{"id":412,"date":"2013-09-20T15:00:00","date_gmt":"2013-09-20T13:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/"},"modified":"2021-07-21T09:55:01","modified_gmt":"2021-07-21T07:55:01","slug":"erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/","title":{"rendered":"ERFENISDAG 2013: NIE NET NOG \u2018N (BRAAI) DAG NIE?"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die erfenis van alle Suid-Afrikaners is onlosmaaklik aan mekaar verbind en enige van ons groepe mense se erfenis behoort dus in gelyke mate aan alle ander Suid-Afrikaners. Die erfenis van een groep is ook nie belangriker as die erfenis van \u2019n ander groep nie: die Grondwet heg spesiale waarde aan kulturele inklusiwiteit en gelykheid in Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die wyse waarop \u2019n ryk en kleurvolle kulturele erfenis soos Suid-Afrika s\u2019n bestuur word kan \u2019n sterk verenigende faktor wees &#8211; mits dit op \u2019n inklusiewe en kultureel sensitiewe wyse gedoen word. Ons nasionale volkslied is \u2019n goeie voorbeeld hiervan en voormalige President Nelson Mandela het dit as volg verduidelik: &#8220;Toe ons eerste demokraties verkose regering besluit het om Erfenisdag een van ons nasionale dae te maak, het ons s\u00f3 besluit omdat ons geweet het dat daar groot krag is in ons ryk en kleurvolle erfenis wat ons kan help om ons nuwe nasie te bou&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongelukkig is die teenoorgestelde ook waar, want as \u2019n kleurvolle en ryk kulturele erfenis soos ons s\u2019n nie op \u2019n sensitiewe, grondwetlike en kultureel sensitiewe wyse bestuur word nie, sal daardie verenigde mag ineenstort.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bestuur van \u2019n kleurvolle kulturele erfenis het betrekking op \u2019n belangrike tema wat in die dokument, 2013 Revised White Paper on Arts, Culture and Heritage aangeraak is: kulturele takt. Die argument is eenvoudig: beoefen goeie kulturele takt aangesien dit &#8211; in \u2019n diverse samelewing soos ons s\u2019n wat kultuur en erfenis betref &#8211; bydra tot nasiebou. As jy gebrekkige kulturele takt beoefen erodeer dit die positiewe uitwerking van positiewe nasiebou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n Goeie voorbeeld hiervan tans is die voortgesette naamveranderingsproses ten opsigte van dorpe, stede en strate regoor Suid-Afrika. Tot op datum het die SA Geografiese Nameraad 849 name van residensi\u00eble gebiede, woonbuurte en nasionale geografiese plekke oor die afgelope 14 jaar verander, en volgens die departement behels dit &#8220;die dekolonalisasie van ons erfenis deur koloniale name te vervang met name wat \u2019n post-koloniale, post-apartheid, demokratiese Suid-Afrika weerspie\u00ebl&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is geen twyfel dat hierdie verandering nodig is nie, ten einde die verskillende kulture en erfenisse van al ons Suid-Afrikaners meer inklusief te maak en te akkommodeer, en om dit te weerspie\u00ebl in die name van ons stede, dorpe en strate. Dit is egter miskien die wyse waarop di\u00e9 proses uitgevoer word wat nie net meer inklusief kan wees nie, maar ook met groter kulturele takt uitgevoer kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onlangs het Johnny Mohlala van die SA Geografiese Nameraad aan \u2019n werkswinkel, waarby Mpumalanga se departement van kultuur, sport en ontspanning en die provinsiale komitee vir die verandering van plekname betrokke was, ges\u00ea dat diegene wat litigasie gebruik om naamsveranderinge teen te staan &#8220;besig gehou sal word tot hul nie meer geld het nie&#8221;. Mohlala het hierdie uitspraak gemaak vier weke voor die aanvang van die saak wat deur die Kruger Laeveld Kamer van Besigheid en Toerisme aanhangig gemaak is om die naamsverandering van Nelspruit na Mbombela ter syde te laat stel. Meer as 23 000 inwoners van die dorp het \u2019n petisie onderteken teen die voorgestelde naamsverandering en die nasionale Departement van Kuns en Kultuur, sowel as die komitee vir naamsveranderinge in Mpumalanga staan die aansoek teen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kom sodanige kommentaar (soos Mohlala s\u2019n) neer op goeie kulturele takt, gegewe die duidelik sensitiewe aard van die verandering van \u2019n dorp se naam? Dieselfde houding heers in die voortgesette regstryd betreffende die naam van Pretoria\/Tshwane, sowel as straatname in daardie stad. Die jongste ontwikkeling in hierdie saga is dat die App\u00e8lhof aan die Stad Tshwane verlof toegestaan het om te appelleer teen \u2019n vroe\u00ebr bevel om die ou straatname weer te vertoon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kan die goeie gebruik van takt &#8211; spesifiek ten opsigte van die verandering van \u2019n stad, dorp of straat in Suid-Afrika se naam &#8211; nie makliker bereik word deur \u2019n meer verdraagsame benadering te volg soos lande soos Ierland en Wallis nie? In die vermelde lande is die amptelike tale Wallies (Wallis), Gaelies (Ierland) en Engels. Padtekens en die meeste stads- en dorpsname word in beide amptelike tale aangedui. Sekerlik sal \u2019n soortgelyke benadering in Suid-Afrika meer verdraagsaam en inklusief wees, aangesien dit die erfenis van alle betrokke groepe in ag neem?