{"id":434,"date":"2013-03-08T15:00:00","date_gmt":"2013-03-08T13:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/"},"modified":"2021-07-21T09:58:32","modified_gmt":"2021-07-21T07:58:32","slug":"internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/","title":{"rendered":"INTERNASIONALE VROUEDAG 2013: BEHOORT SUID-\u00adAFRIKA DIT TE VIER, OF DIT TE BETREUR?"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Afganistan het die gemiddelde vrou \u2019n lewensverwagting van 45 &#8211; \u2019n jaar minder as die gemiddelde Afgaanse man. Na drie dekades van konflik in die land, is die meeste vroue steeds ongeletterd. In die Demokratiese Republiek van die Kongo word seksuele geweld gebruik om honderde duisende vroue en dogters sedert 1996 te intimideer, verneder en martel. Die omvang van hierdie wrede dade &#8211; en veral verkragting &#8211; het daartoe gelei dat die Verenigde Nasies (VN) verkragting in 2008 amptelik as \u2019n oorlogswapen verklaar het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika was daar nog altyd sterk invloede van die patriargale stelsel. In Afrika- gewoontereg en -kultuur was die manlike stamhoof altyd \u2019n baie sterk en belangrike figuur in die gemeenskap, terwyl vroue en dogters oor die algemeen \u2019n ondergeskikte rol beklee het. Diskriminasie op grond van geslag is egter nie beperk tot enige ras, kultuur of geloof nie. In ons gemenereg word altyd gevra wat die \u2018redelike man\u2019 sou doen &#8211; en nie wat die \u2018redelike vrou\u2019 sou doen nie. Dit was ook tradisioneel die man wat die hoof van die huishouding is, en die meeste vrou l\u00ea steeds \u2019n belofte af om hul mans te gehoorsaam.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons Grondwet het in 1994 \u2019n nuwe situasie geskep deur menswaardigheid, nie-seksisme en die behaling van gelykheid as kernwaardes van ons demokrasie te verskans. Dit het verklaar dat almal gelyk is voor die reg en geregtig is op die gelyke beskerming en voordeel van die reg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Suid-Afrikaanse regering het ook onderneem om te verseker dat vroue \u2019n volle en gelyke rol speel in elke deel van die ekonomie en samelewing, en gevolglik is ons \u2019n w\u00eareldleier op die gebied van die getal vroue wat in ons Parlement en kabinet dien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In daardie opsig kan ons wel Internasionale Vrouedag vier, aangesien daar groot ontwikkelings plaasgevind het om vroue in ons samelewing op te hef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VN se tema vir Internasionale Vrouedag vir 2013 is &#8220;\u2019n Belofte is \u2019n belofte: Dis tyd om op te tree en geweld teen vroue te be\u00ebindig&#8221;. Teen die agtergrond van hierdie belofte en die inhoud van ons Grondwet, behoort ons as Suid-Afrikaners ernstig na te dink oor die huidige situasie waarin baie vroue en dogters in ons land hulle bevind, veral wat geweld en geslagsverwante geweld betref &#8211; en d\u00edt is waaroor ons behoort te treur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verkragting, huishoudelike geweld en seksuele aanranding kom regoor Suid-Afrika voor en word amper uitsluitlik op vroue en dogters gerig. Daar word geraam dat een uit elke drie vroue in Suid-Afrika verkrag sal word en dat een uit ses vroue in \u2019n gewelddadige huishoudelike verhouding is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMRC) is geweld in \u2019n intieme verhouding een van die grootste oorsake van dood onder vroulike moordslagoffers, met 56% van moorde op vroue wat deur hul intieme lewensmaat gepleeg word. Die SAMRC het ook bevind dat die koers van moorde op vroue dubbeld so hoog is as die koers in die Verenigde State.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Moontlik die skokkendste onlangse voorval in Suid-Afrika &#8211; wat die omvang van voortdurende daaglikse geweld teen vroue en dogters in Suid-Afrika beklemtoon &#8211; was die wrede bendeverkragting, skending en moord op die 17-jarige Anene Booysen in die Wes- Kaap. Die Anene Booysen-saak het die aandag gefokus op die lot van duisende Suid- Afrikaanse vroue en dogters wat ook die slagoffers was van seksuele mishandeling &#8211; ten spyte van die feit dat ons Grondwet die reg op lewe, menswaardigheid en liggaamlike en psigologiese integriteit waarborg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kommerwekkende ho\u00eb vlakke van geweld lei daartoe dat Suid-Afrikaanse vroue nie hierdie regte kan geniet nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie van hierdie probleme het ongetwyfeld hul oorsprong in swak sosio-ekonomiese omstandighede, armoede, swak onderwys en voortdurende ongelykheid. Die kern van die probleem is egter die fundamentele mislukking van te veel van ons mans om die rol en status van vroue te respekteer. Die doelwit van Internasionale Vrouedag is om mans en vroue te herinner aan die gelyke en onskendbare rol wat vroue regtens in ons samelewing moet speel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Behalwe vir klein blyke van erkenning en waardering is die grootste teken van respek wat ons as Suid-Afrikaners aan vroue en dogters op Internasionale Vrouedag en elke ander dag kan betoon, die nakoming van beloftes, regte en beskerming wat ons Grondwet en die Handves van Regte aan vroue, dogters en alle Suid-Afrikaners toeken. As ons dit doen, sal ons verseker dat vroue die respek, gelykheid, menswaardigheid en menslikheid kry wat hulle &#8211; en almal van ons &#8211; as mense verdien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em><span style=\"text-align: justify;\">Adv Jacques du Preez, FW de Klerk Stigting<\/span><\/em><\/p>\n<hr \/>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em><span style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/span><\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/'>INTERNASIONALE VROUEDAG 2013: BEHOORT SUID-\u00ad\u2010AFRIKA DIT TE VIER, OF DIT TE BETREUR?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 104.71K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/?wpdmdl=4039&refresh=6a878168cfb661787265384\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-432\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/woman.jpg\" alt=\"woman\" width=\"150\" height=\"113\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/woman.jpg 600w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/woman-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Op 8 Maart 2013 het ons Internasionale Vrouedag gedenk, en het ons ons waardering van en dankbaarheid teenoor vroue getoon, en ook hul ekonomiese, politiese en maatskaplike bydrae tot die samelewing erken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die moderne beeld van \u2019n vrou van die 21ste eeu word in Westerse tydskrifte uitgebeeld as grasieus met selfvertroue, welvaart, gesondheid en skoonheid. Tog &#8211; ten spyte van die vordering wat deur vroue op die gebied van menseregte, politieke deelname en bevryding, onderwys en inkomste gemaak is &#8211; moet baie van die byna 3.5 miljard vroue op ons planeet op \u2019n daaglikse basis kwessies soos diskriminasie, geweld en verdrukking die hoof bied.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":432,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[32,51],"tags":[],"class_list":["post-434","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-vorige-geleenthede-geleenthede-jongste-afr"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>INTERNASIONALE VROUEDAG 2013: BEHOORT SUID-\u00adAFRIKA DIT TE VIER, OF DIT TE BETREUR? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"INTERNASIONALE VROUEDAG 2013: BEHOORT SUID-\u00adAFRIKA DIT TE VIER, OF DIT TE BETREUR? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Op 8 Maart 2013 het ons Internasionale Vrouedag gedenk, en het ons ons waardering van en dankbaarheid teenoor vroue getoon, en ook hul ekonomiese, politiese en maatskaplike bydrae tot die samelewing erken. Die moderne beeld van \u2019n vrou van die 21ste eeu word in Westerse tydskrifte uitgebeeld as grasieus met selfvertroue, welvaart, gesondheid en skoonheid. Tog - ten spyte van die vordering wat deur vroue op die gebied van menseregte, politieke deelname en bevryding, onderwys en inkomste gemaak is - moet baie van die byna 3.5 miljard vroue op ons planeet op \u2019n daaglikse basis kwessies soos diskriminasie, geweld en verdrukking die hoof bied.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-03-08T13:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-21T07:58:32+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/woman.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"600\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"450\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"INTERNASIONALE VROUEDAG 2013: BEHOORT SUID-\u00adAFRIKA DIT TE VIER, OF DIT TE BETREUR?