{"id":3370,"date":"2013-10-11T13:49:00","date_gmt":"2013-10-11T11:49:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/"},"modified":"2021-05-24T01:08:38","modified_gmt":"2021-05-23T23:08:38","slug":"a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: GEEN PLEK VIR RASSISME IN ONS SAMELEWING"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">As gevolg van die onregverdighede van ons verlede, hoofsaaklik gepleeg teen swart Suid-\u00ad Afrikaners deur &#8216;n stelsel wat ons samelewing verdeeld, ongelyk en skepties teenoor mekaar gelaat het, is ras steeds &#8216;n tersaaklike en hoogs emosionele dryfkrag in ons daaglikse lewens. Ons lees bykans daagliks daaroor in feitlik elke koerant. Dit dryf politiek, arbeidsverhoudinge, kwessies oor onderwys en sosiale interaksie. Die lys is eindeloos. En alhoewel ons dit klaarblyklik vermy om oor rassekwessies te praat -\u00ad behalwe by wyse van politieke retoriek en swetsend op sosiale media -\u00ad is ras, na byna 20 jaar van demokrasie, steeds die kern van ongelykhede en verdeeldheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Onlangse rubriek deur die Sowetan\u00adkoerant (&#8220;React to Racism&#8221;, Sowetan, 7 Oktober 2013), het aangevoer dat wit Suid-\u00adAfrikaners rassisme op dieselfde wyse moet veroordeel as wat swart Suid-\u00adAfrikaners (sonder uitsondering die slagoffers van rassime, aldus die Sowetan) dit doen. Die rubriek het ook aangevoer dat wit Suid-\u00adAfrikaners voorvalle van rassisme behoort te veroordeel, aangesien voortgesette versuim om dit te doen, aldus die rubriek, die indruk wek dat hulle rassistiese voorvalle goedpraat, apaties is daaroor of nog nie die waardes van nie-\u00adrassigheid wat in ons Grondwet verskans is, ten volle waardeer of aanvaar het nie. Die feit is dat sommige Suid-\u00adAfrikaners nog nie die waarde van nie-\u00ad rassigheid wat in ons Grondwet verskans is, begryp of aanvaar het nie. D\u00edt is beslis nie beperk tot &#8216;n spesifieke rassegroep nie. Hoe vreemd dit ookal mag klink, rassisme en nie-\u00ad rassigheid ken nie kleur nie. Slagoffers van rassisme is oor die algemeen nie beperk tot enige spesifieke groep mense nie, en die oortreders verteenwoordig ongelukkig alle skakerings van ons re\u00ebnboognasie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gegewe ons verlede behoort wit Suid-\u00adAfrikaners inderdaad, net soos ander Suid-\u00adAfrikaners, luidleeks hulle self teen rassisme en enige optrede wat op rassisme neerkom, uitspreek. Die Sowetan se aanname dat alle swart Suid-\u00adAfrikaners egter uitgesproke is wanneer daar teen wit, bruin of Indi\u00ebr Suid-\u00adAfrikaners gediskrimineer word, is dalk &#8216;n bietjie dik vir &#8216;n daalder. Nietemin, daar is geen plek vir rassisme in ons samelewing nie. Ons almal moet rassisme veroordeel, nie net wanneer ons die slagoffer van sodanige onwaardige en ongrondwetlike optrede is nie, maar ook wanneer en waar ook al dit mag voorkom, en deur wie ook al dit gepleeg mag word. Dit is nie net die geval ten opsigte van openbare veroordelings nie, maar ook die wyse waarop ons in ons onderskeie gemeenskappe handel en wandel. D\u00edt is waar elke Suid-\u00adAfrikaner, as &#8216;n individu, die vermo\u00eb het om, ten goede \u00f3f tot nadeel, die daaglikse lewens en persepsies van mekaar te be\u00efnvloed. Indien Suid-\u00adAfrikaners, ongeag van ras, stilbly oor voorvalle van rassisme en diskriminasie kan dit wel beskou word as apatie, of selfs erger, as stilswyende goedkeuring. Ofskoon wetgewing en beleid &#8216;n groot rol kan speel by die bereiking van gelykheid, kan dit ook allermins diskriminasie tot gevolg h\u00ea. Dit is egter ons individuele optrede -\u00ad daardie optrede wat &#8216;n ander persoon se menswaardigheid misken -\u00ad wat in wese die grootste skade in &#8216;n samelewing veroorsaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons moet in besonder daarteen waak om nie in ons pogings om rassisme te veroordeel, rasseverdelings verder aan te hits nie. Dit