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens \u2019n onlangse werkswinkel oor die Witskrif in September 2013 in die Wes-Kaap het die Minister van Kuns en Kultuur, Paul Mashatile, die absolute transformasie van die hele sektor (kuns, kultuur en erfenis) benadruk. Wat dit presies behels is nog nie duidelik nie. Die Direkteur-generaal het ook verklaar dat die kuns- en kultuursektor steeds op die vrygebore generasie betrekking moet h\u00ea. Dit is \u2019n goeie doelstelling, maar sekerlik moet kuns, kultuur en erfenis nie net betrekking h\u00ea op en belangrik wees vir die vrygebore generasie nie, maar ook vir die ander, ouer Suid- Afrikaners?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Witskrif stel die konteks vir sy bepalings daar deur te verwys na die ANC se konsepbeleid ten opsigte van nasionale kultuur, wat verklaar dat: &#8220;Kolonialisme en apartheid die kultuur van die meerderheid Suid-Afrikaners afgeskeep, verdraai en onderdruk het. Die vryheid van uitdrukking is vernietig en stelselmatige pogings is aangewend om kreatiwiteit te demp. Gemeenskappe is ontneem van hulpbronne en instellings om hul eie kulturele uitdrukking te ontwikkel tensy dit ooreenstem met die doelwitte van die koloniale meesters.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sonder om afbreuk te doen aan die ernstige uitwerking wat daardie beleide en praktyke voor 1994 op die meerderheid Suid-Afrikaners gehad het, is dit reeds met die aanvang van die 2013-Witskrif, in \u2019n grondwetlike bestel wat die verlede erken, maar tog gelykheid ten opsigte van kulturele diversiteit erken, \u2019n ope vraag waarom die politieke leerstelling van die regerende party ingesluit moet word in \u2019n dokument wat ten doel het om kuns, kultuur en erfenis te reguleer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Weer eens opper dit die vraag oor wat goeie kulturele takt behels?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">President Zuma het onlangs weer ges\u00ea dat Suid-Afrikaners \u2019n plig het om na te dink oor hoe hulle nasionale eenheid en \u2019n nuwe nasionale identiteit kan bevorder en het projekte wat die Voortrekkermonument en Vryheidpark, en die Ncome-museum en die Bloedriviermonument met mekaar verbind, uitgesonder. In sy toespraak aan \u2019n gesamentlike sitting van die Parlement ter viering van Erfenismaand in 2013 in die Nasionale Vergadering, het President Jacob Zuma verklaar dat dit belangrik is om onsself af te vra hoe ons nasionale eenheid en \u2019n nuwe nasionale identiteit verder kan bevorder?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die antwoord is eenvoudig: deur goeie takt te gebruik wat kultureel sensitief is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As ons daarin kan slaag sal ons beter in staat wees om ons erfenis, wat ons gesamentlike erfenis van die nuwe en grondwetlike Suid-Afrika is, te beskerm en waardeer.<\/p>\n<p><em>Adv Jacques du Preez, FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<hr \/>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/'>ERFENISDAG 2013: NIE NET NOG \u2018N (BRAAI) DAG NIE?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 113.30K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/?wpdmdl=4049&refresh=6a88a43ecc10d1787339838\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><a href=\"index.php\/articles?download=135:20-september-2013\">\u00a0<\/a><\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-331\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/braai-day.png\" alt=\"braai-day\" width=\"150\" height=\"111\" \/> Een van die belangrikste aspekte wat in die Grondwet van Suid-Afrika erken word, is die belangrikheid van ons gesamentlike erfenis en die ryk kulturele, linguistiese en historiese diversiteit van ons mense.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sluit in die erfenis van al ons mense &#8211; van die eerste nasies van Suid-Afrika &#8211; die KhoiKhoi, Nama en San; ons inheemse Afrika-mense &#8211; die Zulus, Xhosas, Ndebeles en Swazis; die Tswana, Pedi en Suid-Sotho, Tsonga en Venda; wit Suid-Afrikaners wat afstam van die Hollandse, Duitse en Franse Setlaars, ons uitgebreide bruin gemeenskap; tot die Asi\u00ebrs wat in die 17de en 18de eeu hier aangekom het uit Nederlands-Indi\u00eb, en uit Indi\u00eb gedurende die 19de eeu.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":331,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[32,303],"tags":[],"class_list":["post-412","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-opmerkings"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ERFENISDAG 2013: NIE NET NOG \u2018N (BRAAI) DAG NIE? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ERFENISDAG 2013: NIE NET NOG \u2018N (BRAAI) DAG NIE? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Een van die belangrikste aspekte wat in die Grondwet van Suid-Afrika erken word, is die belangrikheid van ons gesamentlike erfenis en die ryk kulturele, linguistiese en historiese diversiteit van ons mense. Dit sluit in die erfenis van al ons mense - van die eerste nasies van Suid-Afrika - die KhoiKhoi, Nama en San; ons inheemse Afrika-mense - die Zulus, Xhosas, Ndebeles en Swazis; die Tswana, Pedi en Suid-Sotho, Tsonga en Venda; wit Suid-Afrikaners wat afstam van die Hollandse, Duitse en Franse Setlaars, ons uitgebreide bruin gemeenskap; tot die Asi\u00ebrs wat in die 17de en 18de eeu hier aangekom het uit Nederlands-Indi\u00eb, en uit Indi\u00eb gedurende die 19de eeu.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-09-20T13:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-21T07:55:01+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/braai-day.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"300\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"221\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Dave Steward\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ERFENISDAG 2013: NIE NET NOG \u2018N (BRAAI) DAG NIE?\",\"datePublished\":\"2013-09-20T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-21T07:55:01+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/\"},\"wordCount\":1103,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/braai-day.png\",\"articleSection\":[\"Nuus\",\"Opmerkings\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/\",\"name\":\"ERFENISDAG 2013: NIE NET NOG \u2018N (BRAAI) DAG NIE? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/braai-day.png\",\"datePublished\":\"2013-09-20T13:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-21T07:55:01+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/braai-day.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/braai-day.png\",\"width\":300,\"height\":221,\"caption\":\"braai-day\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Opmerkings\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/opmerkings\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ERFENISDAG 2013: NIE NET NOG \u2018N (BRAAI) DAG NIE?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ERFENISDAG 2013: NIE NET NOG \u2018N (BRAAI) DAG NIE? - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ERFENISDAG 2013: NIE NET NOG \u2018N (BRAAI) DAG NIE? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Een van die belangrikste aspekte wat in die Grondwet van Suid-Afrika erken word, is die belangrikheid van ons gesamentlike erfenis en die ryk kulturele, linguistiese en historiese diversiteit van ons mense. Dit sluit in die erfenis van al ons mense - van die eerste nasies van Suid-Afrika - die KhoiKhoi, Nama en San; ons inheemse Afrika-mense - die Zulus, Xhosas, Ndebeles en Swazis; die Tswana, Pedi en Suid-Sotho, Tsonga en Venda; wit Suid-Afrikaners wat afstam van die Hollandse, Duitse en Franse Setlaars, ons uitgebreide bruin gemeenskap; tot die Asi\u00ebrs wat in die 17de en 18de eeu hier aangekom het uit Nederlands-Indi\u00eb, en uit Indi\u00eb gedurende die 19de eeu.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2013-09-20T13:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-21T07:55:01+00:00","og_image":[{"width":300,"height":221,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/braai-day.png","type":"image\/png"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Dave Steward","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ERFENISDAG 2013: NIE NET NOG \u2018N (BRAAI) DAG NIE?","datePublished":"2013-09-20T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-21T07:55:01+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/"},"wordCount":1103,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/braai-day.png","articleSection":["Nuus","Opmerkings"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/","name":"ERFENISDAG 2013: NIE NET NOG \u2018N (BRAAI) DAG NIE? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/braai-day.png","datePublished":"2013-09-20T13:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-21T07:55:01+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/braai-day.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/braai-day.png","width":300,"height":221,"caption":"braai-day"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/erfenisdag-2013-nie-net-nog-n-braai-dag-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Opmerkings","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/opmerkings\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ERFENISDAG 2013: NIE NET NOG \u2018N (BRAAI) DAG NIE?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/412","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=412"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/412\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8184,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/412\/revisions\/8184"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/331"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=412"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=412"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=412"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}