\",\"datePublished\":\"2013-03-08T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-21T07:58:32+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/\"},\"wordCount\":757,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/woman.jpg\",\"articleSection\":[\"Nuus\",\"Vorige Geleenthede\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/\",\"name\":\"INTERNASIONALE VROUEDAG 2013: BEHOORT SUID-\u00adAFRIKA DIT TE VIER, OF DIT TE BETREUR? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/woman.jpg\",\"datePublished\":\"2013-03-08T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-21T07:58:32+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/woman.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/woman.jpg\",\"width\":600,\"height\":450,\"caption\":\"woman\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Geleenthede\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/geleenthede-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"Vorige Geleenthede\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/geleenthede-jongste-afr\/vorige-geleenthede-geleenthede-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":6,\"name\":\"INTERNASIONALE VROUEDAG 2013: BEHOORT SUID-\u00adAFRIKA DIT TE VIER, OF DIT TE BETREUR?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"INTERNASIONALE VROUEDAG 2013: BEHOORT SUID-\u00adAFRIKA DIT TE VIER, OF DIT TE BETREUR? - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"INTERNASIONALE VROUEDAG 2013: BEHOORT SUID-\u00adAFRIKA DIT TE VIER, OF DIT TE BETREUR? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Op 8 Maart 2013 het ons Internasionale Vrouedag gedenk, en het ons ons waardering van en dankbaarheid teenoor vroue getoon, en ook hul ekonomiese, politiese en maatskaplike bydrae tot die samelewing erken. Die moderne beeld van \u2019n vrou van die 21ste eeu word in Westerse tydskrifte uitgebeeld as grasieus met selfvertroue, welvaart, gesondheid en skoonheid. Tog - ten spyte van die vordering wat deur vroue op die gebied van menseregte, politieke deelname en bevryding, onderwys en inkomste gemaak is - moet baie van die byna 3.5 miljard vroue op ons planeet op \u2019n daaglikse basis kwessies soos diskriminasie, geweld en verdrukking die hoof bied.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2013-03-08T13:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-21T07:58:32+00:00","og_image":[{"width":600,"height":450,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/woman.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"FW de Klerk Foundation","Est. reading time":"4 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"INTERNASIONALE VROUEDAG 2013: BEHOORT SUID-\u00adAFRIKA DIT TE VIER, OF DIT TE BETREUR?","datePublished":"2013-03-08T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-21T07:58:32+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/"},"wordCount":757,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/woman.jpg","articleSection":["Nuus","Vorige Geleenthede"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/","name":"INTERNASIONALE VROUEDAG 2013: BEHOORT SUID-\u00adAFRIKA DIT TE VIER, OF DIT TE BETREUR? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/woman.jpg","datePublished":"2013-03-08T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-21T07:58:32+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/woman.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/woman.jpg","width":600,"height":450,"caption":"woman"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-vrouedag-2013-behoort-suid-afrika-dit-te-vier-of-dit-te-betreur\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Geleenthede","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/geleenthede-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"Vorige Geleenthede","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/geleenthede-jongste-afr\/vorige-geleenthede-geleenthede-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":6,"name":"INTERNASIONALE VROUEDAG 2013: BEHOORT SUID-\u00adAFRIKA DIT TE VIER, OF DIT TE BETREUR?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/434","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=434"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/434\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8196,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/434\/revisions\/8196"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/432"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=434"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=434"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=434"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}