gebeur heel gereeld by wyse van ondeurdagte opmerkings en aanmerkings in ons onderskeie omgewings, maar ook polities-\u00adgemotiveerde uitlatings en stellings deur politici. Wanneer dit gebeur word ras &#8216;n emosionele skild waaragter werklike en gemene bekommernisse verdoesel word. Die bedreiging van die oppergesag van die reg, die gebrek aan verantwoordbaarheid, deursigtigheid en &#8216;n responsiewe ingesteldheid in die regering, korrupsie en die versuim om geskikte onderwys-\u00ad en gesondheidsdienste te lewer as, het allermins weinig met ras uit te waai. Dit is eerder swak beleid en selfs swakker leierskap wat in daardie geval die skuld moet kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Menswaardigheid en gelykheid bly egter vir baie van ons steeds bloot woorde wat in die Grondwet geskryf staan en waarop ons min ag slaan in ons daaglikse lewensverloop. Ons sal hiervan moet werkmaak want in ons strewe na gelykheid en nie-\u00adrassigheid -\u00ad en &#8216;n land waarin elkeen met waardigheid behandel word -\u00ad moet ons deurgaans bewus wees van, en waak teen, ons subjektiewe aannames, vooroordele en persoonlike beskouinge. Die neerhalende en rassistiese verwysings na mekaar dui eenvoudig op individuele verwysingsraamwerke en beskouinge wat weier om te verander. Onlangse voorbeelde in die nuus sluit onder meer in die optrede van die Laerskool Wilgehof onderwyser, Lenard MacKay, wie se uitlatings teenoor leerlinge onlangs deur die Menseregtekomissie as rassisties en haatspraak verklaar is; &#8216;n beweerde rassistiese opmerking deur Steyn van Zyl wat hom sy werk by KPMG gekos het; President Zuma se flater-\u00adverwysing na &#8220;witmense se regstelsel&#8221;; en Julius Malema se knaende en herhaalde uitlatings oor wit Suid-\u00adAfrikaners wat grens aan aanhitsing van geweld teenoor laasgenoemde, sowel as rassehaat. Die Sowetan se gebruik van die term &#8220;white-\u00adled organisations&#8221; (organisasies wat klaarblyklik deur wit mense gelei word), is moontlik ook &#8216;n goeie voorbeeld van hoe ons nie in die strik van stereotipering moet trap nie. Hulle verwysing sluit tog immers ook die nasionale departemente van handel en nywerheid en toerisme in, nie waar nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons gaan sonder twyfel eers die vrugte pluk van &#8216;n werklike nie-\u00adrassige samelewing -\u00ad &#8216;n samelewing waarin diskriminasie op grond van ras geen plek het nie -\u00ad wanneer ons die grondwetlike waardes van, en regte op, menswaardigheid en gelykheid werklik verstaan en dit onderskryf. Ons sal oor ras en nie-\u00adrassigheid moet praat ten einde verkeerde aannames en skewe veronderstellings ten opsigte van mekaar reg te stel. Ons moet verkieslik nie&nbsp;<span style=\"text-align: justify;\">hierdie gesprekke aan politici alleen oorlaat nie aangesien die uitlatings van onderskeie politieke partye wat daarop gemik is om ondersteuning by die stembus te kry, soms die wig selfs verder indryf in plaas van &#8216;n samelewing nader aan mekaar te bring. H\u00f3\u00e9 ons met mekaar praat is wat deurslaggewend sal wees -\u00ad verkieslik met wedersydse respek en die oog op versoening en nasiebou. In hierdie verband moet ons moet bewus wees van hoe ons optrede en keuse van woorde -\u00ad en soms ons stilte -\u00ad deur ander beskou word. Wanneer ons dit regkry om opreg met mekaar te praat en ons vooropgestelde idees eenkant toe skuif, sal ons dalk verbaas wees om te vind dat die meeste Suid-\u00adAfrikaners in &#8216;n waarlik gelyke samelewing glo en daarna streef. Ons mag wel steeds baie verskille h\u00ea, maar een ding het ons sonder twyfel in gemeen: &#8216;n gemeenskaplike toekoms. Of daardie toekoms &#8216;n samelewing sal inhou wat verenig of verdeeld is, gaan van elkeen van ons afhang.