.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/stellenbosch-universiteit-300x230.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Die voorgestelde koshuisplasingsbeleid van die Universiteit van Stellebosch opper vrae oor die toekoms van Afrikaans op Stellenbosch, asook die toekoms van Suid-Afrika as &#8216;n veeltalige en multikulturele samelewing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die voorstelle sou toegang tot koshuise gebaseer word op twee belangrike kenmerke: meriete en die behoefte om verskeidenheid op die kampus te bevorder.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":441,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[32,303],"tags":[],"class_list":["post-443","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-opmerkings"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>DIE KOSHUISE VAN STELLENBOSCH - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"DIE KOSHUISE VAN STELLENBOSCH - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die voorgestelde koshuisplasingsbeleid van die Universiteit van Stellebosch opper vrae oor die toekoms van Afrikaans op Stellenbosch, asook die toekoms van Suid-Afrika as &#039;n veeltalige en multikulturele samelewing. Volgens die voorstelle sou toegang tot koshuise gebaseer word op twee belangrike kenmerke: meriete en die behoefte om verskeidenheid op die kampus te bevorder.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-04-23T13:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-21T07:57:16+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/stellenbosch-universiteit.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"306\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"DIE KOSHUISE VAN STELLENBOSCH\",\"datePublished\":\"2013-04-23T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-21T07:57:16+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/\"},\"wordCount\":1046,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/stellenbosch-universiteit.jpg\",\"articleSection\":[\"Nuus\",\"Opmerkings\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/\",\"name\":\"DIE KOSHUISE VAN STELLENBOSCH - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/stellenbosch-universiteit.jpg\",\"datePublished\":\"2013-04-23T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-21T07:57:16+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/stellenbosch-universiteit.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/stellenbosch-universiteit.jpg\",\"width\":400,\"height\":306,\"caption\":\"stellenbosch-universiteit\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Opmerkings\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/opmerkings\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"DIE KOSHUISE VAN STELLENBOSCH\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"DIE KOSHUISE VAN STELLENBOSCH - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"DIE KOSHUISE VAN STELLENBOSCH - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die voorgestelde koshuisplasingsbeleid van die Universiteit van Stellebosch opper vrae oor die toekoms van Afrikaans op Stellenbosch, asook die toekoms van Suid-Afrika as 'n veeltalige en multikulturele samelewing. Volgens die voorstelle sou toegang tot koshuise gebaseer word op twee belangrike kenmerke: meriete en die behoefte om verskeidenheid op die kampus te bevorder.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2013-04-23T13:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-21T07:57:16+00:00","og_image":[{"width":400,"height":306,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/stellenbosch-universiteit.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"FW de Klerk Foundation","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"DIE KOSHUISE VAN STELLENBOSCH","datePublished":"2013-04-23T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-21T07:57:16+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/"},"wordCount":1046,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/stellenbosch-universiteit.jpg","articleSection":["Nuus","Opmerkings"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/","name":"DIE KOSHUISE VAN STELLENBOSCH - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/stellenbosch-universiteit.jpg","datePublished":"2013-04-23T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-21T07:57:16+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/stellenbosch-universiteit.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/stellenbosch-universiteit.jpg","width":400,"height":306,"caption":"stellenbosch-universiteit"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-koshuise-van-stellenbosch\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Opmerkings","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/opmerkings\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"DIE KOSHUISE VAN STELLENBOSCH"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/443","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=443"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/443\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8193,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/443\/revisions\/8193"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/441"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=443"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=443"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=443"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}