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em><span style=\"text-align: justify;\">Adv Johan Kruger, Direkteur: Sentrum vir Grondwetlike Regte&nbsp;<\/span><\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"font-size: 8pt;\">Foto: <a href=\"http:\/\/www.flickr.com\/photos\/vermininc\/2189414108\/\">Vermin Inc<\/a> \/ <a href=\"http:\/\/foter.com\/re\/ac9bf0\">Foter.com<\/a> \/ <a href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by-nc-sa\/2.0\/\">CC BY-NC-SA<\/a><\/span><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/toespraak-10-desember-1993\/'>Toespraak: 10 Desember 1993<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 141.04K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/toespraak-10-desember-1993\/?wpdmdl=4089&refresh=6a88051e4e1151787299102\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-3327\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/hands-of-harmony_l.jpg\" alt=\"hands-of-harmony l\" width=\"200\" height=\"152\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/hands-of-harmony_l.jpg 600w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/hands-of-harmony_l-300x228.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/>Die Grondwet vervat die waardes, regte en beginsels van die samelewing waarna ons streef, maar steeds sukkel om by uit te kom. Hierdie waardes -\u00ad met inbegrip van menswaardigheid, die behaling van gelykheid, bevordering van fundamentele regte en vryhede, sowel as nie-\u00ad rassigheid en nie-\u00adseksisme -\u00ad is van min waarde as die samelewing (en by implikasie, elkeen van ons) dit nie verwesenlik nie. As sulks is werklike en wesenlike gelykheid iets wat ons samelewing op etlike gebiede steeds kortkom. Neem maar toegang tot kwaliteit onderwys-\u00ad en gesondheidsdienste as een voorbeeld. Die grootste hindernis wat ons samelewing egter in die gesig staar, is nie hoe om gelykheid te verwesenlik by wyse van beleide, programme en wetgewing nie (alhoewel die wyse waarop laasgenoemde dit probeer bereik inderdaad verdere oorweging noodsaak), maar eerder oor hoe om ons eie onderskeie vooroordele te oorbrug. Vir sommige van ons -\u00ad ongeag ras -\u00ad is die werklike betekenis van gelykheid iets wat ons steeds ontgaan.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":3327,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[153],"class_list":["post-3370","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-nie-rassigheid"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: GEEN PLEK VIR RASSISME IN ONS SAMELEWING - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: GEEN PLEK VIR RASSISME IN ONS SAMELEWING - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Grondwet vervat die waardes, regte en beginsels van die samelewing waarna ons streef, maar steeds sukkel om by uit te kom. Hierdie waardes -\u00ad met inbegrip van menswaardigheid, die behaling van gelykheid, bevordering van fundamentele regte en vryhede, sowel as nie-\u00ad rassigheid en nie-\u00adseksisme -\u00ad is van min waarde as die samelewing (en by implikasie, elkeen van ons) dit nie verwesenlik nie. As sulks is werklike en wesenlike gelykheid iets wat ons samelewing op etlike gebiede steeds kortkom. Neem maar toegang tot kwaliteit onderwys-\u00ad en gesondheidsdienste as een voorbeeld. Die grootste hindernis wat ons samelewing egter in die gesig staar, is nie hoe om gelykheid te verwesenlik by wyse van beleide, programme en wetgewing nie (alhoewel die wyse waarop laasgenoemde dit probeer bereik inderdaad verdere oorweging noodsaak), maar eerder oor hoe om ons eie onderskeie vooroordele te oorbrug. Vir sommige van ons -\u00ad ongeag ras -\u00ad is die werklike betekenis van gelykheid iets wat ons steeds ontgaan.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-10-11T11:49:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:08:38+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/hands-of-harmony_l.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"600\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"456\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: GEEN PLEK VIR RASSISME IN ONS SAMELEWING\",\"datePublished\":\"2013-10-11T11:49:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:38+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/\"},\"wordCount\":1117,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/hands-of-harmony_l.jpg\",\"keywords\":[\"Nie-rassigheid\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/\",\"name\":\"ARTIKEL: GEEN PLEK VIR RASSISME IN ONS SAMELEWING - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/hands-of-harmony_l.jpg\",\"datePublished\":\"2013-10-11T11:49:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:38+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/hands-of-harmony_l.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/hands-of-harmony_l.jpg\",\"width\":600,\"height\":456,\"caption\":\"hands-of-harmony\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: GEEN PLEK VIR RASSISME IN ONS SAMELEWING\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: GEEN PLEK VIR RASSISME IN ONS SAMELEWING - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: GEEN PLEK VIR RASSISME IN ONS SAMELEWING - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die Grondwet vervat die waardes, regte en beginsels van die samelewing waarna ons streef, maar steeds sukkel om by uit te kom. Hierdie waardes -\u00ad met inbegrip van menswaardigheid, die behaling van gelykheid, bevordering van fundamentele regte en vryhede, sowel as nie-\u00ad rassigheid en nie-\u00adseksisme -\u00ad is van min waarde as die samelewing (en by implikasie, elkeen van ons) dit nie verwesenlik nie. As sulks is werklike en wesenlike gelykheid iets wat ons samelewing op etlike gebiede steeds kortkom. Neem maar toegang tot kwaliteit onderwys-\u00ad en gesondheidsdienste as een voorbeeld. Die grootste hindernis wat ons samelewing egter in die gesig staar, is nie hoe om gelykheid te verwesenlik by wyse van beleide, programme en wetgewing nie (alhoewel die wyse waarop laasgenoemde dit probeer bereik inderdaad verdere oorweging noodsaak), maar eerder oor hoe om ons eie onderskeie vooroordele te oorbrug. Vir sommige van ons -\u00ad ongeag ras -\u00ad is die werklike betekenis van gelykheid iets wat ons steeds ontgaan.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2013-10-11T11:49:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:08:38+00:00","og_image":[{"width":600,"height":456,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/hands-of-harmony_l.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: GEEN PLEK VIR RASSISME IN ONS SAMELEWING","datePublished":"2013-10-11T11:49:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:38+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/"},"wordCount":1117,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/hands-of-harmony_l.jpg","keywords":["Nie-rassigheid"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/","name":"ARTIKEL: GEEN PLEK VIR RASSISME IN ONS SAMELEWING - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/hands-of-harmony_l.jpg","datePublished":"2013-10-11T11:49:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:38+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/hands-of-harmony_l.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/hands-of-harmony_l.jpg","width":600,"height":456,"caption":"hands-of-harmony"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/a-fair-ruling-balancing-the-rights-of-school-governing-bodies-and-heads-of-department\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: GEEN PLEK VIR RASSISME IN ONS SAMELEWING"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3370","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3370"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3370\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6465,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3370\/revisions\/6465"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3327"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3370"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3370"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3370"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}